Woordskuur > Die Woordkroeg

Fraaie parte en Altzheimers

<< < (6/8) > >>

PM:
Oralsoor op die forum leg ons woordspore diep vore getrap.   :notworthy:   Julle liefde en omgee het my dikwels deur moeilike tye gedra.  :bootyshake:

Anastasia:
Ek en Meraaitjie het juis vanoggend oor facebook se poskaartjies gesels daaroor.  Die forum het daar in 2006 se kant vir my baie beteken.  Die gesels en humor het aandag van die elke dag gesukkel verplaas vir 'n wyle.  Soms besef mens nie hoe mens indirek ander se lewens kan verlig nie, ne?

Meraai vannie Baai:
Faceboek se poskaartjies -  :love7: :book1: :notworthy: Anastasia jou doring!  :icon_biggrin:

PM jy is so reg - ons dra mekaar. Soms onbewus en hierdie omgee is orals tussen ons lyne sigbaar vir baie jare al. Soos jy tereg noem: diep vore getrap in mekaar se lewens.

PM:
Anastasia, ek lag heerlik oor jy wat vertel dat jy nie omgee of ons jou wil hê of nie, maar net vir die rekord, ons is baie bly om jou terug te hê. 
Vandag daar by Em praat ek oor my matertjies op die forum, toe skiet my oë sommer vol trane.  Ek glo nie julle weet hoeveel julle vir my beteken nie.  Sy dink seker ek is koekoes, maar ek is mos.   :icon_biggrin:

Anastasia:
Baie dankie vir die 'my wil hê' deel PM.  Hie hie.  Ja, mense verstaan ook geheel en al nie waarom ek soveel inspirasie kan put uit my 'verbeeldingsmaatjies' op die forum nie.  Ek droom tot soms van hulle!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version