Author Topic: Hartlik welkom Anastasia.  (Read 6939 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hartlik welkom Anastasia.
« on: June 16, 2015, 12:12:40 PM »
Dit was 'n groot verrassing toe ek vanoggend uiteindelik opvangs het en ek sien jou briefie om aan te sluit.  Baie welkom en ek hoop van harte jy sal baie gelukkig hier wees en saam kuier en gedigte plaas.  Hier by die "Afrikaanse" forum kan jy ook Engelse gedigte plaas. 
Hartlik welkom!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #1 on: June 16, 2015, 05:25:34 PM »
Baie dankie.  Ek is skoon vreemd vir al die maniertjies en plekkies van die forum, alhoewel dit steeds dieselfde is.  Was so lank sedert ek op 'n forum was.  Baie dankie vir die welkom laat voel, ek het op 'n ander plek ook gaan spoeg en plak, hoop dit was nie op 'n verbode plek nie.  Ek het baie gedigte om te deel, en baie gesels wat wil uitborrel.   :hello:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #2 on: June 16, 2015, 11:05:38 PM »
 :hello2: Welkom, welkom welkom. Ek is altyd honger vir geselsskap  :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #3 on: June 19, 2015, 12:04:00 PM »
Bring daai gedigte. Ons wag in spanning. PM sukkel bietjie met haar ontvangs maar ek is seker sy sal vir jou 'n plekkie maak daar waar ons almal so saam ons eie dinge doen.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #4 on: June 19, 2015, 01:18:12 PM »
My plek geboek  :hello2: :notworthy:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #5 on: June 19, 2015, 03:02:36 PM »
Dankiejulle.  Ek is besig met 'n uitgewer om my bundel "Verse in Aanhouding" persklaar te kry, maar ek mag lusmakers plaas.  Sal graag as my plekkie geskep is.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #6 on: June 19, 2015, 06:21:13 PM »
Tot tyd en wyl my eie skryfplekkie gevestig is, deel ek graag die een gedig sommer hier.  Hoop julle vind dit reg so?

Vakuum
 
Ek is teenwoordig
In my afwesigheid.
 
Môre se môres
Het verdwaal is die glipstrome
Van gister se gisters.
 
Uurwyser
Almanak
 
En ek-
‘n Randfiguur
Stille getuie
Dat ek
Eens was …
Steeds is?
 
Vasgevang in ‘n vakuum.
 
© Anastasia Bester 19 November 2011
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #7 on: June 20, 2015, 10:37:28 AM »
Aai vriendin, so min woorde se soveel en deel soveel gevoel. My eerste ervaring/taksering van 'n gedig is wanneer dit my dwing om weer te lees om beter te verstaan. Hierdie een sal ek weer en weer lees want daar is soveel gese wat verstaan uitlok...
Pragtig meisiekind. Jy mag maar.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #8 on: June 21, 2015, 09:31:21 AM »
Dankie, Naas - tyd verander niks wat belangrik is nie.  Jou opinie is steeds vir my van groot waarde.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #9 on: June 22, 2015, 10:13:16 AM »
Oeps!  Ek vra groot verskoning.  Gaan sommer nou dadelik vir jou 'n plekkie skep.
Hier is ons baie gemaklik.  As jy iets op 'n plek plaas waar jy gemaklik voel is dit goed met ons.
Jy kan gerus hierdie pragtige werkstuk in jou eie plekkie ook plaas. 
Een van die dae sal ek 'n poskantoorlyn kry en dan  is ek weer op die lug. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #10 on: June 22, 2015, 11:28:51 AM »
Mag ek ook bedel (weer  :icon_bigsmurf:) vir so plekkie sebliefie PM?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #11 on: July 01, 2015, 02:27:49 PM »
Skuus Nonnatjie, jou plekkie is reeds geskep.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hartlik welkom Anastasia.
« Reply #12 on: July 02, 2015, 09:46:01 AM »
 :notworthy: :hello2: :icon_salut: