Author Topic: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)  (Read 5414 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« on: July 25, 2015, 12:11:04 AM »
Vergeet al die bababoeke en kom by. Hier is tien manier om aan te dui of jy gereed is vir ouerskap.

1. VROUENS:
Om voor te berei vir swangerskap: Trek ‘n kamerjas aan en druk ‘n ‘beanbag’ voor in. Hou dit daar vir nege maande. Na nege maande, neem net 10% van die boontjies uit.

MANS:
Om voor te berei vir vaderskap:
Gaan na die apteek, maak jou beursie oop by die toonbank en sê vir die assistant om homself te help. Gaan dan na die supermark en reël om jou salaris direk by hul hoofkantoor te laat inbetaal.

2. Om uit te vind hoe dit in die nagte sal voel, loop al in die rondte in die sitkamer vanaf 17:00 tot 22:00, terwyl jy ‘n nat sak van ongeveer 4-5 kilogram dra. Sit die sak tienuur neer en stel jou alarm vir middernag en gaan slaap. Staan om middernag op en loop weer in die sitkamer met die sak tot 1:00. Stel die alarm vir 3:00. Omdat jy nie kan slaap nie, staan om 1:30 op en maak iets om te drink. Gaan slaap weer om 2:45. Staan op sodra die alarm afgaan om 3:00. Sing liedjies in die donker tot 4:00. Stel die alarm vir 5:00. Staan op. Maak ontbyt. Hou so aan vir vyf jaar.

3. Hol ‘n waatlemoen uit en maak ‘n gaatjie ongeveer so groot soos ‘n gholfbal in die skil. Hang dit onderstebo aan die plafon sodat die gaatjie onder is en swaai dit heen-en-weer. Neem nou ‘n bakkie aangemaakte ontbytkos en probeer om die swaaiende waatlemoen te voer. Hou so aan totdat die helfte van die pap klaar is. Gooi die res uit in jou skoot. Jy is nou gereed om ‘n 12-maande oue baba te voer. Om gereed te maak vir kleuters, smeer Purity op die bank en konfyt teen die gordyne. Steek ‘n visvinger agter die stereo weg en laat dit daar vir ‘n paar maande.

4. Vergeet van ‘n sportmotor en koop liewer ‘n Toyota. Koop ‘n sjokoladeroomys en sit dit in die paneelkissie. Druk ‘n 5-sent geldstuk in die kassetspeler in. Druk ‘n pak sjokoladekoekies fyn op die agterste sitplekke in. Skuur met ‘n hark al langs die sykante van die motor. Daar’s hy, dit is mos hoe ‘n gesinsmotor moet lyk!

5. Om klein kindertjies aan te trek is glad nie so eenvoudig en maklik nie. Koop vir jou ‘n lewendige seekat en ‘n groot sak. Probeer om die seekat in die sak te druk sodat nie een van die arms uithang nie. Tyd hiervoor toegelaat: Die hele oggend.

6. Maak gereed om uit te gaan. Wag buite die toilet vir ‘n halfuur. Gaan uit by die voordeur. Kom weer binne. Gaan weer uit. Kom weer binne. Gaan weer uit en loop uit tot by die sypaadjie. Loop weer terug. Loop weer tot by die sypaadjie. Loop dan stadig padlangs vir vyf minute. Stop en beloer
elke sigaretstompie wat jy sien lê, asook elke stukkie kougom, vuil snesies en dooie insekte. Loop weer terug soos jy gekom het. Skree dat jy omtrent nou meer as genoeg gehad het sodat jou bure uitkom en jou aanstaar. Jy is nou gereed om ‘n klein kind op ‘n uitstappie te neem.

7. Leer al die name van elke karakter vanaf Teletubbies tot Power Rangers. Sodra jy agterkom dat jy “Postman Pat’ in die bad sing, kwalifiseer jy om ‘n ouer te wees.

8. Gaan na die supermark en vat ‘n volgroeide bok saam. As jy vir meer as een kind beplan, moet jy meer as een bok saamvat. Doen nou jou weeklikse aankope sonder om die bok/bokke onder jou oë uit te laat gaan. Betaal vir alles wat die bok/bokke eet of breek.

9. Herhaal alles wat jy sê minstens vyf keer.

10. Voordat jy eindelik voortgaan om kinders te kry, vind ‘n paartjie wat alreeds kinders het en trap hulle uit oor die manier waarop hulle hul kinders grootmaak en dissiplineer, te kort aan geduld en hoe dat hulle hul kinders toelaat om rond te hardloop. Stel maniere voor hoe hulle hul kinders se slaapgewoontes kan verbeter, hoe om hulle te “potty-train” en allerhande maniere van goeie gedrag. Geniet dit – dit sal die laaste keer wees dat jy al die antwoorde ken.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« Reply #1 on: July 25, 2015, 01:56:54 AM »
Dit som alles mooi op.
Job se geduld - Salomon se wysheid - Bill Gates se geld.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« Reply #2 on: July 26, 2015, 02:23:39 AM »
Hiehiehie. Nogals raak opgesom Naas, arm maar darem weet ons watter wonderlike voorreg ouer- en grootouerskap is ne.  :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« Reply #3 on: July 26, 2015, 08:56:42 AM »
Oh my goodness!!!
Geld dit vir Oumas ook?
So is 'n kollega nogal heel ingestel met dinge en dies en daais en maghefters. Wonder ek of sy lekker is, want haar enigste is in Matriek.
Sy se ek sal moet bykom en al die goetertjies leer sodat ek 'n cool Ouma kan wees. Eendag.
Nope, se ek, ek is die tipe Ouma wat 'n kleintjie met leesboeke en feiteboeke en inkleurboeke en stappies in die natuur sal grootmaak.
Boring, se sy.
Whatever, se ek.
Gelukkig het hierdie (toekomstige, hopelik) Ouma nie TV nie en sien nie die goetertjies soos Minions wat R100'e kos op winkelrakke raak nie.
Wat is dan nou verkeerd met boeke en 'n woefie en stappies al in die bospaadjie af? Of vir lesse gaan langs rotspoele vol seesterre en anemone en vissies en skulpe?
My enigste is so groot gemaak en hy is heel, nee baie! OK.
Was ook maar net 'n glimlag op haar gesig.  Weet nou nie wat in die gedagtes aangegaan het nie. Worry nie.
Maar ja, ouerskap is nogal 'n groot, lekker ontnugtering. Wees voorbereid op koppies en koppies koue tee (het ek ondervind).
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« Reply #4 on: July 26, 2015, 10:38:34 AM »
Haal my hoed af en knak die knieg vir jou manier (wat ook ons manier is) niks lekkerder as om die kleingoed se gesiggies te sien as hulle skatte in die natuur ontdek nie. As ons op Fraser Eiland gaan kamp is die tweetjies van jongste in vervoering want dan gaan hulle weer treasures bymekaar (proppies van koeldrankbottels wat half begrawe onder die sand is lol).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ouerskap (van die Lag My Kla-Grappe poskoets afgeval)
« Reply #5 on: August 07, 2015, 12:25:00 PM »
Nee wat, ek dink dit is makliker om kinders groot te maak!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.