Author Topic: Wat maak 'n huwelik gelukkig?  (Read 5403 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« on: June 24, 2015, 07:55:12 AM »
Vandag kom gee ek raad aan die jonger geslag, en dit is enige een jonger as so 58 jaar. Ek dink ek kan met gesag praat na 'n saamwees van 40 jaar en huwelik van 36 jaar.

WAT HOU 'N HUWELIK STAANDE EN GELUKKIG?

Is dit aardskuddende seks?

Is dit hope en hope geld en sekuriteit?

Is dit twee perfekte mense wat nooit foute maak nie en soos 'n seilskip sonder enige wind van voor of storms voortseil op 'n spieelgladde oseaan?

Is dit as jy so gelukkig was om jou 'sielemaat' te kon ontmoet, en trou, en op 'n wit perd in die ondergaande son weggalop het om te 'happy ever after'?

NEE. Nie een van die belaglike redes hierbo waarom mense gewoonlik idealiseer vir 'n 'gelukkige huwelik' nie.

Dit is die klein dingetjies wat mens gelukkig maak en soos gom aanmekaar vasbind. Dit is die KLEIN herinneringe wat mens saambou, wat mens op 'n stil oomblik by jouself laat glimlag en maak dat jy nie kan wag dat julle weer saam is nie. Soms kleine beuselagtige dingetjies, wat vir ander na trivia sal lyk.

Soos julle tweetjies saam wat vir 'n hele dag lank in die kombuis saam werskaf, sop maak en beskuit bak, en die interaksie daarvan en die harmonie van twee lywe wat in een klein kombuisie saam werskaf sonder wrywing, en bakkend en brouend diep hartsgevoelens blootle.

Dit is soms net maar in die kyk in die oog, die lag en die traan, die lief en die leed. Dit is soms juis die storms ter see wat bind. Liggaamlike deel is belangrik ja, maar is nie wat ewig bind nie. Geld en sekuriteit maak natuurlik vir almal die lewe makliker, maar soms bring juis dit wrywing en ongeluk, soms is ontbering daarvan juis hardelym.

 Foute kan vergewe word. En as mens vergewe, moet dit vergewe, en vergeet wees. Vergewe is nie om dit te begrawe tot die volgende woordewisseling nie. Vergewe is soos om 'n geliefde te begrawe. Dis permanent. Niemand wil tog ooit weer 'n ontbindende lyk opgrawe nie, al verlang jy hoe na daardie persoon. Dis net te grusaam.

 Die teorie oor die 'sielsmaat' is geweldig over-rated. Wat is nou jou sielsmaat? Een wat presies dieselfde belangstellings het? Een wat jou nooit kritiseer en foute in jou raaksien en uitlig nie? Een wat jou gelukkig maak? (Mens is vir jou EIE geluk verantwoordelik)
Jou sielsmaat is die een met wie jy 'n eie, unieke geskiedenis bou. Dit is daardie einste geskiedenis, met al sy positiewe en negatiewe, met al sy goed en sleg, wat maak dat jy op 'n dag dat jy so woedend is dat jy gerus moord kan pleeg of jou tasse wil pak, besin, en weer probeer .... en weer.... en weer....

'n Gelukkige huwelik bestaan uit jare en jare se oomblikke. Oomblikke van intense geluk. Oomblikke van ekstase. Oomblikke van wrewel. Oomblikke van alleen voel. Oomblikke van kritiek. Oomblikke van hartsgoed deel. Oomblikke van saam lag, saam hartbreek, mylpale wat saam geleef word. En dan, op 'n dag, kyk jy terug en besef hoe baie geskiedenis daar saam is, en dat dit net onmoontlik sou wees om jou rug daarop te moet keer.

