Author Topic: Stem vir Gary se MAL party!  (Read 2195 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Stem vir Gary se MAL party!
« on: May 20, 2015, 04:07:39 PM »
Stem vir Gary se MAL party!

Joe en Marie doen aansoek vir werk by n onderdele winkel. Hulle wissel 'n paar woordjies toe hulle saam by die winkel aankom en sit toe elkeen by 'n stoel en wag hul beurt af. Marie is baie op haar senuwees, want vandag is sy hier vir die onderhoud. Joe het aansoek gedoen vir Winkelbestuurder en Marie vir die Administratiewe pos. Joe lyk koel en kalm, maar met die CV wat hy het, kan hy berge versit as hy wil, maar Marie is 'n senuwee vraat en gou is sy uit haar gemaksone. Dit is eerste Joe se beurt vir sy onderhoud met die winkeleienaar en hy verdwyn agter die deur. Marie sit en vrommel haar sneesdoekie dat die frimmeltjies al grond toe begin val. Haar handpalms sweet en die onbekende is vir haar senutergend. Wat na 'n ewigheid voel, kom Joe en die eienaar uit die kantoor gestap op n gemoedelike trand. Wel, vir Joe lyk dit ten minste belowend.
Marie word vriendelik ingenooi na die eienaar se kantoor. Sy word genooi om te sit en toe gebeur dit. Die eienaar se skoen haak vas aan die stapels Time tydskrifte in die hoek en hy strompel sonder enige brieke na sy lessenaar. Dadelik verdwyn Marie se senuwees en sy sukkel om die lag te beteuel. Sy weet nie of hy dit doelbewus so beplan het om haar meer op haar gemak te stel  en of dit 'n ware amperse ongeluk was nie, maar sy voel baie beter. Hy gaan sit op sy stoel en probeer ongemerk die pyn op sy maermerrie te vryf. Hy stel homself as Gary voor en die onderhoud verloop verder sonder haakplekke.
So gebeur dit dat Joe en Marie deel word van die onderdele winkel en Gary se veldtog. Joe en Marie val gou in en daar is nie tyd vir vreemd voel nie, hulle word gou hul opdragte gegee. Gary is leier van die MAL party. Dit staan vir Menslike Allerbelangrike Lewensregte.  Al die personeel lede help  met die veldtog en die winkel. Terwyl daaglikse verkope in die winkel die normale dag-tot-dag take verloop het, was daar ook tussendeur hard aan die werk aan Gary se veldtog, twee vlee met een klap. Gary is 'n interessante persoon. Hy is vreeslik lomp in dinge wat hy doen. Laat hulle soms hulle wange byt net om nie uit te bars van die lag nie. As leier en met toesprake is hy puik. Deur sy lompheid van optrede, trek hy toeskouers soos vliee. Dis asof die toeskouers wag vir hom om een of ander ding oor te kom, maar word gefasineer deur sy uitstekende vermoee om sy woorde uit te druk wat hulle skaars laat asem haal. Hy sweep hulle op soos iemand wat 'n towerwoord uitspreek en hulle volg blindelings. So word die getalle net meer en meer en die party groei by die dag. Dis harde werk en soms word daar laat ure ook ingesit om alles gedoen te kry. Van T-hemde wat gedruk moet word met Gary se gesig en die party se naam en kleure, plakkate en bekers, noem maar op, moet gedruk word. Alles word behartig in die winkel.
Die personeel is ook uniek in hulle veskillende geaardhede. So byvoorbeeld het Marie 'n vreeslike ding oor die goed wat sy in die yskas sit by die werk. Elke jogurt, bakkie kos of koeldrank is gemerk met haar naam op, maar sy bewaak die yskas soos 'n arend haar kuikens beskerm. Joe hou niks van stomp potlode nie. Elke oomblik maak hy hulle skerp. Selfs by die huis het hy 'n arsenaal potlode, elkeen ewe skerp. Hy is ook vreeslik puntenerig en hou van alles netjies. Anja wat die sekretaresse is, glo weer haar selfoon het die beste sein onder die grond. Met die gevolg dat sy etensure buite na uitgrawings soek om daarin te klim en op haar selfoon te praat. Die vorige dag het sy in 'n tonnel gekruip waar hulle ou pype opgegrawe het. Gille het skielik van onder die grond opgeklink. Een van die werkers het haar te hulp gesnel en haar gaan uithaal. Sy het met haar kruipery ondergronds op 'n hasie afgekom wat gereken het, dis sy tonnel en haar probeer uitjaag het. Bedremmeld en vol stof, het sy soos 'n drenkeling aan die werker se arm geklou. Hy het haar natuurlik ongemerk probeer afskud en in die proses met sy elmboog in haar ribbes gestamp. Met 'n hoes het sy haar uit die voete gemaak om haarself respektabel te maak in die dames kleedkamers. Die omstanders het uitgebars van die lag, dalk oor die verligting dat dit nie n lewens gevaarlike situasie was nie, of die prentjie wat Anja gemaak het met die stof gesiggie en stofgekoekte hare en 'n verdwaalde erdwurm op haar voorkop.Dit alles maak die werk interesant en nie 'n vervelige oomblik gaan verby nie. Dan is daar die tweeling wat agter die toonbank die verkope behartig. Hulle is identies en wanneer iemand vra vir hulp, weet die klient gewoonlik nie vir wie hy om hulp gevra het nie. Die grootste uitdaging is om te baklei teen die ander partye en tegnologie wat hul soms in die steek laat. Krag wat met tye afgaan, maar dis ook nie 'n ramp nie. Gou het hulle daardie bruggie ook oorkom. Almal werk lekker saam en dit help met die groei van die party en die sukses van die winkel.
