Author Topic: ierland 2015, #6 Dunluce kasteel  (Read 4119 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015, #6 Dunluce kasteel
« on: August 22, 2015, 03:16:47 PM »
ierland 2015, #6 Dunluce kasteel

Jy spreek dit uit: doenlooes kasteel

Toe ons by Bushmills klaar is was dit 17H00 en ons moet begin slaapplek soek. een voordeel van die son wat eers 10 uur sak, jy kan na die laaste plek wat jy besoek het, nog 'n ent ry. Die aand het ons gelukkig nie ver hoef te ry nie. Eers oorweeg ons om in Bushmills te slaap maar besluit toe om entjie aan te ry.
Ry toe by Dunluce verby maar dit was toe.

ek het toe paar fotos buite geneem.

Die kasteel ( eintlik maar 'n vrek groot huis wat versterk was teen aanvalle) en die familie was baie ryk. Ek kan nie al die geskiedenis onthou nie.





die huis of kasteel is op 'n rotspunt wat uitstaan gebou met 'n brug wat dit met die land verbind.




















Ons het toe verder gery na die volgende dorp, Portrush, en weer op die GPS 'n B&B versoek ingetik. Maar op pad na die een wat hy gewys het het ons by heelwat verby gery en sien toe een wat mooi lyk van buite. In die vensters wys hulle ook of daar kamers oop is of nie. Dit was die mooiste en nuutste binnkant van B&B wat ons nog gehad het in Ierland.





Ons gaan trek toe ponde om te betaal en gaan koop paar goedjies by die winkel om iets te eet. Kouevlies en halwe brood en nog een of andere.
Gaan sit toe langs die see en eet. Dit was 19h00 en daar was nog mense wat in daai koue water geswem het.




volgende oggend is ons vroegerig na ontbyt na Dunluce en op pa daarheen eers stilgehou en paar fotos geneem.





so lyk Dunluce van vêr af











regs onder in die hoek is die brug wat na die huis te lei












jammer, hier gaan nou baie fotos volg van die kasteel






































portrush in die agtergrond
















ek het seker 80 minute  daar gespandeer om fotos te neem, vrou het in die kar boek gelees...sy was al daar 5 jaar gelede.
































die kasteel was paar keer aangeval maar onsuksesvol. Die laaste keer kon die mense wat aanval onder die verste toring op die foto se kranse skuil teen aanval van bo af en op die ou end kon hulle die kasteel van daar inneem.






















net om te wys ek was rerig daar









die son het skielik begin skyn toe die swaar wolke wegtrek en ek neem gou nog fotos en 10 minute later stap ek kar toe en net toe ek daar kom begin dit weer reën, somer van die dag is verby....



























dis nou eers genoeg van een plek

ons gaan nou begin suid ry....

vervolg #7



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015, #6 Dunluce kasteel
« Reply #1 on: September 07, 2015, 11:36:25 AM »
Dit sal sekerlik nie onmoontlik wees om dit weer te herstel nie, net 'n paar jaar en 'n paar miljoen?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015, #6 Dunluce kasteel
« Reply #2 on: September 07, 2015, 07:43:31 PM »
Net so PM