Author Topic: Kinderopvoeding en die onderwyser.  (Read 8342 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kinderopvoeding en die onderwyser.
« on: August 10, 2015, 08:25:25 PM »


Eerstens stoot daar ‘n gevoel van bitterheid in my op teenoor sommige ouers.  Mense moet nou nie hier kom sê dat ek alle ouers onder dieselfde kam skeer nie, ek besef tog te goed dat daar baie ouers is wat hulle deel doen, en ek besef ook dat daar ouers is wat werklik moet werk om net in basiese behoeftes te voorsien.  Daar is nie ‘n bediende in daardie huishouding nie en die kinders leer dus om hulle deel te doen.  Hulle leer roetine en dissipline, verantwoordelikheidsbesef  en dus eiewaarde.  Dit  kweek  respek, nie net vir homself nie maar ook vir ander.  Waardering vir dit wat hy het en dit wat hy kry.  Jy kan maar ook gaan kyk en sien dat dit hierdie  ouers  is wat genoeg  tyd en aandag aan sy kind gee.

Ek is verbitterd teenoor ouers wat kinders verwek en nie ‘n flenter omgee oor hulle opvoeding nie.  Julle kan my maar stenig, maar daar is duisende ouers wat werk net om van die las van huiswerk en kinders- grootmaak te ontvlug.  Daar is altyd uitsonderings op die lys, maar dit is hierdie kinders wat geen dryfkrag het nie.  Hulle het geen eiewaarde nie, geen selfrespek nie.  Hulle voel: “Laat God’s water maar oor God’s akker vloei.
Niemand gee om nie, hoekom moet ek.  Ek het nog nooit vir iets gewerk nie, hoekom moet ek nou?”

Daar is wel kinders wat uit sulke en ander haglike omstandighede kom, wat besef dat hulle anders wil wees.
Dit is gewoonlik vir daardie kinders waar die onderwyser sy goud werd is in dubbel sy gewig.  Hy of sy is die steunpilaar vir daardie kind wat wil.  Die onnie is die opvoeder.  Vir daardie onnie is skoolhou ‘n roeping,  nie ‘n werk nie.  Vir ons samelewing is hierdie  onnie onvervangbaar.

Regte?  As kind het ek geen regte gehad nie.  Slegs voorregte.  My kinders het ook geweet dat kinders voorregte het.  Dit was  ONS  as  OUERS  se  VERANTWOORDELIKHEID  om toe te sien dat ons kinders ‘n dak oor hulle kop, klere aan hulle lyf, ‘n goeie opvoeding ens.  gekry het.  Dit was nie hulle  REG  nie.  Ek het my kind ‘n goeie opvoeding gegee want   EK  was, is en sal altyd,  VERANTWOORDELIK  vir sy optrede wees.  Voetsek met jou  REGTE!!

Kinders wat oorbeskerm word leer nooit om verantwoordelike grootmense te wees nie.  As ‘n kind verkeerd opgetree het moet hy verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.  Die onderwyser het meer as genoeg werk om te doen,  dink jy hy is sommer net verveeld en roep jou in vir ‘n bietjie geselskap?  Nee, hy is besorgd oor jou kind se opvoeding,  want dit is wat hy is,  ‘n  OPVOEDER.  Hy doen dit nie omdat hy  MOET nie, hy doen dit omdat hy  WIL !!  Die minste wat jy as ouer kan doen is om die onderwyser by te staan in sy taak wat eintlik jou taak is.

Jy as ouer moet beheer hê oor jou kind.  Hierdie beheer kry jy van sy geboortedag af.  Dit is  HIER  waar dissipline en roetine begin.  Jou verantwoordelikheid begin by konsepsie, maar jou beheer begin hier.  Sodra jy beheer aan die kind afstaan sal hy of sy jou oorheers en jy sal nog lang trane huil.

Volgens my is enige onderwyser goed toegerus om probleme te hanteer.  Daardie “hands on” ervaring wat hy elke dag opdoen gaan elke sielkunige verby.  Teorie is een ding, maar hy pas daardie teorie elke dag toe en hy kan sien wat werk en wat nie.  Die sielkundige moet kom handvat en nouer met die onderwyser saamwerk.  Hy het baie om by die onderwyser te leer.

 Een leemte wat daar wel bestaan , is dat onderwysers wat vir skoolbeginners skoolhou, nie goed genoeg toegerus is om leesprobleme te identifiseer nie.  As ek my sin kon kry sou ek daar ‘n verandering wou sien plaasvind en ek werk hard daaraan.

