Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Ek leef nog hoor :)

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
Skiesie vir die stilte. Skop nog in paaiemente soos gewoonlik en kuier 'n kangeroe agter die Bloekoms uit met ons kaboutertjies. Die ouma maak memories bymekaar of dit uit die mode gaan. As ons gelukkig is gaan die kleingoed nog so week of wat hier wees voor die groot uittog Amerika toe aanbreek. Wil nie eers aan die afskeid dink nie
 :crybaby2:



 :love7:

Naas:
Ek hou julle so dop op gevreetboek. geniet elke dag met oorgawe.


:icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Ons doen dankie Naas  :icon_salut: 

Anastasia:
Ek sit ook knus langs Naas en hou die petalje dop op gesiggieboek.

Meraai vannie Baai:
  :coffee2: Ietsie warms vir die saamkuier. Kinders se werksvisas gister finaal goedgekeur en hulle sal seker volgende naweek vlieg. Die vyf jaar tydperk gaan dalk 'n laaaaang affering word, sy firma (Billabong) hom gevra hoe voel hy oor Europa  :dontknow: :icon_biggrin: Ons moes eintlik geweet het wat wag toe hy die eerste keer as 'n 19 jarige jong kannetjie  Amerika toe gestuur is om die IT sake te gaan uitsorteer. Kind en skoondoggie (toe nog verliefdes) was in trane met die groetery sniksnik. Die ouma weier om aan volgende naweek se groetery te dink want nou is daar nog twee kaboutertjies ook by!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version