Gary moet weer 'n toespraak lewer om nuwe lede te verower en sy toespraak is uitstekend.  Hy maak nie beloftes wat onrealisties is nie, maar spreek onderwerpe aan wat dringende aandag verg en 'n oplossing gevind moet word. Met die afklimslag van die podium, skeer sy broek en met die oorsensitiewe mikrofoon wat elke geluid optel, weet elke toeskouer van sy dilemma. Hy buig ewe grasieus en maak 'n hulpelose gebaar met sy skouers. n seuntjie basuin dit kliphard uit."Kyk die omie se broek het 'n gat in!". Die verowerde mense waai dit weg met 'n handgebaar, maar die pers is ongenaakbaar en maak van elke geleentheid 'n gebeurlikheid en dit word neergepen. Sommige bestempel dit as 'n ongeluk, ander bekyk met geniepsigheid daarna en bevraagteken sy bevoegdheid as leier van 'n party. Sy personeel staan bankvas agter hom en weet wat hulle in hom het. Nuus is geneig om gou oor te waai en daar is altyd iemand anders wat sorg vir nuwe opspraakwekkende onderwerpe.
Na-ure gaan die personeel na Gary se huis waar hulle die veltog bespreek en verder reel. Die eerste keer wat Marie die huis sien, was sy oorweldig, nie deur die luuksheid wat sy gedink het 'n eienaar van 'n onderdele winkel verwag sou word nie, maar dat die huis dateer uit 'n outydse era. Die kombuis se bont blompatroon-muurpapier en die yskas se deur wat jou tone nerfaf stamp as jy iets daaruit wil haal omdat dit so laag is. Die  badkamer met sy bal en klou bad het haar laat dink aan 'n Drakula fliek. In die sitkamer pryk die groot banke met die houtleunings en geblomde stowwerige mat. Alles netjies en op sy plek, maar heeltemal uit die normale moderne era. As sy haar sin kan kry wanneer hul sukses behaal, verander sy die huis in iets manjifiek. Sy noem dit in 'n grap aan Gary en hy waai dit weg met 'n handswaai. Daar word verder gewerk aan die ontwerp van nuwe plakkate en by hordes uitgedruk. Die veldtog is in volle swang en alles verloop volgens plan. Somds moet die tweeling vinnig uit die winkel uithardloop voor sluitingstyd en met die toestemming van die nodige gesaghebbendes, word die plakkate teen alke paal geplak.
n Roete word uitgewerk om die veldtog te bemark en daar word reelings getref met die winkel voor Gary, Marie, Anja en Joe vertrek. Anja het ook 'n paar keer deur die gemoedelike gespot van die personeel deurgeloop met haar selfoon opvangs en almal is in 'n gemoedelike bui toe die bus vertrek. Gary het 'n haarknip by die salon gekry voor hulle vertrek nadat hy self voor die spieel probeer het om sy hare n bietjie op te knap. Die knipper het gegly en n hap in sy hare geknip. Marie se oe wou uit hul kaste spring toe sy die volgende dag vir Gary by die deur sien instap oppad na sy kantoor toe. Sy het aangedring dat hy na 'n ordentlike haarkapper toe gaan en laasgenoemde moes al sy kreatiewe vermoee bewys om 'n aanvaarbare nuwe haarstyl vir Gary op te tower. Gary is al klaar lomp hulle wil nie nog van hom 'n bespotting ook laat maak nie. Soms dink Marie dat Gary eerder op die stoel moet stilsit en toesprake oefen sodat hy uit die moeilikheid moet bly.
