Author Topic: ierland 2015 #7 malin head  (Read 3646 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
ierland 2015 #7 malin head
« on: August 22, 2015, 04:49:10 PM »
ierland 2015 #7 malin head

Ja ons gaan kyk hoe lyk Malin se kop.....


Na ons by Dunluce weg is het dit kort kort gereën. Gelukkig was ons reg vir lang pad en gaan min buite wees en paar uur in die motor.
Ons het half een se kant by die tuin verby gery en gou gestop vir paar fotos.





ons was net by die ingang want dit het 3 pond per persoon gekos om in te gaan en met daai geld kan ons beter goed doen en die tyd was weer eens min. Ons moet nou ry om uit Noord Ierland te kom waar met ponde betaal word.












na die tuin het ons maar agter ons neus aan gery min wetend dat dit die regte pad was, by die see gekom en links gedraai.

see was op regterkant en berg kranse op linkerkant. Wou stop om fotos te neem maar daar was nie stilhou plek nie, dit was weereens van die smal paadjies. Ons het bigby 'n lieflike waterval verby gery maar kon nie afneem nie agv nie stilhou plek nie. Het toe by die bos stil gehou om bene te rek




Ons is toe op pad na die ferry om uit noord ierland na rep van ierland te gaan. min weet ons dat als reg uitgewerk het. Kom by die ferry vasmeer plek en daar staan een motor en wag, ons is 2 de in die ry, en ons lees die kennisgewings, elke uur op die half uur kom die ferry en dis nou 22  oor 4 in die middag. as ons iewers langer gedraai het sou ons baie lank moes wag.
So lyk ierland aan die ander kant

 


toe ons 10 minute later optrek is daar string karre en 'n bus agter ons......ons kar staan hier regs voor, die donker blou kar.

 



ons het hier stilgehou om gou padkos te eet


By Malin head afgeneem













Malin head is die verste punt noord in ierland.
























op pad terug besluit ek om by hierdie bord af te draai




so entjie aan is die kerk











Groen weivelde waarvan PS 23 praat?







Dis nou amper 5 uur die middag en ons moet nog ent ry en slaapplek soek. maar dis so mooi en rustig ek wil ook nie pad gee nie.








ek begin gesels met 'n man van amerika wat daar met sy fiets aangekom het en hy seg ons moet tot op daardie kop in die agtergrond ry vir mooi uitsig























Ons ry later verder en wil net voor Londonderry slaap (in rep van ierland) om in euro te betaal. Ry tot by 'n dorpie sowat 1 km van die grens af en vra by 'n groetrige winkel of hulle nie weet van B&B naby nie. Nee hulle weet niks. So soek ek op GPS maar kry niks. Besluit om terug te ry na die vorge dorpie waar die ferry gestop het en daar te soek. seker so 6 km gery, lagoon op regterkant en plase op links sien ek klein bordjie van B&B. draai daar in en so ent deur plaas en plaas werwe gery en kom toe by de huis:

 

Baie vriendelike vrou en haar seun wat daar woon. Dit is op haar pa se plaas. Sy werk in Derry ( soos hulle Londonderry noem) en het die gastehuis as ekstra inkomste, en gelukkig is idt 70 euro en nie 70 pond nie.

Baie netjies en mooi binne.

Vervolg #8 Londonderry




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 #7 malin head
« Reply #1 on: September 11, 2015, 01:44:14 PM »
Ek voed my siel met hierdie foto's van jou AB.  Ongelooflik rustig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: ierland 2015 #7 malin head
« Reply #2 on: September 13, 2015, 05:21:22 PM »
groot plesier en dankie vir die waardering