'n Gelukkige huwelik is 'n WILSBESLUIT. Dit is nie 'n GEVOEL nie. En alhoewel dit nie die taak van die lewensmaat is om jou gelukkig te maak nie, maak dit JOU baie gelukkig wanneer jy dit jou taak ag om daardie maat gelukkig te maak.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #1 on: June 24, 2015, 11:56:37 PM »
 :icon_salut: :notworthy: Dit is so so waar. Puik saamgestel Anastasia!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #2 on: June 25, 2015, 07:41:59 AM »
Dankie Meraai.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #3 on: June 25, 2015, 10:27:21 AM »
Wyse woorde. 36 jaar later stem ek volkome saam. Jy besef natuurlik dat jou kinders gesien word as natuurfratse omdat hulle ouers nog getroud is. Meeste kinders bly deesdae in gebroke huise.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #4 on: June 25, 2015, 10:32:21 AM »
Jy is heeltemal reg, Naas.  En meeste van die kinders van ons kallers se jare mense wat geskei is, se kinders is selwers ook geskei.  Soos ek se, moord en egskeiding het al baie die lyne gekruis, maar op die ouderdom as mens terugkyk, besef mens die genade van dit alles.  Sluit julle skole ook more?  Ek en ou paps gaan lekker kuier, hulle sluit more.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #5 on: June 25, 2015, 10:37:36 AM »
Ek is op die oomblik by 'n kollege en ons sluit eers Dinsdag maar dan gaan Oupa Naas ook 'n paar dae Aghulas toe vir 'n welverdiende blaaskans.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #6 on: June 26, 2015, 11:22:56 AM »
Gaan geniet geliefde mater, jy verdien!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #7 on: June 28, 2015, 03:34:30 AM »
Wat maak 'n huwelik gelukkig?
Leer mekaar eers ken. En besluit dan of jy die res van jou lewe saam met hierdie een persoon wil deurbring. Tot dalk bitter oud.
Skrikwekkend.
Gee 100%.  Ontvang 100%.
Kommunikasie.
Soos 'n tante gese het toe hulle gevra is wat is die resep dat hulle so lank met mekaar uitgehou het:  Nooit aan egskeiding gedink nie.  Wel baie aan moord.   :icon_biggrin:
Ek dink nie daar is 'n resep wat jy moet volg nie.  Wel riglyne. En baie harde werk. En tande kners.
Maar besef dat twee individue met dalk heel uiteenlopende geaardhede in een bed gegooi word.  Tot in der ewigheid.  Dit is vir my soos om jou eie identiteit te verloor om iemand anders te akkommodeer.
Werk nie vir my nie.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #8 on: June 28, 2015, 11:14:11 AM »
Ek wonder of iemand bereid gaan wees om te gesels oor die betrokkenheid van skoonouers aan beide kante in 'n huwelik (positiewe/negatiewe bydraes). 
« Last Edit: July 02, 2015, 01:34:22 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #9 on: June 28, 2015, 05:09:24 PM »
O jinne... Ek wil soms warm onnerie koller raaik as daar ALTYD na 'n skoonma wat inmeng, verwys word.
Wat van 'n Skoonpa?
Wat van 'n Skoondogter?
Wat van die Skoonseun???
Natuurlik, die band tussen 'n Pa en sy dogter en 'n Ma en haar seun is baie sterk.
Ek wil net die beste en mooiste en liefdevolste huwelik vir my seun he.  En ek het geen, maar geen rede om in te meng in my kind se huwelik nie.  Want, hy het die beste vrou getrou wat by hom pas. Wat hom liefhet NET SOOS HY IS. En hy duld geen inmenging in hul huwelik nie. Nie van sy Ma nie. Ook nie van sy skoonouers nie. Gelukkig is ons almal baie gelukkig met die huwelik tussen die twee kinders en ek is versot!!! op my skoondogter. Hulle moet self die potjie krap. 
Ek meng nie in nie. Ek kuier nie as ek nie genooi word nie.  Ek skakel nie heeldag om te hoor hoe dit met seuntjie gaan nie.  Ek weet dit gaan goed. Ek weet hulle is gelukkig.  Ek weet hulle is volwasse en sal elke situasie hanteer op 'n volwasse manier.
Ek is sooo gelukkig om my seun so gelukkig te sien. En so verlief soos die afgelope klomp jare.
Voorwaar spesiale kinders.  En dit maak my gelukkig en kalm.   God is die Hoof van hulle huwelik.
En dan is daar die skoonma wat haar seuntjie se fisiese geweld goedgepraat het, want die vrou verdien dit.   :crybaby2:    Biets. Maar sy is laaaankal vergewe. Want shame, sy weet nie van beter nie. Sy was 'n groot % deel van die verbrokkeling van my tweede huwelik.
Dan het ek 'n skoonma gehad (eerste) wat my wou leer hoe om pap te maak. Onder andere...  :nono:  Ek het nooit weer pap (probeer?? LOL ) maak nie. Ek volg my eie kop en maak pap soos ek dink dit gedoen moet word. Sou ek wou.   :angel12:
Ek is nie goeie materiaal vir tot in der ewigheid saam te wees nie.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #10 on: July 01, 2015, 12:51:07 PM »
Hierdie jaar is dit 45 jaar van 'n gelukkige huwelik.  Ek is gelukkig. 
Toe ons getroud is was my skoonmoeder al oorlede en my man en my ma was die grootste van vriende.
My ouers het Hannes op die hande gedra, en hy vir hulle. 
My kinders is heel om die ander kant van die aardbol, gelukkig sit hulle nie met 'n
"indringer slingerplant" in hulle huise nie.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat maak 'n huwelik gelukkig?
« Reply #11 on: July 02, 2015, 08:01:03 AM »
Alhoewel my skoonouers nou al feel van die dinosaures famielie is (uitgesterf) was ek mal oor hulle. Beie ma en pa. Ek mis hulle. Skoonma was 'n wyse vrou en ek het baie by haar geleer.
As ek van oor skoonma's grap, dan mid ek in my vlak binneste my skoonma.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.