Wat baie verblydend is, is dat daar ‘n tendens onder jong ouers is wat sug na inligting oor kinderopvoeding.  Nie soseer net boekekennis nie,  maar hulle klop aan vir hulp by dié  met ervaring van kinders grootmaak.  Daar is ‘n vlaag van belangstelling.  Dit is hier waar die onderwyser, nie net in sy hoedanigheid as onderwyser nie, maar ook as ouer, bydraes van onskatbare waarde kan maak.  Weereens, nie omdat hy  MOET  nie,  omdat hy  WIL.

Laastens,  ons het kinders gekry om van hulle aanvaarbare  volwassenes te maak  wat   hulle  plek volwaardig in die samelewing  kan volstaan.   Hulle moet die aanslae en uitdagings  van die lewe met moed, durf en daad kan aanpak.  As ons daarin slaag, dan slaag ons in ons roeping as ouers.

Piet Mariet   

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #1 on: August 11, 2015, 05:42:32 AM »
 :icon_salut: :hello2: :notworthy: Amen!!

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #2 on: August 11, 2015, 08:33:09 AM »
I think the problem started with the psychological perspective of punishment in any form is abusive in nature and therefore children should not be subjected to any form of punishment. I personally find it very difficult to argue with a 3 year old on disobedience. I also find it almost impossible to argue the very same point with adults adhering to the psychological upbringing perspective. There is a principle in law that for each right a person has, there is a corresponding obligation attached to the right. And yes children also have rights and those very same rights also has the obligations attached to it. It is a moot point that children under the age of 18 are classified as minors. Thus it is the duty of the parent as the child's legal guardian to administer the rights, and obligations of the child until such time as the child comes of age (18). It is a very unfortunate situation that children's rights are promoted to the exclusion of the administering of discipline, norms and values.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #3 on: August 11, 2015, 08:55:45 AM »
"I think the problem started with the psychological perspective of punishment in any form is abusive in nature"
You see, it is right there that I disagree. Go and have a close look at nature. Mothers punish their children siverely in nature because they know the consequenses of "wrong" behaviour" is death by preditor.
A lioness will seariously cuff her cub if it is out of line etc. Just watch the nature programmes on National Geografic chanel and you will soon realise that there is dissipline even in nature. What we do not admit, is that the diciplined child don't have to be punished all the time because he/she already learned their lesson and know and understand the consequinces of their behaviour.
I believe in " 'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt." maar ek kan die kere wat ek my twee kinders moes "aanrand" (pak slae gee)... Well, I can count that on my one hand and I will still have fingers left.
And today still, I get compliments from other people on my childrens behaviour and upbringing.
A good Hiding is part of a balanced Psycological upbringing.
I must, however, agree that some people think they must go to extremes and hit the child halfway to death. For that reason I am glad that hitting is frowned apon.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #4 on: August 11, 2015, 02:34:13 PM »
Dat 'n pak op sy tyd soos brood en konfyn is, is gladnie te betwis nie, maar daar is baie ander maniere om kinders te dissiplineer in pleks van "aanranding".   :icon_biggrin: Wat ek wel ondervind is dat sommige ouers nie kolnsekwent is nie.  Die kind word nou gestraf, maar die ouer is gou jammer daaroor en hef die straf net weer op.  Wat help dit?
'n Konsekwente ouer bring sekuriteit in sy kind se lewe en sonder sekuriteit is ons soos 'n verlore skippie op die see.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #5 on: August 11, 2015, 04:00:00 PM »
Ek persoonlik erken vandag dat ek my kinders nie genoeg gedissiplineer het en geleer het om takies te verrig in die huis nie.  Was te lief en te jammer.  Ander mense wie ek gedink het maak slawe van hul kinders om hul te bedien, en is wreed kwaai met hul kinders, se kinders het fantasties uitgedraai.  Vandag sit ek op my oudag alleen, met net een kind wat hom ontferm oor my.  Wat het ek van al daardie jammer.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #6 on: August 12, 2015, 08:06:28 AM »
Hi Naas

I think you slightly misunderstood what I said. I said that the psychological perspective was/is . . . I personally have no problem to administer as you so aptly put it - n pak op sy tyd is soos . . . but I very seldom dished out the stick.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #7 on: August 12, 2015, 09:14:58 AM »
No Jeannedarc, I did understood you. (That sounds wrong) But when I hear this Psycological upbringing I see red. That is why I only highlighted that part. Whe are teaching a lost generation because of the over-emfisizing (spelling) of psycological huff puff instead off a balanced upbringing. Children are not the same and each parent should do what he/she think is right for the children without "aanranding" and with the aim off installing good values and respect in the child. Whe have done our bit if the child fit into social structures.
Anastasia: Jy het jou kinders in liefde grootgemaak. As hulle dit later in nhulle lewens besef is dit gewoonlik te laat en dan mis hulle jou soveel meer. Ek het soos PM lankal reeds besef dat ek ook eendag 'n vergete ouer in 'n ouetehuis sal wees en daarmee vrede gemaak. Gelukkig sal dit nie vir lank wees nie (indien ooit)


