Author Topic: Kom plaas julle resepte hier.  (Read 15871 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #15 on: July 09, 2015, 04:27:19 AM »
Dit sal goed wees as ons dit in dieselfde formaat kan doen as Boek 1 en 2.
Ons moet egter in gedagte hou dat kostes heelwat meer gaan wees as die voriges.
elle

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #16 on: July 09, 2015, 04:37:59 AM »
Kloeksusters by Kerslig...   :sign10:
elle

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #17 on: July 11, 2015, 02:06:27 AM »
Met hierdie resep het Ma Eerste Prys gekry op 'n Skou op Wittedrift in 1959.  Was skaars 'n handhoogte oud. 
Maar ek onthou hoe die saal gelyk het met die heerlikste kosse en gebak.
Ma vertel dat terwyl sy met een van die boeties swanger was, sy ook so gebak het tot diep in die nag en dan weer vroeg soggens om haar inskrywings so vars as moontlik voor te sit.  Swanger, bak self vir die Skou en werk dan ook nog daar tot watter tyd. 
Een van die dames het 'n nog stomende souttert (deesdae is dieselfde ding mos 'n quiche..) kom neersit en Ma was swanger, belustig, honger.
Die beoordelaar sny 'n klein stukkie uit die gereg en die moet dan geproe en beoordeel word.  Toe sy haar rug draai, druk Ma 'n stuk souttert in haar mond...  :toothy4:
Heerlike, skreeusnaakse staaltjies uit die dae van die Skoue. 
Hier volg Ma se resep:

Drie Minuut Dadelbrood
Die Landstem 24/05/1958 - Eerste Prys Wittedrift Skou  1959
Bestandele: 
1/2 K Botter
1 3/4 K meelblom
2 Eiers
1/4 T Gerasperde Neut
2 T Bakpoeier
1/2 K Melk
1 1/4 K Bruin Suiker
1/2 T Fyn Kaneel
1/2 Lb Gesnipperde Dadels
Sout
Metode:
Plaas alle bestanddele in mengbak.  Klop 3 minute lank goed saam.  Gooi mengsel in gesmeerde broodpan en bak 1 1/2 uur in matige oond.
++++

elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #18 on: July 11, 2015, 03:07:26 AM »
Lief die kuiertjies rondom die bestanddele en aanwysings  :hello2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #19 on: July 11, 2015, 08:46:04 AM »
Geplooide koeksusters en pastoriepiesangs?
Erens moet my wenpotjie se resep nog wees. Ek sal gaan soek.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #20 on: July 11, 2015, 10:41:31 AM »
Naas, sekerlik het Ouma Naas resepte en disse gemaak wat jy graag met ons wil deel??
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #21 on: July 11, 2015, 12:10:59 PM »
Ek sal so maak. Moet net die boeke by vroulief kry.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #22 on: July 16, 2015, 02:44:07 AM »
Nie-Die-Gewone-Peertert

4 Pere
50g Botter
250ml (1K) Suiker
400g Skilferdeeg
15ml (1E) Gesmelte Botter

Skil die pere, verwyder die klokhuise en sny in kwarte en dan weer elke kwart in drie.
Smelt die eerste maat botter en suiker in 'n groot pan met 'n metaal handvatsel. (Trust me..)
Rangskik die pere soos 'n wawiel in die bottermensel.
Rol die deeg oop op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny 'n sirkel wat groot genoeg is om die pere te bedek. 
Plaas dit op die pere en bestryk met die tweede maat botter.
Plaas die pan vir 15 minute oor medium hitte op die stoof sodat die pere gaar word en plaas dan in die oond.  Bak teen 220C vir 10 minute of tot die deeg goudkleurig is.
Keer die tert op 'n opdienbord uit - met die deeg na onder - en sit warm voor met geklopte room.  (Of vanielje-roomys).

« Last Edit: July 16, 2015, 02:51:22 AM by Angelica »
elle

Offline Angelica

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom plaas julle resepte hier.
« Reply #23 on: July 16, 2015, 02:57:34 AM »
Nie-Ma-Se-Appeltert-Nie

Ek weet werklik nie wie die skepper van hierdie stukkie vreugde is nie, maar kom ons probeer.

400g Versoete Brosdeeg
1 x 825g Blik Tertappels
1ml Fyn Naeltjies
2ml Fyn Kaneel
5ml Fyngerasperde Suurlemoenskil
Water
Suiker
(Nie eens 'n ou bottertjie nie, ai.)

Rol deeg 2mm dik uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
Voer 'n 20cm tertbord daarmee uit.
Meng die appels, naeltjes, kaneel en suurlemoenskil en skep dit oor die kors.
Rol orige deeg weer uit en sny 'n 20cm sirkel vir die bo-kors.
Plaas dit oor die appel en druk die rande vas. 
Bestryk met water, strooi suiker oor den bak teen 190C vir 25mins of tot ligbruin.
Sit warm of afgekoel voor met room of vanielje roomys.
elle