Author Topic: Klein dingetjies  (Read 4894 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Klein dingetjies
« on: June 25, 2015, 07:56:39 AM »
Dit is gewoonlik klein dingetjies in die lewe wat mens werklik en opreg gelukkig maak.  Dingetjies wat mens ook eers met jou eie kop moet deurwerk en daaroor duidelikheid ontvang.

Vanoggend is ek met my ou eentonige, maar noodsaaklike sleurwerkies in die huisie hier op die skoolterrein besig. Daar is vandag weer wintersport op die velde aan die gang. Tussendeur hoor ek kort kort die gejuig en gejubel opklink wanneer die een of ander span 'n doel aanteken. Ek het so tevrede gevoel in my. Ek woon in 'n plekkie wat ek kan inrig volgens ons gesin se smaak, ek kan dit huislik en warm maak. Dit is nie ons plekkie nie. Dit is nie watwonders nie. Maar dis 'n plekkie waar ek en my man, en soms my seun as hy hier is, ons kan ontlaai, kan mens wees en ons siel kan loslaat.

En ek dink so aan die baie baie sportgeleenthede wat al deur my man en my bygewoon was, waaraan ons deel kon he. Soveel meer nog, aan al die geleenthede waarin ons aan jong mense se lewens iets kon toevoeg, help om hulle op die pad te sit na die volwassenes wat hulle bestem was om te wees. Met sport (alhoewel ek nie te lief daarvoor ooit was nie, het ek alles, ook dit, met passie gedoen), kulturele bedrywighede soos die geliefde tonele, revues en debatte en redenaars wat ek afgerig het, die skrywerskring waar ek jong skryftalent help vorm het, en ek kan niks anders wees as dankbaar nie.

Dan dink ek aan die situasie waarin ek myself tans bevind, 'n situasie wat my soms neerslagtig maak, depressief. Die daaglikse sleurtakies, geen professionele beroep meer waarin ek my kan uitleef en voel ek maak 'n verskil iewers nie. Maar dan, op 'n geseende oggend soos vanmore, besef ek - dit is soos die Bybel se: Vir alles is daar 'n tyd. Nou is waarskynlik die tyd om te reflekteer, en om die wonderlike dinge wat ek uit Vaderhand deur die jare kon ontvang, en die wonderlike dinge wat ek aan ander daardeur kon deurgee, te 'internalize', soos die Engelsman sal se.

