Author Topic: Lewenswaarhede  (Read 11139 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Lewenswaarhede
« on: August 16, 2015, 11:19:19 AM »
 1)    Liefde gewen en suksesse bereik kan slegs staande bly as jy dit met verantwoordelikheid koester.
 2)   Liefde, menslikheid, gebed en gesprek kan  alle probleme oplos.
 3)   ‘n Mens bereik nie altyd sukses nie, maar as jy ‘n les daaruit geleer het, het jy nie gefaal nie.
 4)    Menswaardigheid word gebou deur selfrespek, respek vir ander en ‘n sin vir verantwoordelikheid.
 5)   Volwassenheid kan gemeet word aan die verantwoordelikheid wat jy aan die dag lê.
 6)   Maak seker dat dit waarvoor jy vra, dít is wat jy graag wil hê.
 7)   Maak seker van wat sê die wet, as jy die reëls verbreek moet jy sterk genoeg wees om die nagevolge te dra.
 8)   ‘n Goeie vriendskap is meer werd as ‘n klein geskilletjie. (By BB geleer.)
 9)   Moet nooit te groot in jouself wees om te erken as jy ‘n fout gemaak het nie.
10)   Jy as mens, is geregtig op ‘n paar oomblikke per dag, net vir jouself.
11)   Jou afhanklikes en geliefdes,  het die reg om aanspraak te maak op ‘n deel van jou tyd.
12)   Die lewe is ‘n gawe, lewe ten volle deur aandag te skenk aan dit wat regtig saakmaak.
13)   Wees oop vir veranderings maar, moet nooit jou eie normes en standaarde prysgee nie. (By Vossie geleer)
14)   Soms is stilbly die beste antwoord.  (Anders as stilbly is ook ‘n antwoord.)
15)   Lewe ‘n eerbare lewe,  en jy sal nooit beskaamd staan voor jouself nie.
16)   ‘n Liefdevolle atmosfeer in jou huis is die beste nalatingskap vir jou kinders.
17)   As jy in ‘n argument met iemand betrokke is, moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, dit stink.
18)   Deel jou kennis, dit is jou kinders se erfporsie.  of 
19)   Deel jou kennis, dit is jou nalatenskap.
20)   Be-oordeel jou sukses aan dit wat jy daarvoor moes opoffer.  (Het dit wat jy in die proses verloor het,
        jou sukses die moeite werd gemaak.)
21)   Ek sit terug en ek sien ek het iemand se lewe positief verander en dit bring groot vreugde en vrede in my hart. 
       (Naas, ek kan nie help om aan jou te dink nie.)
22)   Jy sal slegs vind waarna jy soek.  (As jy slegs die kwaad wil raaksien, sal jy net die kwaad vind.)
23)   Ek hoef nie na iets te soek om my dankbaar te maak nie, ek luister net na die voëlgesang in die oggend.
24)   Die lewe is ‘n lied, jy moet net die wysie ken om saam te sing.
25)   As iemand se hande swart is, beteken dit nie dat dit vuil is nie.
26)   ‘n Swart vel beteken nie ‘n swart hart nie.
27)   Lojaliteit het niks met kleur te doen nie.
28)   Liefde oorskry alle grense,  of
29)   Liefde het geen grense nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lewenswaarhede
« Reply #1 on: August 17, 2015, 03:29:00 AM »
 :icon_salut: :notworthy:

Hierdie ene neem ek saam as padkos vandag: 13)   Wees oop vir veranderings maar, moet nooit jou eie normes en standaarde prysgee nie. (By Vossie geleer)

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lewenswaarhede
« Reply #2 on: August 17, 2015, 11:36:35 AM »
Dis vreeslik gevaarlik om reg te wees as die regering verkeerd is.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lewenswaarhede
« Reply #3 on: August 17, 2015, 11:35:42 PM »
Eish! Dit is ware deng daai Naas  :toothy4:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Lewenswaarhede
« Reply #4 on: May 27, 2018, 10:38:15 AM »
Hierdie lewenswaarheid MOET ek met julle deel:  Oumas en skêre is gevaarlik vir kinders!  Hie hie.  :toothy2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lewenswaarhede
« Reply #5 on: May 27, 2018, 11:07:33 AM »
Lekker giggel ek nou. Was juis so twee weke gelede weer in die warmwater toe ons klein cowboy dadelik vir sy mamma se: Ouma said I could have a sweet breakfast (daar was nog een koeksister en 'n skuifie peppermintcrisptert oor en hy aai dit al van die vorige aand af.)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lewenswaarhede
« Reply #6 on: May 27, 2018, 11:29:39 AM »
Heerlik om jou hier in die gange raak te lees Anastasia.  Baie welkom.
Wat het gebeur dat Oumas en skere so gevaarlik is?

Raaitjie, my kinders het my geleer dat oumas en oupas daar is om kleinkinders te bederf.  Hoe dan nou? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Lewenswaarhede
« Reply #7 on: May 27, 2018, 03:41:23 PM »
Oumas is maar soms te veel van 'n goeie ding!  Maar mens se lekkerste kinderherinneringe vat jou tog maar terug na daardie liefde van die derde geslag, ne? 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lewenswaarhede
« Reply #8 on: May 27, 2018, 05:07:21 PM »
Dit is voorwaar die enigste lekker van oud... Ouma en Oupa. Wat een fees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Lewenswaarhede
« Reply #9 on: May 27, 2018, 07:40:46 PM »
Ek dink jou kleinkinders is baie bevoorreg om hul eie Smurfie oupa te kan hê! 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lewenswaarhede
« Reply #10 on: May 28, 2018, 09:30:11 AM »
Daar is nog net een maar sy is Oupa se oogappel.
Dankie


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Lewenswaarhede
« Reply #11 on: May 28, 2018, 09:51:12 AM »
Ag, dis seker die fraaie klein prinsessie van die wolke op jou fototjie.  Dis 'n groot voorreg om oupa en ouma te kan wees.  ek het so lekker weer gekuier op ons ou spore, veral weer daar in die kroeg, met ons woordgesprekke in lawwe versies in die tjoekie.  Nostalgie is 'n vreemdsoortige genotvolle seer.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Lewenswaarhede
« Reply #12 on: November 04, 2021, 12:24:15 AM »
Assie:
Oupa sê 'n leeftyd se alleen wees kan net deur alleen verstaan word al verduidelik alleen stadig.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Lewenswaarhede
« Reply #13 on: November 04, 2021, 06:28:36 AM »
Sulke waarhede...
Politikuste hou rassisme aan die brand globaal, anders is daar niks waarin hulle kan hoereer nie. Dis nou maar my opinie hoor.
As jy politikuste verwyder, sal al wat mens is, basies met mekaar oor die weg kom, want mense is nie boos gebore nie.
In ons land, is dit al so verskriklike ding, as ek julle van my werk moet vertel sal julle eis... maar moontlik ervaar julle dieselfde oorlogte as ek.