Bak en brou > Kom ons verloor gewig

Eet sop vir 'n voorgereg

(1/2) > >>

PM:
Studies het bewys dat mense wat sop as 'n voorgereg eet, verminder hul kilojoule-inname met 20%.

Hierdie laaste week het ek "voorbereiding" gedoen om volgende week volstoom met 'n dieet te begin.
Die hartstigtingssop het 'n plek in die vrieskas gekry.  Elke aand haal ek 'n houertjie uit en plaas dit in die yskas vir die volgende dag. 

Wanneer 'n mens met 'n dieet begin verloor jy gewoonlik baie water.  Hierdie week het ek baie van die items op die "metabolisme" lys ge-eet en begin water drink (yskoud).  Geen koolhidrate, (suiker ingesluit) of "elkehol" nie. 
Die sop het ek ge-eet voor my maaltye.  Vanoggend was ek drie kilo's ligter. 

Kom ons kyk wat werk!  Wie wil saam speel?

Meraai vannie Baai:
Dit maak helemal sin! Die voorgereg gaan sorg dat jy alreeds 'n gaatjie gevul het met ietsie gesonds. Dus gaan ons minder eet wat op die bord is. As ek nou daardie elmboog-oefeninge en die glas in die kas los gaan ek nog minder kilojoeltjies inkry. Die chinese het 'n wonderlike raad wat ek en Outop diekant getrou probeer volg. Direk na ete drink jy 'n warm drankie soos green tea. Niks kouds nie, dit laat die vet stol sover dit die pad na buite begin in jou binneste vertel hulle. Ek speel saam jou hoor  :headbang:

*as jy daai houertjie wat jy vir more bere gebruik gaan dit nog vinniger werk hehehe.

PM:
Hie-hie, ek stop reeds my maag so vol!   :icon_biggrin:

Ek het nou my elmboog-oegening heeltemal gestaak. 

Meraai vannie Baai:
Ons sal dit beslis ook moet staak as ons die skaal wil beindruk lol  :bootyshake:

PM:
Een groot probleem wat ons het is al die raat wat so teenstrydig is.  Sommige bronne beweer dat jy vir 30 minute na ete niks mag drink nie omdat dit die verteringsappe verdun.  Wat nou?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version