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #8 on: August 13, 2015, 02:18:00 AM »
Nie een van ons drie kinders se onderwyers het ooit gekla dat hulle onregeerbaar of ongeskik was nie. Tuis is hulle geleer dat jy respekvol optree teenoor ouer persone en dit geld veral vir jou onderwyser(es). In hulle dae is lyfstraf nog toegepas op skool en sou 'n kind moes buk of hand hou, het ons nie 'n ophef gemaak nie. Enigste keer wat Outop wel 'n onderwyser gaan sien het was toe ons oudste teen die kop geklap was (hy was toe nog in die herstel proses na bestraling).

Soos baie ander ouers is ons vandag nie een oomblik spyt dat ons baie baie streng op ons kinders (en vandag ook op ons kleinkinders) was/is nie. Daar was huisreels teen die muur vasgeplak en die een wat dit oortree het, het geweet daar sal rekenskap gegee word met 'n toepaslike straf. En ja, soms was dit lyfstraf. Ek was nie bang om 'n agterstewe warm te wiks nie. Stenig my maar, ek sou dit weer presies net so doen.

Ondankbaarheid was 'sielkundig' reggestel deur die oortreder se oge tydelike toe te maak sodat hy/sy kon leer dat selfs net om te kan sien wat om jou aangaan 'n voorreg is. Takies in en om die huis was slegs beloon deur 'n drukkie en dankie. Sakgeld was min en erg waardeer!  As ouers was ons woord wet. En net daar het kinders geleer dat jy nie van wette hoef te hou nie MAAR dit moes gehoorsaam en toegepas word.

Om op mekaar te skel of skreeu was nooit toegelaat nie. Ons kinders het geweet hulle het die reg om kwaad/ongelukkig te word. Die probleem is dan met ons bespreek (na die afkoelperiode wat verpligtend was voordat mamma of pappa hulle self 'verloor')  :icon_biggrin: Sou dit neig om hand uit te ruk was daar huisvergadering gehou en elkeen het sy beurt gehad om die derglike probleme te bespreek en moontlike oplossings voor te stel.

As 'n taak begin was, moes dit deurgevoer word. Sou plan A misluk het Outop hulle geleer dat die alfabet 26 letters het. Jy gee nie op nie. Vandag is elkeen besig om suksesvol sy of haar merkie in die lewe te maak op eie bene en deursettingsvermoe.
« Last Edit: August 13, 2015, 02:20:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #9 on: August 13, 2015, 10:57:39 AM »
En so leer ek ook elke dag. Daar is 'n paar mooi voorbeelde van dissipline in Ta Raaitjie se komtaar.
Ek sou graag vir haar en Assie se oupa saam wou sien kuier want die ervaring en wysheid loop parmantig deur hulle lewens.
Ek wens ek kon elke dag myself dwing om hulle wysheid toe te pas maar heelaas is my moermeter aan 'n V8 masjien gekoppel en voor ek kan wys wees is ek oor onredelik se stopstraat. (Miskien moet ek maar weer daai Happy-pille van my aanrand.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #10 on: August 13, 2015, 11:07:17 AM »
Ek het net beter gevoel na jou kommentaar, Naas, toe ek Meraai s'n lees.  Ek weet ek was nie streng genoeg nie.  Die lollery is, as ek dit sou oordoen, sou ek dieselfde simpele foute maak.  Ek sien dit daagliks met my katjie, hoe ek dieselfde foute uit liefde maak.  My hart is net te sag as dit kom by die wat ek liefhet.  Ek doen dit in my huwelik en ook in my vriendskappe.  Wens ek kon dit verander, vet weet, ek het al so hard probeer.  Wat my egter so tickle, is, waarom my twee kinders wat presies met dieselfde foute van my grootgemaak is, so radikaal verskil.  My seun loop oor berge vir my.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #11 on: August 13, 2015, 11:56:51 AM »
Anastasia ek dink nie jou kinders se optrede het enigsins te doen met of jy te veel of te min liefde gegee het nie. As volwassenes neem kinders hulle eie besluite en dit is nie altyd wat ons hulle graag wou leer of die voorbeeld wat ons gestel het nie. Wat vir een kind werk, werk nie presies net so vir die volgende kind nie. Jy moet nie jouself kwalik neem of verwyt nie mater. Naas, ons het baie foute in ons lewe gemaak en sal sekerlik nog meer maak, maar uit die foute het ons so baie geleer.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #12 on: August 13, 2015, 12:05:07 PM »
Kinders vra so min. Net ouers en geborgenheid, dan is hulle gelukkig.