Hulle stop 'n bietjie langs die see om voete nat te maak, het lanklaas hierdie weelde beleef. Die mans rol broekspype op tot by die kniee en die vrouens hardloop in die water met opgetrekte rokke. Dis 'n baljaar en mekaar natskop met die water en later sit almal druipnat op die sand. Hulle val sommer in by 'n klomp kinders wat sandkastele bou en daar word lustig fotos geneem. Dis 'n goeie advertensie vir hulle veldtog. Die kinders hou later op bou en vergaap hulself aan die grootmense wat mekaar met die sand begin toetakel met Gary in die middel. Hulle vertrek verder in 'n gemoedelike stemming om by die hotel te gaan inboek om n welverdiende stort en rus te geniet voor hulle by 'n geselligheid moet aansluit wat vir hulle gereel is. Tydens so 'n geselligheid staan Gary te naby aan die vuur en gesels met twee manne wat wil weet hoekom hy die party gestig het. Hy raak so in vervoering met sy geesdrif dat hy nie agterkom sy baadjie vat vlam nie. Die mans staan na sy geklappery en die vrouens giggel. Die kok kom nadergehardloop met 'n bak yswater en gooi dit sonder waaskuwing oor Gary uit. Hy's papnat en bedremmeld en glip weg om droee klere te gaan aantrek. Sy gesig wys niks van sy verleentheid nie en maak of niks gebeur het nie.
Daar word hospitale besoek en spesifiek op die siek kindertjies en oumensies, gekonsentreer. Dis heerlik om te sien toe Joe sy rooi neus uitpluk en narmanewales uithaal om die afgematte gesiggies bietjie sprankel vir die dag te gee. Hy het sy roeping gemis en Gary deel vir almal lekkertjies uit. Die susters hou natuurlik 'n wakende ogie om te sorg dat die suiker inname nie te veel is nie, anders sit hulle met kleine patientjies wat die kindersale op hol jaag. Joe verseker hulle hy wil nie verander van beroep deur by die sirkus aan te sluit nie. Anja maak aantekenings sover hulle gaan, beplan nog byeenkomste en belangrike okkasies waarby hulle nog moet uitkom. Marie beantwoord die selfone van mense wat geleenthede beplan waarby Gary ook 'n aandeel moet he en elkeen doen 'n belangrike werkie. Die toer verloop goed en die veldtog kan nie beter nie. Dinge by die winkel loop ook op ge-oliede wiele.
Die volgende dag is Anja bietjie olik, seker te veel stof met die tyd ingeasem deur so in tonnels te soek vir sein, sy nies aanmekaar en die neus is rooierig. Sy besluit om in die bed te bly en Marie met alles te laat aangaan. Marie se brein voel of 'n tekker paadjies oopgekloof het van alles wat sy moet onthou en doen. Voel sommer verlore sonder Anja. Gary praat haar moed in en stamp in die proses die melkbekertjie om wat langs haar op die skinkbord staan. Die melk spat op haar notaboek en sy bars sommer in trane uit. Syt nie lank tyd vir trane stort nie, toe die telefoon lui en sy ingelig word dat daar 'n Kermis is in die volgende dorp. Dit word gehou ten bate van kankernavorsing en sal goed wees as hulle daar ook gesien kan word. Daar word vinnig in die veldtog bus ingespring waarop Gary se gesig pryk en hulle bereik die dorp in rekordtyd. Gary loop van stalletjie tot stalletjie en knoop 'n vriendelike geselsie, verower n hele paar nuwe stemme en harte. Met sy sjarme kraantjie nog steeds in volle stroom oopgedraai bevind hy hom by 'n donkiekar waarby twee donkies ingespan staan. Elkeen met 'n strooihoed op die kop waarin blommetjies van alle kleure ingeryg is. Vir die grap en 'n fotosessie klim Gary op die donkiekar en glimlag breed toe Marie 'n paar foto's neem. 'n Seuntjie met 'n sproetgesiggie kom aangehardloop terwyl hy 'n yslike geraas maak op 'n vuvuzela en die arme donkies skrik so groot dat hulle al om die rugbyveld begin hardloop. Gary is onkant gevang en val dwars oor die houtbankie wat vas is aan die donkiekar. Hy ry hik-hik saam en kan nie vashou op die plekke wat dan en wan op die donkiekar vasslaan nie. Almal staan en toekyk, sommige lag uit volle bors en ander kry die arme Gary verskriklik jammer. Dit sal sowaar nie gou vergeet word nie. Gelukkig word donkies ook moeg en kom geleidelik tot bedaring. Niemand het kans gesien om soos 'n wafferse held of akrobaat op die donkies se rue te klim en hul tot stilstand te bring nie. Gary bly le. Te bang om te beweeg. Die mense hardloop na die donkiekar toe en twee fris manne help vir Gary van dit af. Hy is so wit soos 'n laken, maar glimlag braaf. Joe neem hom hospitaal toe waarmee die dokter hom toerus met pynpille vir die een gebreekte rib. Hy het 'n paar skraapplekke ook, maar niks wat nie met tyd sal weggaan nie.
