Author Topic: ierland 2015 # 5 giants causeway  (Read 2700 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
ierland 2015 # 5 giants causeway
« on: August 22, 2015, 12:51:58 PM »
ierland 2015 # 5 giants causeway

Giants causeway is klomp vulkaniese klippe wat afgekoel het en almal op dieslefde manier gekraak het en lyk soos heuning koek se was.
Na ons by die tou brug was ry ons verder wes.
Op pad na Giants Causeway kry ons die bordjie



Ons kyk links en sien dit





Mens kan stap daarheen maar ons tyd is min want ons wil nog 'n 3 de plek ook besoek en die plekke raak besig soos die dag aanstap en die busse die toeriste bring

so lyk dit anderkant die pad



Ry to everder Giants Causeway toe. Die B&B se eienaar het vir my vertel dat om te parkeer by Giants C kos 9 pond. Hulle vra nie toegang nie maar vra parkeergeld en dan moet jy vir die shuttle betaal om jou af te ry en terug te bring as jy nie wil stap nie. Die stap kan lekker wees maar vreet weer tyd. Hy gee my toe 'n wenk en sê as jy by die hotel iets nuttig hoef jy nie te betaal nie, want jy gebruik die hotel se parkering om in die hotel in te gaan. Dan wys jy net die strokie dan is dit reg. Kom toe daar en gaan in en sien dis in elk geval middag en ons belsuit om pub lunch te eet. ons 2 se etes het vir ons 7 pond iets gekos, goedkoper as die 9 pond parkeer geld en ons moes in elk geval iewers eet. Dit help as mens vooraf met iemand kan praat wat die fyn detail ken.

Ek het nie fotos in die hotel geneem nie, dis 'n fancy plek en hier kom ek aan met kortbroek en sandale. Wil toe nie aandag trek met die kamera nie. Klaar geëet, ry met die shuttle af see toe. hier is paar kiekies van die omgewing by Giants Causeway.

 

hier op die linkerkant is die afgekoelde vulkaniese klippe wat sulke kolomme maak




Daar is 'n pragtige voet pad wat so na daai kop toe gaan, maar ons het nie daar gestap nie, weereens die tyd, ons kan nie te lank in Noord Ierland bly nie want die ponde raak op en ponde is duur. Vir B&B in noord Ierland bataal ons 70 pond per nag en in Ierland tussen 70 en 79 Euro. Ons begin toe Ierland se kant toe werk en kan nie te lank in noord ierland spandeer nie. noord ierland is baie pragtig en baie om te sien en doen.....maar duur. gelukkig hoef ons nie daar diesel in te gooi nie, kar kan ver ry op 1 tenk.





die foto is nie skeef nie, die kolomme staan skeef













































gewonder of ek nie weer my baard moet laat groei nie





kyk daar onder in die middel is 'n groot rots wat lyk soos die reus se skoen










Van hier het ons na Bushmills toe gery. Daar is 'n Whiskey stokery wat ons besoek het. Mag nie fotos neem nie want hulle is bang vir 'n vonk wat die alkohol dampe kan laat vlam vat, toe los ek maar my kamera in die motorkar. Die stokery is in 1608 begin en steeds sterk aan die gang. Toe ek die kaartjies koop om in te gaan vra die man agter die toonbank van waar is ek en toe hy hoor seg hy: You are at the wrong place, we don't have Klippies and Coke here. Vra ek hoe ken hy idt, seg hy dat hy al paar keer vir sy broer in RSA gaan kuier het. Raak toe lekker aan die gesels daar met hom. Toe hy seg ek mag nie fotos neem nie gaan sit ek die kamera in die kar en neem vir hom 'n 50 ml KWV 10 jaar. Ek het 24 sulke botteltjies saam geneem om vir iemand te gee wat ek raakloop langs pad en dink hy mag een kry. Toe gee hy my 4 x 50ml van hulle whiskey. MOet dit nog proe.


