Author Topic: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees  (Read 4082 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« on: September 11, 2015, 09:00:44 PM »
’n Sprokie hou nooit op nie. Wanneer dit eers begin het, kan geen doringbos dit keer nie. Ons sprokie het vyf jaar gelede begin… 11 September 2010. Dit was ‘n ontmoeting vir oggendtee en gesels en kort daana het Alleen die trekpas gekry. Elkeen van ons het na ’n sielsmaat gesoek en dit in mekaar gevind. Hoeveel van ons is dit beskore?
 
Huiwering vir seerkry, het ons Vader weggevee. Later van tyd het ander se jaloesie aan die deur kom klop, maar ook dit het Hy vir my gedra. Vir ons het Hy drie jaar gegee. Drie jaar om mekaar aan te vul, te dra en te versorg. Musiekaande en natuur-uitstappies, Bybelstudie en Geloof, en die lagplooitjies om jou oë het ons na aan mekaar gebind. 

Ek steek ’n kers aan en luister na die naggeluide om my. Elke veraf-jakkalsroep herinner aan jou woorde: ‘los nou eers en kom luister saam met my’ wanneer jy stoep toe stap. Al sit ek met my vroegoggendkoffie vir die sonsopkoms en wag, of gee my siel toe-oë oor aan die harmonie van jou gunsteling-simfonieë, jou rustigheid en vrede bly my by.

‘Vreugde en vrede is wat ek in dié lewe wil hê’, het jy gereeld gesê. ‘Ek het dit nie altyd ervaar nie, maar nou sluit ek my lewe daarmee af,’ was jou woorde nog gewees. Hoe kan ek dit ooit vergeet? Maar sou die onmoontlike van vergeet, dalk tog wil gebeur, is hier soveel vriende wat saam met my onthou. Ek sou graag hulle name wil noem, maar is bang ek laat iemand uit. Gereeld vertel iemand ’n onthou-staaltjie of sê hoeveel hulle jou en jou vreugdelag mis.

Vyf jaar, vandag. En waar ek aangaan om te luister na alles wat jou soveel vreugde verskaf het, loof ek ons Vader vir die voorreg wat Hy my gegee het om jou onvoorwaardelik lief te kon hê. Mag Hy ook aan ander hierdie genade gee om mekaar werklik lief te hê, om te gee vir mekaar omdat hulle so besluit en nie verwag dit moet altyd net van een kant af kom nie.

Onlangs het ek iets oor Christus se liefde gelees en wil dit so bietjie aanpas:
Wees lief vir jou maat soos jy jouself lief het. Moenie nét vir jouself lief wees en verwag jou maat moet net so lief wees vir jou soos wat jy jouself het nie.

Ek onthou jou woorde aan iemand:
Jaloesie op ’n ander se geluk, bring jou nêrens nie. Gebruik daardie energie liewer om jou maat alles te gee wat hy of sy graag sal wil hê sonder om iets terug te verwag. Stap saam met Jesus en beleef die wonder van Liefde. Dan sal jy ook besef hoe maklik dit is om skuld te erken en vergifnis te gee.

Dit is iets wat ek in die sprokiesjare wat ons gegun was, by jou geleer het. Daarom sal hierdie sprokie nooit ophou nie. Al loop my voete later op paaie weg van hierdie dorp, sal ons sprokie aanhou om aan ander te vertel hoe kosbaar liefde werklik kan wees.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #1 on: September 11, 2015, 11:38:12 PM »
Liefste mater, ek kan skaars sien waar ek vir jou 'n woordspoor en drukkie wil laat  :love7: :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #2 on: September 12, 2015, 10:25:16 AM »
Jou positiewe uitkyk op die lewe was nog altyd vir my 'n kruk Adele. 

Ons is so dankbaar dat ons daardie wonderlike rustigheid wat Eben uitgestraal het kon beleef.  Sy hele wese het gestraal van 'n stille krag en die wonderlike liefde wat hy in Christus gehad het. 

Ek sal hom altyd onthou aan die skewe laggie om sy mond en die glinster in sy oë as hy na jou gekyk het.   :love7:

My wens vir jou is dat jy weer liefde en vrede sal vind. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #3 on: September 15, 2015, 08:22:41 AM »
Dankie lief julle, dis nie moeilik om positief te bly nie, al het ek net helfte van die genade gekry wat ek elke dag oor my voel, sou  dit nog steeds meer as genoeg wees ... maar moet nie fout maak nie, so drie weke gelede het ek ook ingegee, geknak  omdat ek net nie meer lus gehad het om te probeer sterk wees nie.
Dit was oor mislike kollegas se rassistiese aanvalle en leuens aan hoër-op mense by die hoofkantoor wat sommer net alles glo. Toe het ek verlof gevat vir twee weke. Die tweede was lankal ingesit en beplan, maar toe het ek eenvoudig die vorige week ook afgevat, my in my huis gaan toesluit en net gerus. Ek het so drie oggende ingekom en my werk op datum gehou, maar nou voel ek vere vir sekere kollegas vir wie ek baie ondersteun het.
Mense, hulle is so swak, so satanisties en rassisties, dis om van naar te word... en as dit darem nie vir genade van BO is nie, sou ek net soos hulle word.  :crybaby2:

