Author Topic: Spikkelhoeners...  (Read 2557 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Spikkelhoeners...
« on: June 28, 2015, 03:05:03 AM »
Jinne, maar julle is mooi
gooi ek die woorde in die bondel spikkelhoenders.
Ek hou sommer baie van julle kleurpalet, sê ek
Lêlle en bêlle is pragtig in...
violet, sê hy
Lyk vir my eerder na aqua, sê ek
whatever, sê hy
Waar gaan julle heen?, vra ek
Stap om die dam soos jy, sê hy
Nie op jou bek geval, sê ek
Nou hoekom is julle voete so vuil?, vra ek
Paadjie is vol modder, sê hy
Nou waarom stap julle nie om die modder nie?, vra ek
Paadjie is die paadjie, sê hy
Daar agter lê klomp mielies gegooi, sê ek
Ons weet, sê hy, Kolgans het gesê
Verstaan jy dan wat Kolgans se?, vra ek
Natuurlik, sê hy, ons is voëls van enerse vere.
Kom ek agter, sê ek
Ek soek 'n spikkelveer.
Kom kry wanneer dit uitval, sê hy.
Wanneer is dit?, vra ek
Wanneer die seisoen draai.
Eers dan?, vra ek.
Vra vir Kolgans 'n veer.
Ggghhhh, ggghhhh, se Kolgans vir Mevrou
Kolgans, sê ek, ek soek jou veer
Om wat mee te doen, vra Kolgans
Vir 'n boekmerk, sê ek.
Eers as die seisoen draai, sê Kolgans.
Aag gaan tjorts in die water, sê ek.
Ek doen alreeds, sê Kolgans.
Ek loop, sê ek.
Suits me fine, sê Kolgans. 
Onbeskof, dink ek
en vat die modderpad.
++++
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #1 on: June 28, 2015, 10:39:04 AM »
Hiehiehie, ek het nou al kekkelende heerlik saam jou gestap. Glad nie op jouse bekkie geval suster  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #2 on: July 01, 2015, 04:45:15 PM »
Lig en verfrissend!  Het dit regtig geniet.  As jy hier kom kuier kan jy elke dag loop en vere optel.  Patryse en ganse en tarentale. Nog ander ook.   :bootyshake:
Ek het al 'n paar ystervarkpenne opgetel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #3 on: July 02, 2015, 08:22:39 AM »
Dit nou gate uit geniet... Se ek.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #4 on: July 04, 2015, 06:12:17 PM »
Ek plaas ook hierdie op FB en 'n oud-skolier vriendin op Oudtshoorn se ek moet asseblief!! 'n brief skryf vir die Hadeda's wat so raas in die bome op hul erf...
Ek soek nog net 'n kombinasie van letters om daai verwoede geskree van hulle te verwoord.
Iets interessant wat ek gehoor het oor Hadeda's:
Hulle het opvangertjies (???  :)  )  in hulle oe wat baie meer lig sensitief is as bv duiwe s'n.  Daarom skree hulle al vroeg soggens as dit nog vir duiwe (en mense) donker is. 
Ek hou van alle diere-geluide.  Net nie 'n  :grommit:-geblaf heeldag nie.  Ek wil sommer Helium in hulle ..... kele inpomp.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #5 on: July 04, 2015, 08:12:05 PM »
Jy moet bietjie die hadida's dophou. Hulle skreeu net as hulle vlieg want hulle ly aan hoogtevrees.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #6 on: July 05, 2015, 09:59:51 AM »
 :toothy4:
Hulle lag vir jou dak en geute wat so vuil is... 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #7 on: July 08, 2015, 03:33:26 PM »
haa-haa- haa-de-dah
maak daai "glanshoender"
hy vra maar net waar 'n wurempie skuil
terwyl hy nagsê vir oupa uil
en 'n nuwe dag in boender.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #8 on: July 12, 2015, 02:22:52 PM »
Net so, PM!!!
 :snorting:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #9 on: August 29, 2018, 08:48:11 AM »
Kyk, ek het my darem nou verlustig op hierdie erf met sy spikkelhoeners en hadidas wat ly aan hoogtevrees. PM, ekke liefffff jou gediggie.
Elle, jy moet asseblief nog sulke geselsverse skryf. Mal daaroor!!

Sluip ek gou terug met 'n boodskap:
 :book1: Jy was die slagoffer van die woorddief  :notworthy:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.0
« Last Edit: August 30, 2018, 11:17:03 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spikkelhoeners...
« Reply #10 on: August 30, 2018, 11:20:53 AM »
Kostelike kosbare kleinnote.
Om te weet is om te verstaan.