Author Topic: ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....  (Read 4712 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....
« on: August 22, 2015, 08:25:52 PM »
ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....

Slaap toe in Sligo. Dis steeds renerig en die weervoorspelling wys dit gaan vir 2 dae renerig wees. Ons kan weer eens nie na Donagal se kranse gaan kyk nie en ons kan nie iets buite kyk en doen nie, want hulle voorspel kouefront weer en nie donderweer nie. Kouefornt reen hou dag of 2 aan soos in die kaap. Ons besef ons moet klere was. Dis Maandag en ons isal ons 7 de dag weg van di ehuis af....skoon klere raak min. Ons gee dit by wassery af en hulle sê ons kan dit 13h00 kry. Ons besluit ons gaan sommer draai ry om die tyd op te maak en kyk waar ons wat kan sien. Ons dink aan om 'n meer daar in die omgewing te ry maar Antionette gaan wys my eers die standbeeld van die visserman se vrou wat in die wind staan en na die see roep om haar man terug te gee.






Die wind het hier ook maar erg gewaai







eiland in die rivier






Ons ry toe verder en draai af om by die meer uit te kom, ry by Beleek Pottery verby en besluit net daar kom ons gaan kyk. Dit is langs die grens en jy kan 3 pond of 4 euro betaal en ons betaal euro want dis goedkoper.

Gaan toe op 'n toer deur die fabriek, hulle is al meer as 100 jaar aan die gang en hulle hou al hulle giet vorms, en het steeds dit wat uit die 1800's dateer.






die man maak giet vorms











































sy maak die fyn goedjies met die hand






links nog rou klei, middel gebak en regs geglasuur. Dit raak kleiner met bak proses soos die water verdamp uit die klei.








sy verf


dit op




















onbetaalbaar duur
















Toe ons daar klaar geyk het, het die reen nog nie heeltemal opgekaar nie en die weervoorspelling wys daars nog reen op pad. Ons is in die noord weste van Ierland en net daar besluit ek, wat help dit ons sit vir 2 dae en niks doen. Die oggend in die gatehuis het ons 'n man en vrou van Nederland ontmoet wat met fiets toer en hulle wou die dag verder ry maar agv die reen besluit hulle om nog 'n dag of 2 net daar te bly. Ek belsuit nou ry ek na oom Jimmy toe. Ons laai ons klere op in Sligo en vat die pad suid oos, omtrent 350 km en 6 na 7 ure se ry. daar werk mens gemiddeld op 50 km per uur op die lang pad, al kry jy soms dele dubbel pad waar jy slefs 120 mag ry. Die ander paadjies is so stadig dat dit jou gemiddelde spoed baie afbring.
 
Op pad na Sligo stop ons by 'n pub vir pub lunch. Kan nie onthou in watter dorp nie, ek dink dit was in Drumcliffe. Weer eens vis kos geëet. Ek het besluit in ierland gaan ek so veel as kan vis eet en sal by die huis weer vleis eet.  Na ete het ek gou by apteek gestop om Equtrin pille te koop. Toe ek vra sê die meisie agter die toonbank: jy kom van suid afrika af, ja sê ek hoe weet jy. Sy sê sy kan aan my praat hoor en daardie dag was ek al die 4 de suid afrikaner wat daar ingekom het. Sy is met 'n suid afrikaner getroud.

In elk geval toe vat ons die pad na die "sunny south east"









Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....
« Reply #1 on: August 23, 2015, 02:04:55 AM »
Altyd gese ek gaan eendag spook-spook speel in 'n bibioteek maar ek dink hulle moet my verjaag na hierdie plek toe as ek te veel mense verjaag, ek sal nie omgee nie  :icon_bigsmurf:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....
« Reply #2 on: August 23, 2015, 08:15:33 AM »
jy sal nou sien wat se biblioteek ek jou gaan wys met 'n boek wat paar honderd jaar oud is, eintlik meer, geskryf in die jaar 800 NC. dit is so oud die taal ( latyn) word nie meer eers gebruik nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 11 beleek pottery en suid.....
« Reply #3 on: September 07, 2015, 09:48:56 AM »
Die storie van die beeld gee my koue rillings.

Hierdie vorms is nou kuns uit die boontste rakke. 

Pragtige wense.  Baie dankie AB!
Om te weet is om te verstaan.