Ek onthou altyd Eben se vertelling oor sy laaste dag as onderwyser ... hy het blykbaar 'n kind voor die bors gevat, by die deur uitgestoot en moes al sy sinne bymekaar hou om hom nie van die stoep af te gooi nie. Toe het hy sy klassleutel gevat en vir die hoof gaan gee en dadelik bedank en geloop. Selfs hy kon soms nie alles verdra nie, en daardie was nogal 'n wit seun gewees, maar toe die ouers hof toe gaan is die saak uitgegooi omdat die kind so onbeheerbaar was. Sleg, maar dit gebeur vandag al hoe meer.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #4 on: September 15, 2015, 10:17:43 AM »
Ai Adele, ek al so baie gewens ek was naby dat ek soms saam met jou kon sit en koffietjie geniet terwyl ons kyk hoe son sak in jou mooi wereld. Ek leer jou Eben deur jou lyne en besef hoe kosbaar die lewe is. Ons moet elke sekond saam geniet. Jammer oor die stres van kollegas by die werk. Kan aflei uit Naas se plasings ook dat die nie meer 'n plesier is om saam sekere kulture en soms ons eie, te leef nie  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #5 on: September 15, 2015, 11:59:20 AM »
Ag tog vriendin, jy kon nou heerlik hier in die bos gekuier het tussen die diere!  Aan die ander kant het jy jou eie diere nê?

Ek hoop jy voel nou beter.  Dat jy soos "hulle" sal word is onmoontlik!  Wees maar net jou eie self,  :love7: dan sal dinge goed gaan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #6 on: September 15, 2015, 12:17:01 PM »
Weet julle, ek het nou nog meer wonderlike vriende uit die nuwer era van internetskrywery ... maar julle, Naas, Elle, en al die ander wat ek nou onthou uit ons forumdae, bly darem so vreeslik spesiaal naby my hart, spesiale afdakkie so neffens my hart se voordeur tussen varings en rose.

PM, waar is julle deesdae?
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #7 on: September 15, 2015, 12:51:48 PM »
Ons bly nou permanent op Leeupoort.  Dit is so 70 kilo's van Warmbad af of die Thabazimbi-pad.  As jy van Brits af ry is dit so 100 kilo's tot by Koedoeskop, dan draai jy Warmbad se kant toe vir 10 kilo's dan kry jy Leeupoort Vakansiedorp.  Die erfies is so 400vk m en die huisies is eintlik vakansiehuise.  Die meeste eindomme het nie omheinings om nie en die diere loop wild tussen die huise rond.  Uit die aard van die saak kan 'n mens nie tuinmaak nie, die bokke, varke, ystervarke, meerkatte, ens. grou dit uit om die wortels by te kom of eet sommer net die blare op.   Ons raak maar kreatief met klippe, takke en stompe.
Sorg maar dat jou deure en vensters goed toe is voordat jy veld instap, of "dorp" toe gaan, want as die bobbejane of ape 'n inkomplekkie kry kan jy maar verseker wees van 'n groot gemors. Jy leer ook baie gou om geen kos buite te los nie. 
Die meeste inwoners is pensionarisse en ons het 'n vol program wat ons besig hou. 
Op sekere plekke in Leeupoort is die opvangs baie swak.  As jy egter dringende dinge het om te doen dan sorg jy maar dat jou rekenaar se battery vol gelaai is en vat die pad koppe toe.   :icon_biggrin:
Dit is wonderlik stil en rustig!  Hier mag jy nie diere aanhou nie. 
Dus, geen geblaf of "skreeuende babas" in die nag nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #8 on: September 15, 2015, 01:05:42 PM »
haai oeeee ek het nie geweet nie. Klink soos Mabalingwe nè. Geniet dit, elke oomblik van elke uur, so wonderlik.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #9 on: September 15, 2015, 01:07:21 PM »
Dit is net so.  Ons is op dieselfde pad net 30 kilo's verder.  Ons geniet dit regtig.  Dit is die ideale aftree plekkie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #10 on: September 15, 2015, 01:15:54 PM »
definitief, geen plekkie sal ooit so na aan volmaak kan wees as waar daar diere in die bosveld rondloop nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #11 on: September 15, 2015, 01:20:43 PM »
Ons deure staan altyd oop matertjie.  Dit sal wonderlik wees as ons forummaatjies wil kom kuier. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #12 on: November 18, 2015, 06:17:12 AM »
Julle liefde is onbeskryflik, dit raak my diep, Adele, so jammer dit kon nie meer wees, maar die herinneringe wat jy oproep onmeetbaar. Hy was 'n wonderlike mens, deur jou woorde kan ek dit sien.  :love7: Sy liefde vir jou.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: twee jaar ... vyf jaar? die sprokie sal altyd wees
« Reply #13 on: November 18, 2015, 12:11:09 PM »
 :love7: