Author Topic: Ek wil by jou sit  (Read 2341 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek wil by jou sit
« on: December 18, 2015, 06:52:32 PM »
Hierdie was een van my eerste plasings op Woes.  Kyk tog hoe "onopgevoed" ek in po-e-sie was.  Hier was ek nog 'n rymelaar.  Ek wonder wat sal voortspruit as ons van ons ou werk vat en dit vandag weer skryf.  Dink julle dit sal 'n uitdaging wees?

Sy is nie so mooi nie
Maar haar lippies is rooi
Ek het haar gevra en
Beloof ek sal my gedra

Ek laai haar op
Om fliek toe te vat
Daar gekom
Kou sy kougom

Ek wil haar soen
Maar sy wil dit nie doen
Wil haar handjie vashou
Hou dit op haar skoot gevou

Vra ek met hoop in my hart
Skaam en half verward
Wil jy daar agter sit
Sal jy daarvan hou?

Antwoord sy met ogies skeel
En haar tandjies skeef
Wat ‘n skewe gedagte
Ek wil voor sit hier by jou!

Kommentaar
weskusvrou

weskusvrou
hêhêhê, arme mansmens was seker uitgeboul met haar antwoord!!! Te kostelik, baie dankie!
E-pos 7 jaar 2 weke 20 ure oud


Bigfoot

Bigfoot
Ek wil by jou sit.
Toe ek hier lees, kom lê die onthou by my voete en loer so onderlangs vir my. Onthou jy nog? Dankie vir 'n terugreis na gister en die dag voor dit. Jy verwoord dit pragtig. Dankie vir hierdie een. Dis kosbaar vir my.
E-pos 7 jaar 1 maand 1 week 13 ure oud


Elizabeth Kendall

Elizabeth Kendall
Ek wil by jou sit
...dis mos maar die heel lekkerste plek, daai by-jou-sit sitplek! Mooi woorde!
E-pos 7 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Trapsoetjie

Trapsoetjie
Vreeslik oulikies. Mal oor die laaste sin. Ek wil hier sit by jou. Pragtig
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


Anria

Anria
dis nou te pragtig !
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


Madz

Madz
Inry
Dit is die dierbaarste gedig wat ek in 'n lang tyd gelees het. Dis lekker om die week te begin met herrinneringe aan 'n tyd (die dinosourisse was nog op aarde) toe ek allerhande strategieë bedink het om ongewenste handjies-vashouery te ontduik.
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Delene de Wet

Delene de Wet
Ag, hoe mooi! Dis pragtig! Hiehie. ek kon sommer die skaam ervaar en die lekkerkry. Beslis nog 'n lees of twee werd van my kant af. Sommer 'n briesie vars koel lug hier in die vroeë nagure vir my
Baie dankie
Delene
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 5 dae 13 ure oud


Sonica

Sonica
Aha, PM, jy skilder die pittige prentjie so duidelik. En die opregtheid van die eenvoudige "ek wil by jou sit" pluk sommer aan my hart. Goed gedoen.
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Meraai vannie baai

Meraai vannie baai
Ek wil ook by jou sit!
Watter heerlike verrassing! Kan ek ook maar hier voor by jou sit matertjie? Belowe ek sal nie raas ... wil net nog bietjie lees aan jou woorde!
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


RUDI COETZER

RUDI COETZER
smile.
dis nou flippen oulik.
( en skerp )
E-pos 7 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud

« Last Edit: December 18, 2015, 07:05:17 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek wil by jou sit
« Reply #1 on: December 18, 2015, 09:16:39 PM »
Ek het geniet in oorgawe!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek wil by jou sit
« Reply #2 on: December 19, 2015, 06:01:14 AM »
hier kom ek ook aange-agteros  :icon_biggrin: 
dis waar, PM, ek het al heelwat van myne getimmer en gelas. Ek lees deur die kommentare ook en verlang so na almal... mense, ons is nou nog meeste tyd nader aan mekaar as nuwe fb vriende.
Dan sien ek Madz se naam ... wie van julle volg haar blog in een of ander tydskrif oor die kankerpad wat sy nou stap?
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek wil by jou sit
« Reply #3 on: December 19, 2015, 07:22:41 AM »
Het jy 'n skakel vir ons na haar blog matertjie?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil by jou sit
« Reply #4 on: December 19, 2015, 09:01:44 AM »
Dankie vir die komtaartjies matertjies.
Dit is verskriklik. Ek sal ook graag 'n skakel wil sien Adele. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ek wil by jou sit
« Reply #5 on: December 23, 2015, 07:23:50 PM »
Ag dit is te oulik.