Author Topic: Waar is jy?  (Read 19844 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #15 on: November 18, 2011, 07:32:06 AM »
Kyk wat loop ek weer hier raak.  Waar is jy?
Hannes is nog in Sjina maar ek is net hier en is nie van plan om iewers heen te gaan nie. 
Ek wonder waar is Oubaas en Edelsteentjie en WW en Blouetjie en Louis WeKa en...  ons mis julle.
Hier het ons vir Lox hallo gesê en ek is bly hy is nog steeds aan die werk om vir ons elke dag iets nuuts te kom aflewer. 
Dankie aan almal wat so getrou saam gesels.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is jy?
« Reply #16 on: November 18, 2011, 07:56:45 AM »
Waar is jy?

Ek is nou by die werk. Net nou oppad huistoe. Dan vinnig die dubbeldekker laai, en wag vir my beterhelfde. Dan ry ons Beaverlac toe whoop whoop whoop!!!! Berge hier kom ons. Hou vas ons is oppad.  :evil6:
 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #17 on: November 18, 2011, 08:24:31 AM »
hol rond op die plaas nes ek dink dit raak stiller dan dop iets anders uit soos die werkers se huise se septic tenk wat vanoggend besluit hy loop oor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #18 on: November 18, 2011, 10:23:22 AM »
Dit is sulke tye dat 'n mens spyt is jy het werkers en ook dankbaar is jy het werkers.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #19 on: November 19, 2011, 03:43:11 AM »
dis waar ja maar e is hulle meer dankbaar want sonder hulle kan ek nie boer nie en sonder my kan hulle nei aangaan nie
ons het mekaar nodig

ek wens net dat ons slag geld kan kry vir ons produk dat ek hulle 'n goeie verhoging kan gee en ook 'n lekker bonus

as so iets soos die spetic tennk ding gebeur knyp ek maar oë toe en doen die werk en kry klaar en gaan aan waar ons laas opgehou het

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #20 on: November 19, 2011, 05:01:59 AM »
Sit hier om gou-gou bietjie op te vang en koerant lees dan regmaak om Bonnievale toe te ry.
Gaan na 'n venue kyk vir die kinders se troue.
Dit is jammer dat ons nie by Lox kan uitkom om 'n toertjie deur die wingerde en kelders te doen nie.
My (skoon)dogter moet namiddag 'n dansstudend help met haar eksamen passies so ons sal laat terug wees.
Soms is Koffie op die nugter maag net die ding om die nagspinnekoppe uit te rook.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Waar is jy?
« Reply #21 on: November 19, 2011, 07:20:32 AM »
geniet julle se dag. ek is oppad see toe

kom draai i ander dag hier
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #22 on: November 19, 2011, 07:56:13 AM »
Geniet julle dag matertjies, kom veilig tuis.  Ek sal solank soek vir iets om te plaas om oor te skryf.  Dalk lees hier iemand anders wat my wil voorspring.  Ek sal bly wees natuurlik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #23 on: September 30, 2021, 03:42:36 PM »
Waar is ons forummoeder? Smaak my Leeupoort se bojane het haar tande gesteel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Waar is jy?
« Reply #24 on: September 30, 2021, 06:05:44 PM »
Ek hoor julle wonder waar ek dwaal?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #25 on: September 30, 2021, 06:14:12 PM »
Ek het my dood verlang na jou. Vertel bietjie hoe dit gaan.  :hello2: :hello2:  :love7:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #26 on: September 30, 2021, 06:24:44 PM »
Aaai... Fffffvelskoen. Daar verdwyn my noorderliggie weer...
Wou net opgewonde raak.
Hierdie verdomde eensaam gange gaan my na skoolmeisies en groen koeldrank dryf.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy?
« Reply #27 on: September 30, 2021, 07:03:38 PM »
In die hol eggos
van verlate gange,
Verstil woorde
soos verlore gesange.

Gaste wat daar dwaal
luister stom.
Maar versmaaide afwagting
hoor geen woord uit hul kom.

In alleen klowe
word alleengesprekke gevoer.
Geen antwoord om te hoor
as tortelduifie vir homself sit koer.

Dit is so dat alleen mense maar met hulself sit praat, somtyds hulself antwoord. Maar as hul eers met hulself baklei moet hulle liewerste hul bekke hou of 'n sielkundige gaan sien.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Waar is jy?
« Reply #28 on: September 30, 2021, 07:35:49 PM »
Oom Naas, jy moet die skoolmeisies uitlos. Jy's getroud.
Ten minste kan ons twee nog met mekaar gesels.  :pottytrain2: :snorting: :dontknow:

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy?
« Reply #29 on: September 30, 2021, 11:01:52 PM »
Hier is ek ook. Naas, Assie het goeie raad hoor  :toothy4: