Author Topic: GEMMERKOEKIES  (Read 1671 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1813
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
GEMMERKOEKIES
« on: July 20, 2015, 11:48:28 AM »
GEMMERKOEKIES
(Lewer 4 dosyn koekies)

2 Koppies (500ml) koekmeelblom
½ Koppie (125ml) suiker
2 Teelepels fyn gemmer
Knippie sout
60g Botter of margarine
½ Koppie (125ml) goue stroop
1 Teelepel koeksoda
4 Eetlepels melk

Sit die oond aan op 180º.
Sif al die droe bestanddele saam.
Smelt dan die botter en stroop saam en voeg die koeksoda by die mengsel. Voeg dit dan saam met die droe bestanddele en meng goed.
Voeg nou net genoeg meel by om ‘n stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot ‘n bal vorm.
Rol die deeg dan in klein balletjies en plaas hulle op ‘n botter gesmeerde pakplaat sowat 50mm van mekaar af.
Druk balletjies met ‘n vurk of lepel plat.
Bak vir sowat 10min en laat dan in die plat afkoel na dit klaar is.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2737
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: GEMMERKOEKIES
« Reply #1 on: July 23, 2015, 04:11:36 AM »
As daar nou een ding in die pandok as hoofletter gewild beskou kan word, is dit gemmerkoekies! Duisend dankies ook vir hierdie ene Naas.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2737
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: GEMMERKOEKIES
« Reply #2 on: August 05, 2015, 11:13:28 AM »
Ons klein prinsessie het oom Naas se gemmerkoekies gemaak vandag. Ongelukkig het helfte van die stroop en botter mengsel op die grond beland met "I can do that on my own oumie!" Ek het maar laat begaan en die konkoksie is oond toe. Sy het haar magie trommeldik geeet aan die deeg en die koekies wat wel in die oond beland het, verslind voor dit nog behoorlik koud was.  





« Last Edit: August 05, 2015, 11:15:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1813
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: GEMMERKOEKIES
« Reply #3 on: August 05, 2015, 01:23:58 PM »
So bly sy kon dit self doen.  prysloos kosbaar.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.