Author Topic: Die Vloedbos sal weer Vlieg...  (Read 23964 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die Vloedbos sal weer Vlieg...
« on: April 16, 2012, 03:11:17 AM »
Die Vloedbos sal weer Vlieg – Carina Stander
 -Sewentig vry verse –

Tafelberg 2006
ISBN 0-624-04480-7

My heel eerste bundel deur Carina Stander en dadelik is ek verlief op haar werk.  

Carina Stander is ‘n groot skrywer.  Sy is een van die afgelope aantal jare die nuwe gonswoord in Afrikaanse skryf- en leeskringe.  Sy is digter, beeldhouer, rubriekskrywer…  
Limpopo plaaskind wat die wêreld ken en dit kan vasvang, behoorlik, en omskep in woorde.  Dit is ‘n bundel oor 'n ongenaakbare en wrede  lewe se ervaring van ‘n plaaskind en ook die plaaslike bevolding waar sy ookal reis.  Droogtes, verkragting, oestyd, Namibia...,  maar ook die skoonheid en emosies van dit als.  Dit is fris, dit is vars, dit is energiek.  Sy gaan eerlik met spiritualiteit om, tog is haar werke eenvoudig en dit maak dit vir my so hoogs aantreklik.  
Sy skroom nie om haar liefde vir haar gesin uit te beeld, ook in hierdie bundel.  Sy is immers jonk, getroud en ma van twee kleuters.  Hoe dan anders?

Uit:  Voorlaaste Maand
Botswana

Die seekoeibul
het soos ‘n werfhond
naglank om die hut gesnuif –
neusholtes nat en pers getuit
soos waterlelies in die aand.

+++

Uit:  Lug is in die Liefde

Langs Helderstroom se koringland
wil bloukraanvoël ‘n nes bewoon;
‘n bontvlekkalf en spikkeldier
herkou en huppel twee-twee hier
soos reg aan die begin

+++

Heerlik leesbaar.

©Elsabé


« Last Edit: April 16, 2012, 05:57:20 AM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Vloedbos sal weer Vlieg...
« Reply #1 on: April 16, 2012, 08:03:59 AM »
Dankie Elsabé, jy doen dit uitstekend.  Sy skryf pragtig. 

Wanneer kry ons 'n resensie oor Rooiwyn Kaggelvuur & Vers?  Ek kan nie aan iemand anders dink wat dit beter sal doen as jy nie!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Vloedbos sal weer Vlieg...
« Reply #2 on: April 17, 2012, 02:08:29 AM »
My plek geboek vir ons RK&V deur jou pen opgesom!!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Vloedbos sal weer Vlieg...
« Reply #3 on: April 17, 2012, 03:48:50 PM »
Ek het twee van haar bundels en hulle praat ook diep stukke met my hart. Sy het amper 'n barokstyl. Simbolies ryk. Lief dit!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Vloedbos sal weer Vlieg...
« Reply #4 on: April 18, 2012, 05:55:08 AM »
Ek lieffff haar werk. Haar woordgebruik in artikels is so pragtig aardsbekend vir my as immigrant. Om net een reeltjie aan te haal:  Ek wil nou nie lui of suinig klink nie, maar onse kinderpartytjies is nederige gedoentes.

Net so vinnige ietsie wat my opgeval het uit die vers wat Angelica vir ons aangedra het: let op hoe pragtig breek sy haar reels op in woorde met die gebruik van tipografiese witspasies sonder leestekens - 'n duidelike aanduiding vir die voorlees van hierdie vers. Waar die stem natuurlik rus/hang en die woorde kans kry om beelde te vorm. Skitttterend!!

Die seekoeibul
het soos ‘n werfhond
naglank om die hut gesnuif –
neusholtes nat en pers getuit
soos waterlelies in die aand.

*Hier is die skakel na haar erfie, gaan gooi gerus 'n draai. Daar is ook 'n skakel na waar haar cd  vyftien musiekverse wat deur haar self voorgelees word, met agtergrondmusiek en -klanke deur Francois le Roux bestel kan word.
http://www.wix.com/carinastander/ontmoetcarina
« Last Edit: April 18, 2012, 07:06:46 AM by Meraai vannie Baai »