Author Topic: Ek leef nog hoor :)  (Read 12520 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Ek leef nog hoor :)
« on: August 05, 2015, 11:27:41 AM »
Skiesie vir die stilte. Skop nog in paaiemente soos gewoonlik en kuier 'n kangeroe agter die Bloekoms uit met ons kaboutertjies. Die ouma maak memories bymekaar of dit uit die mode gaan. As ons gelukkig is gaan die kleingoed nog so week of wat hier wees voor die groot uittog Amerika toe aanbreek. Wil nie eers aan die afskeid dink nie
 :crybaby2:



 :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #1 on: August 05, 2015, 01:22:06 PM »
Ek hou julle so dop op gevreetboek. geniet elke dag met oorgawe.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #2 on: August 05, 2015, 10:42:28 PM »
Ons doen dankie Naas  :icon_salut: 

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #3 on: August 06, 2015, 06:18:38 PM »
Ek sit ook knus langs Naas en hou die petalje dop op gesiggieboek.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #4 on: August 06, 2015, 10:50:02 PM »
  :coffee2: Ietsie warms vir die saamkuier. Kinders se werksvisas gister finaal goedgekeur en hulle sal seker volgende naweek vlieg. Die vyf jaar tydperk gaan dalk 'n laaaaang affering word, sy firma (Billabong) hom gevra hoe voel hy oor Europa  :dontknow: :icon_biggrin: Ons moes eintlik geweet het wat wag toe hy die eerste keer as 'n 19 jarige jong kannetjie  Amerika toe gestuur is om die IT sake te gaan uitsorteer. Kind en skoondoggie (toe nog verliefdes) was in trane met die groetery sniksnik. Die ouma weier om aan volgende naweek se groetery te dink want nou is daar nog twee kaboutertjies ook by!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #5 on: August 06, 2015, 11:25:21 PM »
 ((((((((OO)))))))) vir jou en outop.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #6 on: August 07, 2015, 07:12:53 AM »
Dankie so baie baie vir ons drukkies Naas.  :toothy4: :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #7 on: August 07, 2015, 11:31:55 AM »
'n Mens kom maar daardeur, of jy wil of nie.  Met twee paar kinders en vier kaboutertjies in NZ ken ek die verlange en verdriet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #8 on: August 07, 2015, 12:58:35 PM »
Dit is so waar PM. Mens kom daar deur Genade van Bo  en die wete dat ons kinders 'vooruit boer' ne :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #9 on: August 10, 2015, 05:08:35 PM »
Dit is darem 'n troos. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #10 on: December 08, 2015, 04:43:51 PM »
Ek hoop en vertrou ek sal nou beter opvangs hê.
Ek kuier hier by Gerhard, Hannes het van die trappe afgeval en sleg seergekry.  Hy is nog in die hospitaal.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #11 on: December 08, 2015, 10:55:52 PM »
 :crybaby2: Oi joi joi! Hoop Hannes sterk gou weer aan. Drukkie vir julle en soooo dankbaar om weer jou lyntjies raak te lees  :bootyshake:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #12 on: December 09, 2015, 07:44:14 AM »
Verdomde trappe. Hoop my matertjie is gou weer op die eerste vloer.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #13 on: December 09, 2015, 08:37:04 AM »
Hê hê Naas, hy is nou op die eerste vloer, saal 1 D.   :love7:  Dit raak al beter, vir die eerste 3 dae was hy in ICU op die tweede vloer. 

Dankie Raaitjie.  Gerhard se tegnikus het my neukenaar onder hande gehad.  Nou is die opvangs effens beter. 

Die stad maak my mal.  'n Mens leer so gou om net stilte te ervaar.  Hier blaf die honde en die vliegtuie jaag resies.  Die sirenes skreeu aanhoudend, dit klink soos die oordeelsdag.  Ek kan nie wag om huistoe te gaan nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #14 on: December 09, 2015, 11:33:12 AM »
Gee Hannes 'n stywe drukkie en sommer vir jouself ook  :bootyshake: As ons by die kinders in die stad kom verkyk ek my aan die dolle gejaag. Moet se ek verstom my aan die blink liggies en die mense se stadsmaniere. Van die kleredrag en spykerhakkies en korte rokkies praat ek nie eers nie  :icon_bigsmurf: Tot my skande probeer ek nou Naas se uitdrukking vir daai te-min-materiaal-skeppings onthou.... pure verniet. Help sebliefie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #15 on: December 09, 2015, 11:36:51 AM »
Dankie matertjie, ek sal so maak. 
Die mense hier in Pretoria stad is baie ongeskik.  Ons ry gister na Santon toe, en soos Naas se storie van hoe mense voor hom indruk kom toe net so waar.  Onbedagsaamheid waaraan ons nie meer gewoond is nie.  In Leeupoort is ons soos een groot familie, almal groet almal en almal is vriende met almal.  Wat 'n wonderlike voorreg.  Ons weet sommer dadelik wanneer vakansiegangers daar ry.  Hulle is nors en dikbek verby! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #16 on: December 09, 2015, 11:41:10 AM »
Ken ons daai dikbekgeit! Vaderland ek kuier vanaand soos van ouds. Dankie vir jou woordspore oral gelaat matertjie. Die forum sommer weer lewe. ONS HET JOU GEMIS!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #17 on: December 09, 2015, 11:44:44 AM »
Kan ek nie genoeg kry nie!  Moet my gaai deur 'n stort gaan trek sodat ek gereed kan wees as manlief skakel, maar nee, ek sit hier vasgevang, uitgehonger!
Dankie dat julle my gemis het.  Ek wonder wat het van die ander geword?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #18 on: December 09, 2015, 12:30:59 PM »
Hier eindig my sessie  nou.  My klokkie het gelui.  Sodra ek terug is kom kuier ek weer saam.
Lief julle vleeslik baja.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #19 on: December 10, 2015, 01:45:36 PM »
Nou gaan ek eers weer my rondte van Vader Cloete by die hossietaal doen.  Sal kom rapporteer as ek terug is.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #20 on: December 14, 2015, 04:43:32 AM »
Ons ook weer terug by die huis. Hoop dit gaan beter met Hannes. Veilig terug ry en hoop jy kom kuier sommer gou weer tussen die lyne met ons.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #21 on: December 14, 2015, 08:31:18 AM »
Ons gaan eers vanoggend ry.  Ek kyk gou of ek 'n paar woorde kan inkry voor ons ry.  Dit is mos nooit lekker om terug te gaan huistoe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #22 on: December 14, 2015, 11:56:19 AM »
Ek het gou voor slaaptyd weer kom loer wie sluip in die forumgange rond  :toothy4: Lekker gewees om jou raak te lees mater  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek leef nog hoor :)
« Reply #23 on: December 16, 2015, 10:58:10 AM »
Naas raas juis omdat jy nie meer in ons slaap praat nie.   :icon_biggrin:
Waar dink jy is ons Uppingtonmaatjie. 
Om te weet is om te verstaan.