Ek het gister by 'n begrafnis die wonderlike voorreg gehad om van ons oud leerlinge wat eintlik maar ons kinders is, te sien in die wasdom wat hulle bereik het. Wat meer kan ek dan op hierdie oggend voor vra? Waarom sal ek dan nie met 'n jubeling in my hart die toilette skoonmaak, die water skuif en die kos op die stoof sit nie?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Klein dingetjies
« Reply #1 on: June 25, 2015, 08:52:17 AM »
Terug na ons wortels leer ons soms om meer te waardeer. Ons ander kla soms te vinnig met die witbrood onner die arm.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Klein dingetjies
« Reply #2 on: June 25, 2015, 09:05:19 AM »
Eers 'n warm drukkie vir die wonderlike plasing en amen op jou kommentaar Naas. Ek het die afgelope drie jaar geleer om vir die kleinste dingetjies opreg dankbaar te wees. Geniet jou bydraes Anastasia  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klein dingetjies
« Reply #3 on: July 01, 2015, 02:33:57 PM »
Dit is heerlik heerlik om sleurwerkies te doen of sommer net nog 'n stukkie in die bed te bly en verder te lees.   :hello2:
Hoeveel jare het jy gespook en gespartel om almal om jou te versorg en nog jou professie ook uit te leef.  Dit is nou die tyd om 'n bietjie selfsugtig te raak en te baai in die weelde van "werkloos" te wees.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Klein dingetjies
« Reply #4 on: July 02, 2015, 07:46:49 AM »
Dit is soos jy se PM, maar soms verlang ek terug na daardie besige dae.  Dit is mos maar soos alles 'n aanpassing, ook om tot ruste te kom.  My gesondheid is in elke geval van so aard dat ek niks vooraf kan beplan nie, en sal nie 'n voltydse beroep kon hanteer nie.  Ons het weke gelede beplan om vandag mall toe te gaan, en sedert gister het ek weer 'n baie sleg tyd.  Ek het Lupus en een dag is nie soos die volgende nie. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klein dingetjies
« Reply #5 on: July 02, 2015, 11:47:30 AM »
Jy klink so positief Anastasia.  Ek sal ook meer wil weet oor Lupis.  Vertel asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Klein dingetjies
« Reply #6 on: July 02, 2015, 01:16:31 PM »
Soos ek vir Raaitjie elders gese het, ek sal 'n erfie oopmaak daaroor en meer inligting gee.  My internet is stadig deur die dat van 8 tot 5, dis 'n spesiale pakket, goedkoper, dan doen ek meestal my internet dinge snags.  Vir baie baie jare is dit misdiagnoseer by my as net gewone rumatiek. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Klein dingetjies
« Reply #7 on: July 02, 2015, 01:29:14 PM »
En weet jy PM, mens raak 'n positiewe mens as mens eers sonder dingetjies wat mens as vanselfsprekend vir 'n lang ruk moes klaarkom.  Dan besef mens weer watter voorreg alles is.  Klein klein dingetjies wat jou ontneem is, wat jy as vanselfsprekend aanvaar het.  Die ondervinding waardeur ek is, kan jou nie onveranderd laat nie.  Maar dan, soos met alles, het jy agterna die keuse of dit jou ten goede of ten kwade gaan verander.  Ek het ten goede gekies. Doelbewuste keuse.  Ek is regtig baie positief en dankbaar.  En dit maak die lewe vir my en my geliefdes 'n lied.  Wat nog tot meer dankbaarheid lei.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Klein dingetjies
« Reply #8 on: July 02, 2015, 11:22:11 PM »
Lig my hoed en knak die knieg vir jou mater. My plek geboek vir daardie erf.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Klein dingetjies
« Reply #9 on: July 04, 2015, 06:00:29 PM »
In my (baie) jonger dae het ek ook gedink iemand anders maak jou gelukkig.
Soveel mense vertel dat jy jouself gelukkig moet maak...   :dontknow:  Huh???  dink ek.  Hoe vermaak jy jouself.  Hoe, in die wereld, lief jy jouself??
Ek het regtig nie verstaan nie.
Ek worstel deur dinge en verhoudings en huwelike, want dit is mos die plek waar jy totale geluk vind!! 
VERKEERD!!
Ek moes eers diep binne gaan ondersoek instel.  Gaan krap.  Gaan praat en redeneer.. :icon_scratch:
En, jouwaarlik...  geluk le in die klein dingetjies van die lewe, van elke dag.  Hordes daarvan.  Ons moet dit sien en ERVAAR.
Dis in 'n tandelose glimlag van die bergie.  Die hartlike groet van die straatverkoper in die bittere koue as ek my koerant koop.  Dis in die skielike waarneming van die nuwe blaartjie of blommetjie van daardie plantjie wat jy so vertroetel op jou vensterbank...  Dis in die erkenning van goeie werk deur jou baas. Dis in die kat wat buite in die straat rondrol in die son.  Die stap om 'n dam en die ganse en tarentale groet jou.  Die seuntjie wat jou 'Tennie' roep om te wys hoe hy die klippie in die water gooi. Die mossie wat terug fluit as jy vir hom fluit...  Wanneer die werker in doe werkswinkel vir jou kom roep om die baba-mossie in die nessie te kom sien..Dis orals. Ons moet net kan waarneem.
Ek omring myself met hierdie klein dingetjies en is waarlik gelukkig. 
Ek is net spyt dat ek dit nie baie vroeer al kon verstaan nie.
elle

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Klein dingetjies
« Reply #10 on: July 05, 2015, 06:38:02 PM »
Dit is net soos jy dit daar so mooi beskryf, Angelica.  Ek self is so spyt ek het soveel gemis deur dit nie vroeer te kon weet nie.  Maar ons is nog van die gelukkiges.  Daar is die meerderheid mense wat NOOIT tot die besef ooit in hul lewens kom nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klein dingetjies
« Reply #11 on: July 08, 2015, 03:46:32 PM »
Dit is werklik 'n feit.  Mens waardeer iets eers as jy dit nie meer het nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Klein dingetjies
« Reply #12 on: July 09, 2015, 12:16:15 PM »
Om die verte te kan inkyk, en klein dinge soos om gras onder jou voete te kan voel is nou vir my so 'n luukse.  As mens drie jaar en drie maande binne 'n baie klein spasie moes leef en beweeg, is mens se hele ingesteldheid vir altyd verander.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!