En dan word hulle groot...





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #13 on: August 14, 2015, 10:11:36 AM »
Ek glo daar is baie ouers wat hulself verantwoordelik hou vir hul kinders se optrede.  Is dit omdat ons van kleins af geleer is om verantwoordelikheid vir ons dade te aanvaar?  Hoekom wil ons ons kinders s'n ook as ons eie sondes opskryf?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #14 on: August 17, 2015, 03:20:14 AM »
Baie goeie vraag!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #15 on: August 17, 2015, 10:23:19 AM »
Ons wil nie mislukte ouers wees nie en die pad wat ons kinders loop is direkte vingerwysing na ons graad van opvoeding. Hierdie stelling is van alle waarheid ontbloot maar ons klou vas aan die geloof en slaan onsself as die kinders iets verkeerd doen.
Ek voel dat ek my kinders volgens my norme, waardes en gepaartgaande reels groot gemaak het. Hulle is nou onder my hande uit en enige swak besluite aan hulle kant is hulle swak besluite. Ek is op pad graf toe en het geen verdere houvas op hulle nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #16 on: August 17, 2015, 11:15:14 PM »
Verseker 'n hoofletter AMEN op jou kommentaar Naas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #17 on: August 18, 2015, 09:50:29 AM »
'n Vak op skool sal wondere verrig:  Hoe om kinders op te voed!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #18 on: August 18, 2015, 10:54:42 AM »
Sal nogal werk by meeste skole vandag. Die leerders kan sommer hul eie kinders saambring vir praktiese klasse.
Assie se Oupa se dis van al die vakke op skool wat daar so baie ouers is.  :dontknow:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #19 on: August 20, 2015, 02:27:32 PM »
Oupa is waarlik 'n baie slim man!   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #20 on: November 18, 2015, 04:57:50 PM »
 :headbang:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #21 on: December 08, 2015, 05:35:43 PM »
Nou weet ek nie of ek met Assie se oupa moet saamstem nie.  Ek dink nie dit is vakke wat kinders maak nie, of isit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #22 on: December 09, 2015, 07:36:14 AM »
Van sit en staan is le die lekkerste.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #23 on: December 09, 2015, 11:22:51 AM »
Ek le nie baie in my lewe nie maar gister sou ek dit maklik as 'n hoofvak kon benader en intens konsentreer om toe te pas. Dit hitte kry my onder ;-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #24 on: December 09, 2015, 11:46:17 AM »
Hier is dit ook warm, maar nie so warm as in Leeupoort nie.  Tog verkies ek die stilte en kalmte bo die lawaai. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #25 on: December 17, 2015, 08:40:19 AM »
As Ouma en Oupa moes ons ons twee kleinkinders grootmaak, omdat pa te sleg was om 'n bydra te lewer in die opvoeding van sy kinders. My dogter het haar "ass" af gewerk om te sorg dat haar kinders se skoolgeld taxi geld van skool na nasorg en al die ekstras betaal moet word. Waar ma nie kon nie moes ons maar help.

'n Maand voor haar derde kind se geboorte verongeluk haar man (wat die twee kinders by my as sy eie aanvaar het, en die einde van daardie jaar na hulle toe sou vat) in 'n motorfiets ongeluk. Sy het toe nie die keuse om na ons toe te trek nie. En nou gaan ek skole se name noem.

Die kinders word in Laerskool Zeerust gesit. Die jongste seuntjie verander van 'n saggeaarde kind in 'n harde onmoontlike mens. Geen onderwyser of onderwyseres kon hom hanteer nie. Die ouer dogtertjie geniet net nie die skool nie. Die kinders druk haar uit omdat hulle "arm" is.

