Author Topic: OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK  (Read 4620 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK
« on: July 20, 2015, 11:30:39 AM »
Bak eers die Basiese Botterkoek:

5 (300 g) eiers, eiergele van eierwit geskei
300 g sagte botter
300 g strooisuiker
300 g bruismeel

Smeer die koekpan met gesmelte botter en bestrooi dan met koekmeelbom. Skud oortollige meel uit pan.
Klits botter en twee derdes van die suiker (200 g) saam tot lig en romerig terwyl die eiergele by gevoeg word. Maak seker alles is goed saam gemeng.
Sif die meel drie keer en vou in botter en suikermengsel in. meng alles weer goed saam.
Klop die eierwit tot styf en voeg die orige suiker geleidelik by terwyl jy klop.
Meng eers ‘n bietjie van die eierwit in die mengsel goedn in voor jy dan versigte die res ook by voeg. Maak weer seker alle bestanddele is goed saam gemeng.
Sit mengsel in koekpan en bak vir omtrent 50-60min teen 180º of tot die toetspen skoon uitkom.

Dan…

4 Eetlepels (60 g) suiker
4 Eetlepels (60 g) brandewyn – [eie keuse of jy dit wil gebruik]
4 Eetlepels (60 g) strooisuiker
2 Koppies (500ml) sterk swart gemaakte koffie met geen suiker in
2 Koppies (500ml) room
1 Teelepel vanieljegeursel
Geroosterde en gevlokte amandels

Na jy die Basiese Botterkoek gebak het, laat koek in die pan bly om af te koel.
Meng die suiker en brandewyn saam met die warm koffie en roer to die suiker opgelos is.
Steek dan verskeie klein gaatjies in koek met ‘n skerp voorwerp (soos ‘n toetspen of breinaald).
Gooi die koffie mengsel oor die koek en laat alles dan afkoel in die koekpan.
Klop nou die room, versiersuiker en vanieljegeursel saam tot dit styf is.
Keer die afgekoelde koek dan in ‘n pan uit, bedek met die roommengsel en strooi die amandels bo-oor.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK
« Reply #1 on: July 20, 2015, 11:41:24 AM »
Naas, maar hier beindruk jy mos nou vir my?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK
« Reply #2 on: July 20, 2015, 12:14:37 PM »
My se eie ma aan my pa se kant het my geleer bak, kosmaak, brei, hekel en tolletjie brei. Ek kan ook was, stryk en skottelgoed was. Al waarvoor ek my eie vrou nodig gehad het was die kinners. Mens kan mos wragtag nie alles self wil doen nie.
Ek is op die ou end een van daai mense wat net genoeg van alles af weet om as 'n opf*kninja bekend te staan.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK
« Reply #3 on: July 20, 2015, 03:27:22 PM »
Ha ha.  Ja, my ou wederhelf kom ook goed klaar op sy eie.  Ook maar goed so, anders sou die lang tyd sonder my maar eina gewees het.  Ek lag altyd so lekker uit my magie uit vir jou manier van dinge se.  Maar as ek in die omgewing is, is daardie twee handjies van my man maar alte rond en word hy graag bedien.  Maar ek doen dit graag vir hom.  Hy is en was goed vir my.  :bunny:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: OOSTENRYKSE KOFFIEKOEK
« Reply #4 on: July 23, 2015, 04:08:07 AM »
Ons vroue met manne soos myse Outop, onse Naas en jou wederhelf Anastasia, maak die lewe 'n fees en die moeite werd.