( nou gou eers 'n glas van my eie brousel rooiwyn gaan skink, sjoe die goed is heerlik) Ek het die week wat verby is my etiket laat goedkeur deur SAWIS. So lyk dit: weet nog nie watter een ek gaan gebruik nie, sal nog besluit. ek hoop die fotos van die etiket kom deur...



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #1 on: August 22, 2015, 01:25:42 PM »
Sjoe, dit is ongelooflike tonele en ek geniet jou kommentaar. 

Die twee etikette vertoon mooi as 'n mens daarop klik.  Dit is pragtig AB.
Wens ek kon jou wyn proe!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #2 on: August 22, 2015, 03:21:22 PM »
eendag gaan jy dit nog proe.....dit moet nog eers 2 keer deur die raad goedgekeur word en dan kan ek dit bottel, seker nog so 2 maande

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #3 on: August 22, 2015, 03:23:37 PM »
ek het bietjie port ook gemaak......net vir toets

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #4 on: September 04, 2015, 06:34:33 PM »
Wow!  Ag tog, ek het gevra hoe lyk die blomme maar niemand kon my sê nie!
Sou wat wou gee om jou wyn te proe AB!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #5 on: September 04, 2015, 08:22:20 PM »
Watter blomme praat jy van PM
Oor die wyn sal ons nog plan maak, herhinner my aan die begin van Desember


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #6 on: September 05, 2015, 03:12:10 PM »
Ek praat van die blomme in die Wes Kaap!  Ons wou gaan blomme kyk hierdie jaar, maar met my wat so sukkel met die internet kon ons nie juis inligting kry nie.  Nou is dit te laat!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #7 on: September 05, 2015, 03:16:27 PM »
ek dink daar is nog blomme, seker so week of 2 nog. Die verskillende blomme blom nie almal op dieselfde tyd nie.Ek kan nie vir jou blomme kiekies wys nie, het ook nie gaan kyk nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #8 on: September 05, 2015, 06:51:57 PM »
Vir my is die blomme 'n wonderwerk en ek kan nie glo dat die Weskapenaars nie die moeite doen om die mooiste blomme aan die wêreld te verkondig met volkleur foto's nie.  Dalk moet ons iets doen hier op die forum om die blomme te verkondig?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #9 on: September 05, 2015, 08:05:34 PM »
my probleem is die tyd, na ek ierland toe was is hier baie werk en dan gaan ek ook nog knysna bos toe vir paar dae. Hoop ek kry mooi voëls afgeneem. Mens gaan mos makliker na ver plekke as die plekke hier naby. Hier is 3 pare wat ek van weet wat daar was en een wat nou daar is.
In Ierland dit ook gekry, het baie plekke besoek waar die mense by wie ons gekuier het ng nooit was nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #10 on: September 06, 2015, 03:26:48 PM »
Hannes en ek het vir jare getoer.  Ons was in baie ander lande, maar SA was vir ons 'n preoriteit.  Ons het ons eie land "gekris-kross- en al die buurstate deur-reis.  Later jare, toe ons deur so baie ander lande getoer het, het ons besef dat daar 'n stukkie van elke ander land in SA is.  Switserland lê in die Drakensberge en Dubai se woestyne lê in Namibië.  (Wat ook tog maar deel van SA was.)  Die grootste bergpieke in die USA kom nie naby ons eie berge in die Weskaap nie!

Ek dink elke ander leser kan dele van ons land uitwys as dele van oorsese lande.  Kom, ek daag julle!

Ek het werklik 'n behoefte aan foto's uit die Weskaap vir hierdie jaar se blomme!   Help!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #11 on: September 06, 2015, 07:32:30 PM »
Ek stem saam RSA het iets van ander lande, jy moet net kyk en raaksien

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9517
  • Gender: Female
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #12 on: September 07, 2015, 09:27:30 AM »
Ek sien ook orals voetpaadjies waar 'n mens kan stap.  Lieflike foto's.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1923
Re: ierland 2015 # 5 giants causeway
« Reply #13 on: September 07, 2015, 07:45:52 PM »
Ja daardie plek het klomp voetpaadjies en dis veilig om daar te stap.