Woordskuur > Die Woordkroeg

Fraaie parte en Altzheimers

<< < (2/8) > >>

PM:
Ek self sou nie omgee om 'n paar ekstra randjies te hê om al die "down casts" te "uplift" nie.   :dontknow:  Tot my wange begin al hang.   :crybaby2:
As jy altzheimers het weet jy ten minste nie daarvan nie. 

Assie:
Loer ek nou soos Antie Raaitjie oor die gas se skouer en sien die vergete storie raak.
Oupa sê die voordelig as jy Altzheimers het want
Jy kan jou eie paaseiers wegsteek
Jy maak elke dag nuwe vriende
Jy hoef net een koerant 'n maand te koop en
jy kan jou eie paaseiers wegsteek.


 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Volg ek jou spore Assie en toe ek nou oupa se wysheid oor Altzheimers raaklees in komtaartjie, onthou ek die program op die radio waarna ons vandag oppad terug geluister het. So inbelprogram wat jy nou kan vertel van allerhande rituele oor die kersgety van jou familie en so aan.

Vertel die man van sy broer wat parkinson's disease het en die medikasie wat help vir die stywe spiere en bewerigheid veroorsaak altzheimers. Nou besoek hy sy broer en die twee stap in die gang af na die kamer waar hulle se moeder ook tuis is in die versorgingsoord. Orals hang glo pragtige skilderye.

Reg by moeder se deur hang daar 'n skildery van 'n perd wat jou reg in die oge kyk. Buk die siek broer so vooroor en vryf oor die hare.

"Ek lyk maar oes vandag."

Moet sy broer baie sedig probeer verduidelik dit is 'n skildery, nie 'n spieel nie  :icon_bigsmurf:

Naas:
Die vrou kom by die snykundige aan en wil 'n facelift he voor die einde van die maand want hulle het 'n skoolreunie en sy wil op haar beste lyk. Die snykundige deel haar mee dat dit te laat is. as hulle nou die facelift doen gaan sy nog pimpel en pers in die gesig wees wanneer hulle na die reunie toe moet gaan. Maar hulle het 'n nuwe tegniek ontwikkel. Hulle plant 'n wingnut onder jou hare in op jou kroontjie. Wanneer jy dan voel jou gesig plooi bietjie te veel draai jy net die wingnut bietjie vaster en trek dus die vel stywer. so het jy dan nou kontrole oor jou plooie.
Vrou is baie in haar noppies en laat die prosedure dadelik doen.
Drie maande later is sy terug by die dr en kla dat die wingnut nie meer werk nie. Sy het twee lelike sakke onder haar oe wat nie wil weggaan nie.
Die Dr ondersoek haar en se: "Mevrou, dis nie sakke wat onder jou oe hang nie. Dis jou borste en as jy nie nou ophou om daai wingnut stywer te draai nie gaan jy binnekort 'n snor ook he.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Hahahahaha, Naas Naas Naas. Ek het so pas 'n oordosis lagpilletjies in. Mater, ons het jou GEMISSSS  :toothy4: :hello2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version