Een Sondagmiddag toe Marie en Anja op die hotel se stoep sit en koeldrank drink, kom die bestuurder, Douglas, uitasem met die stoeptrappies opgehardloop. Die bus is weg! Hy het 'n uiltjie geknip onder die Jakaranda en toe hy opstaan om die bus bietjie te was, is dit net weg. Die meisies probeer kalm aan 'n verklaring dink wat aangaan en gaan na Joe se kamer om hom te vra of hy iets weet. Daar is niemand nie en Gary se kamer is ook leeg. Hulle gaan na die ontvangs toe en die dame daar deel hul mee dat die mans daar uit is elk met 'n visstok. Marie is sommer dadelik vies dat hulle nie ingelig is van die manne se planne nie. Anja dink weer dis 'n groot grap. Hier stap twee manne uit die hotel elkeen met 'n visstok wat hulle wie weet waar gekry het. Hulle het geen ander keuse as om maar te wag tot hulle terugkeer nie, aangesien net Anja 'n selfoon by haar dra. Voor skemer kom hulle daar aangery met die bus en 'n klomp ander mans. Hulle het vir die hotel 'n paar dorstiges saamgebring. Douglas het besluit om nie meer te wag om die bus te was nie en het na sy eie kamer gegaan. Omdat Gary hulle baas is, het Marie nie 'n woord teenoor hom gerep oor hoe vies sy vir hulle was dat hulle sommer net so verdwyn het nie, maar Joe was deeglik die kop gewas daaroor. Hy het net gelag en gaan slaap.
Die veldtog loop einde se kant toe. Om te beweeg is 'n beproewing en lag nog meer. Gary se rib herinner hom kort-kort aan die dag by die Kermis. Nog toesprake word gelewer, nog gebeurtenisse volg en uiteindelik kan hulle teruggaan na die winkel en hul eie lewens. Hulle party het nie gewen nie, alhoewel dit goed gedoen het, maar die avontuur het beslis vir hulle nuwe deure oopgemaak, nuwe vriendskappe is gesmee en plekke gesien wat hul nie andersins sou nie.
Gary is weer genees van sy gebreekte ribbetjie, Anja soek nog sein by onmoontlike plekke en Marie het darm al bedaar met haar gemerkte kos in die yskas, tot almal se verligting. Die winkel gaan weer aan op sy ou trand en dan is dit tot die volgende jaar wat hulle weer die veldtog sal aanpak.
« Last Edit: May 20, 2015, 04:09:57 PM by Anicia »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stem vir Gary se MAL party!
« Reply #1 on: May 25, 2015, 05:58:14 AM »
Ek is bly dat die ink jou in tegnologiese pen nie opdroog nie sus van ver  :book1: Hoe vorder die beplanning met die kinderboek? Ek so nuuskierig!

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Stem vir Gary se MAL party!
« Reply #2 on: May 26, 2015, 07:14:56 AM »
Nee wat,daar is nog nie n lig in daai tonnel nie  :icon_scratch: Dalkies nog eendag  :dontknow:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stem vir Gary se MAL party!
« Reply #3 on: May 26, 2015, 10:49:20 AM »
Moenie moed opgee nie nooi! Skryf skryf skryf. As jy die boeke self laat druk - hou verby glansblaaie vir omslag. Ons het nou 'n liederlike stel afgetrap. Terwyl ons met verlof was, het die hemele besluit om oop te maak en ons persoonlike boeke wat opmekaar gestapel was het van die humiditeit begin sweet, aanmekaar geklou en ons moes dit letterlik van mekaar afskeur na die verlof. My hart stukkend!  :crybaby2:
« Last Edit: May 26, 2015, 10:51:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Stem vir Gary se MAL party!
« Reply #4 on: June 25, 2015, 09:53:21 AM »
 :love7: Ag nee, Raaitjie, dis baie hartseer nuus! Dis lelike skade! Ek sal vir Dyllan self boekies maak mettertyd. Ek het n paar planne. Solank hy dit kan blaai en die prentjies geniet, is die saak reg, al sit ek dit in n flipfile vir hom. Dankie vir jou ondersteuning, jy sal nooit weet hoe baie ek dit waardeer nie. Lovies!
« Last Edit: July 01, 2015, 02:49:08 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stem vir Gary se MAL party!
« Reply #5 on: July 01, 2015, 02:51:41 PM »
Sjoe, groot skade ja!  :crybaby2:

Ek stem saam met Raaitjie, jy moet net aanhou skryf en skryf Nonnatjie. 
Dit is nie so duur om boekies te laat druk nie. 
Om te weet is om te verstaan.