Ons Publiseer Saam > Koestergoed vir boek 3

Kos vir die Kroos...

(1/1)

Angelica:
Kos vir die Kroos is die titel van my droom vir Ma.
Ook vir ons kinders.
Met die dood van my Boet 4 verlede jaar ervaar ek weer daardie band tussen die klomp van ons. En Ma. En ek wil dit bymekaar hou deur kleintyd se herinneringe aan tye om die kombuistafel.  Met Pa op die kop van die tafel. En Ma aan sy linkerkant. Die res van ons het die groot ou tafel vol gesit.  Sien, ons was 6 kindertjies wat almal gevoed moes word. Daagliks.  Drie keer per dag.
Dis nou wanneer ons almal daar was, want sommige van ons was op kosskool naby die huis en van hulle was ver en het net vakansietyd huistoe gekom.
Maar eet moes ons eet.
En Ma het bont gestaan om al daardie monde al kouende te hou.
Een herinnering, van die vroegste, is ons almal om daardie groot hout tafel.
En ek wil dit behou.  Ook vir Ma wat hierdie jaar 92jr geword het.  Gelukkig is haar brein nog skerp. Soms nie... Juis daarom wil ek dit nou doen.
Dis heerlik om deur ou, geskrewe resepteboeke te lees.  Daar is staaltjies aan verbonde en datums wat soms aangeteken is:  1958, 1966... ens. En ek wonder waar het Ma gesit toe sy dit afgeskryf het. By die radio?  Uit die koerant of tydskrif?  Want daar is ook uitknipsels uit Die Landstem. Ook uit die Landbouweekblad.
Kosbaar.

Meraai vannie Baai:
Ek hang honger vir nog meer ...  :notworthy: :icon_salut:

Navigation

[0] Message Index

Go to full version