Author Topic: Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?  (Read 3803 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?
« on: September 06, 2015, 02:37:34 PM »
Ons waterpomp het uitgebrand, Maandag.  Teen Dinsdagoggend het al die waterpype en die opgaartenk leeg geloop. In die eerste plek, ons kan nie die water drink nie, maar daar is opgaartenks  waar ons drinkwater kan kry.  Die water kom ook uit die reservoir, maar dit het filters op. 
In die tweede plek: Ons moet self betaal vir die filters wat elke twee/drie maande vervang moet word, maar dit is nie beperk tot die inwonders van Leeupoort nie.  Enige persoon het toegang tot die water.  (Filters?  R2 000 elke twee tot drie maande.)  Ongelukkig is daar nie drinkwater as die opgaartenks leeg is nie!

Leeupoorters het bitter min tuine.  Ons blomme is maar beperk tot vetplante.  Die diere loop tussen die huise deur en die vetplante wat ons kan plant, wat nie deur die diere ge-eet word nie is baie beperk.  Dus, die water word beperk gebruik.  Skottelgoed, wasgoed toilette en seker 'n karwas hier en daar.  As daar nie water is nie?  Niks nie!

Wat ek eintlik wil sê is dat ons al van Dinsdag af water bedel!

In ons "kaart en transport" word daar bepaal dat ons nie boorgate mag sink nie.   ???
Gelukkig het die karavaanpark 'n boorgat en die eienaar het ons tegemoed gekom met water.  Bring jou eie houer en ek gee vir julle water.
Dankie Dawid, jy is 'n ster!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?
« Reply #1 on: September 07, 2015, 11:59:11 PM »
Oi! Sterkte PM. Snaaks hoe 'n mens gewoonlik amper nie eers agter kom jy maak net die kraan oop en daar is water nie TOT jy die dag sonder water is. Klein dingetjies wat ons net aanvaar daar sal wees ne!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?
« Reply #2 on: September 11, 2015, 01:05:27 PM »
Gelukkig het ons nou water.  'n Mens is so bederf, jy maak 'n kraan vir die tuinslang oop en kyk dit verbaas aan as daar niks uitkom nie.   :icon_biggrin:
Jy maak die kraan oop om jou hande te was en daar is ook niks.   :icon_scratch:
Dit neem regtig 'n paar dae om die gewoonte af te leer. 
Wanneer 'n mens water aanry en die toilette volmaak, dan besef jy hoeveel water een toilet neem om te spoel. 

Ons het nou 'n 5000 liter tank gekoop en is besig om dit op te sit.  Geute word van die dak af in die tank gelei sodat dit kan vol word met reënwater. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?
« Reply #3 on: September 11, 2015, 11:55:13 PM »
In ons deel van die dorp (en selfs sommige van die nuwer deel) het 'n watertenk of twee. Meestal gebruik ons die reenwater om die pond op te vul want die dorpswater is boorgatwater en vrek duur. Ons koop drinkwater want die ouens wat in beheer is van die chemiese behandeling van die water het 'n swaar hand, en ons water proe soms of Outop swaar hand op die soutpot gehad het  :color:
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe lank het jy al sonder water in jou huis klaar gekom?
« Reply #4 on: September 12, 2015, 09:52:34 AM »
Eish!  'n Eerste wêreld?  Ek verstaan dit nie meer nie.  Dalk is dit maar net die hoeveelhede wat die water veilig maak om te drink?

So by my kool!  Hier sit ons nou weer sonder water.  Die stadsraad het die verkeerde waterpomp afgelaai en dit kan nie die reservoir vol kry nie.   :crybaby2: 
Hierdie naweek het ons die boeremusiekgulde wat 'n "fees" hier in Leeupoort aanbied en die plek bars uit sy nate.
« Last Edit: September 12, 2015, 09:54:15 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.