My dogter kry na twee jaar 'n ordentlike werk in Lichtenburg en die kinders word in Laerskool Burgersdorp geplaas. Twee gelukkige kinders Geen klagtes van onderwyser of onderwyseres nie. Die seuntjie is maar nog stoud, maar hulle hanteer dit sonder om vir ma by haar werk te pla elke tien minute. Ongelukkig die laaste kwartaal is hulle terug in Zeerust agv ma se werk. Wat gebeur? Die dogtertjie het geen maats omdat sy te arm is. Die jonger seuntjie is so stoud hy dryf die onderwysers die mure uit. Nou verstaan ek nie die storie so mooi nie. Is dit nou die kinders of is dit die onderwysers wat nie met die kinders kan werk nie.

By my huis (hulle bly by my tot einde Januarie) het ek nie 'nprobleem van 'n dag oud nie. Ja hulle is stoud soos ek en jy ook maar was. Maar ek kan hulle veral die seuntjie hanteer. Hoe nou? Ek is 'n streng Ouma en deel nie graag pak slae uit tensy dit uiters noodsaaklik is nie. Maar ek hanteer my kinders met my stemtoon. Wie doen nou waar fout?

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #26 on: December 17, 2015, 08:41:18 AM »
Ek wou nog byse ek hoop nie ek val uit die bus uit nie

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #27 on: December 17, 2015, 08:55:22 AM »
Hierdie paadjie van help grootmaak aan kleinkinders het ons al dikwels gestap Ans. Haal my hoed af vir jou. Soos jy, is ek ook self baie streng maar gee ook liefde in ewe groot maat. As kinders deur soveel trauma moes wroeg, is dit te verstane dat met die verkeerde optrede van onderwysers (wat soms nie bewus is van wat tuis in die kind se lewe aangaan), petrol op die verwoestende vuur.

Meisiekind en ek het elke keer wat sy gedwing was om terug te trek met kaboutertjies, saam skooltoe gegaan om met elke onderwyser wat met ons hartspunte te doene gaan kry, in te lig oor die omstandighede en dank die Vader - hulle het verstaan en dissipline is nog steeds gehandhaaf sonder om die kinders se menswaardigheid nog 'n knou te gee. Vandag, na baie seer en moeilike aanpassings (soms binne drie maande van skole moes verwissel buite ons beheer) het hulle elkeen hulle eie plekkies oopgeskrop in die samelewing.
« Last Edit: December 17, 2015, 09:03:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #28 on: December 17, 2015, 09:01:25 AM »
Ek lees darem nog 'n bietjie humor tussen die lyne Ans. 
Die beste  wat 'n mens kan doen is om met die betrokke skoolhoof te gaan praat en die probleem aan hom/haar te verduidelik.  As die kinders se onderwysers meer betrokke gemaak kan word sal dit dalk help. 
'n Voorstel wat ek kan maak is om te vra dat daar 'n "maatjie" vir elke kind aangewys  word om as helper te dien, ook om die leiding te neem en voorbeeld te stel. 
Die kinders is taamlik ontwrig en dalk kan dit help om te vra dat die skoolsielkundige ingeroep word. 
Sterkte vir julle. 

Ek stem ook saam met Raaitjie dat julle dalk elke onderwyser gaan spreek.  Elke bietjie kan help. 


« Last Edit: December 17, 2015, 09:06:45 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #29 on: December 17, 2015, 09:09:55 AM »
Jou voorstel is puik PM! Dit is dan ook presies wat by ons gebeur het. Nou het die wiel gedraai en is ons jongste kabouter die ene wat 'spesiale maatjie' is vir kinders met gebreke. Hy is die ore, ogies en soms selfs stem vir hulle. By ons word kinders met gehoor/gesigsgebreke in gewone klasse geplaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #30 on: December 17, 2015, 09:36:36 AM »
Dit werk baie goed ja.  Ek is bly jy noem dat die maatjie ook die "stem" van die kind kan wees.  Kinders deel goed met hulle maatjies wat hulle nie met volwassenes deel nie. 

Die doel is om die probleme op te los en nie te blameer nie.  Dit sal dan ook goed wees as julle die saak so stel dat julle vra vir hulp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #31 on: December 17, 2015, 09:43:18 AM »
Ek is bly dat dit goed gaan met julle kaboutertjie Raaitjie.  Dit is wonderlik dat die kleingoed met gebreke tussen die ander kinders skoolgaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kinderopvoeding en die onderwyser.
« Reply #32 on: December 17, 2015, 09:55:19 AM »
Daar is maatjies in rolstoele, blinde en dowe maatjies. Wat 'n wonderlike voorreg vir hom om daar te kan wees. Deur alles het hy nog steeds die sagste ou hartjie en natuurlik is die kinders wat elke dag in kontak is met hierdie outjies, ongelooflik dankbaar vir dit wat baie ander kinders as vansselfsprekend aanvaar.