Author Topic: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub  (Read 4607 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« on: September 05, 2015, 03:48:43 PM »
Sinnotts pub......sedert 1795

 lees gerus die geskiedenis van die plek

http://www.wexfordpeople.ie/news/perfect-pub-company-27683285.html





die dames kuier net so lekker saam




seker die enigste foto van tannie Agnes met 'n alkholiese drankie in die hand.....sy het nog nooit iets sterker as water en tee gedrink nie, geen alkohol.




















dit is in Iers ( Gallic)  geskryf




Sammy wys vir jannie 100 jaar gelede se boekhou


besoekers se eerste drankie is gratis




groot tots




Jannie het dit geniet om agter die toonbank te staan
















miskien die laaste foto van ek van Sammy kon neem....hy is al 86 en ek weet nie wanneer ek weer in Ierland gaan draai maak nie.


As iemand hom nie in die pub gedra nie gee sammy vir hom 5 Euro en sê hier
vat dit en gaan drink by die ander plek op die dorp, ek het nie jou nonsens hier nodig nie. Dan raak die een so skaam dat hy loop en nooit weer terugkom nie.








Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #1 on: September 05, 2015, 05:03:01 PM »
Ek het dadelik vir Jannie en sy vrou herken.  Dit lyk of hulle net so ontspanne is as julle.  Dit moes wonderlik wees om so as 'n familie saam te toer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #2 on: September 05, 2015, 05:35:42 PM »
Dit hang net af of hy werk of vakansie hou van hoe ontspanne hy is.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #3 on: September 05, 2015, 06:27:01 PM »
Ek kan sien hy hou vakansie, maar ek sien ook die rustigheid op jou gatseggie!  Dankbaar julle kuier so lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #4 on: September 05, 2015, 08:11:07 PM »
ek het hier op ander plek vertel van die mense wat so bedagsaam is.
toe ek die foto van Jannie en sy vrou voor Sinnotts pub neem het ek aan die oorkant van die straat op die sypaadjie gestaan. Dit was 10 uur die aand en die son was net net onder. Soos ek neem het die lig verander en ek moes aanmekaar stel aan die kamera, aangesien ek nie op Auto neem nie. Toe ek weer so verstel kom 'n vrou van links gery en hou stil. Ek wys vir haar sy kan maar ry maar sy wys ek kan maar eers afneem dan sal sy ry.....
hier by ons sal iemand jou nog dalk van die sypaadjie af wil ry ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #5 on: September 06, 2015, 03:12:31 PM »
 :angel4:  Nie as jy in Leeupoort woon nie Matertjie.  Ons is een vet familie en ons is almal baie bedagsaam.  Ons groet mekaar as ons by mekaar verby ry.  Soms trek ons sommer net daar af en ons kuier 'n hond uit 'n bos uit tot ons dors word, dan land ons by iemand (myne of joune) se huis op en ons kuier tot dagbreek!

Die lug is skoon.  Geen geblaf van niemand se brak nie, want brakke word nie toegelaat nie. 
Ons speel nie radio of musiek of wat-ook-al so luid dat dit die ander inwonder ( net so 2 plus 2 meter) van jou eiendom af pla nie.  Geen trokke wat jaag of sirenes wat blêr nie.  Ons grootste frustrasie is die koedoe wat jou twee-meter-diameter-takbokvaring kom vreet omdat dit droog en dor is en daar nie ander kos vir hom/haar is nie.  Dit moes jy geweet het voor jy hier ingetrek het, so, dit is jou probleem!  Gelukkig het die eerste reën geval en ons weet almal dat binne die volgende twee weke daar kos vir die diere sal wees.  Ons weet dat ons nog net so 20 koolkoppe, twee groot sakke wortels, twee groot sakke patats, twee groot sakke aartappels, twintig sakke lemoene, 10 bale lusern en so 80 kilogram bokkos moet koop voordat moeder natuur weer vir haar eie kinders kan sorg!   Waar wil jy nou meer nodig voel as hier?  Hier red jy 'n paar lewens elke dag!   :hello2:
Ek seg nog steeds!  Hier is 'n deur oop as jy nodig het om 'n bietjie te ontspan.  Dinsdag en Donderdag speel ons jukskei.  Maandag is dit veerpyltjies.  Vrydag speel ons kaart.  Saterdag hou ons 'n "verkope-dag" om liggaam en siel aan mekaar te hou.  Wat wil jy nou meer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ierland 2015 # 19 Sinnotts pub
« Reply #6 on: September 06, 2015, 07:34:36 PM »
Dit klink heerlik lekker PM