Author Topic: BiltongSop...  (Read 4071 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
BiltongSop...
« on: April 18, 2015, 05:24:50 PM »
BiltongSop
2 uie, gekap
100 g botter
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml koekmeelblom
500 ml ligte hoenderaftreksel
250 ml warm volroommelk
125 g beesbiltong, fyn gekap
60 ml bloukaas, gekrummel
60 ml fetakaas, gekrummel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Braai die uie in die botter tot sag. Voeg die knoffelhuisies by en braai tot geurig. Voeg die meel by en braai tot die mengsel borrel. Voeg die hoenderaftreksel by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Voeg die warm melk by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut tot dit gaar proe. Voeg die biltong by en verpulp tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt, roer die kaas deur, geur met sout en peper en sit dadelik voor.
Strooi ekstra biltong oor die sop en sit voor met 'n broodbolletjie.

+++
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: BiltongSop...
« Reply #1 on: April 18, 2015, 08:00:57 PM »
Dit vruik baie lekker, Gaan beslis gebeur hier by my.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: BiltongSop...
« Reply #2 on: April 20, 2015, 06:20:47 AM »
  :icon_bigsmurf: Kan ek maar asseblief die biltong eet en met die res sopmaak?

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: BiltongSop...
« Reply #3 on: April 25, 2015, 01:19:49 PM »
Naas... watse woord is 'vruik', he my vriend?
Meraai, ek lag lekker, want ek eet ook eers daai biltong klaar terwyl die sop nog kook.
Die mense sal maar moet tevrede wees met brood by die sop.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: BiltongSop...
« Reply #4 on: April 25, 2015, 09:14:40 PM »
Ek het parkensens light so wanneer ek die spasiebalkie druk druk ek vir een of ander reds altyd die v knoppie daarmee saam so vmeestevvan vmy vwoorde vbegin vmet v


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: BiltongSop...
« Reply #5 on: April 26, 2015, 06:43:40 AM »
 :icon_cheers:  Aaaa... nou verstaan ek.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: BiltongSop...
« Reply #6 on: May 06, 2015, 11:39:41 AM »
Naas, jy verduidelik so mooi tot ek verstaan dit ook  :toothy4: Koop ons twee piepkleine pakkies biltong van die 'biltongman' in 'n groot kusdorp en betaal deur ons ore vir dit. Kou en herkou toe maar om dit na behore te kon geniet Elle. So waar sal ek dit nie kan hou om in sop te gooi nie  :icon_bigsmurf:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: BiltongSop...
« Reply #7 on: May 07, 2015, 11:05:35 AM »
Dit klink na 'n fantastiese sop, ons hou juis so baie van biltong. Ek gaan dit netnou afskryf in my lekkerny-boekie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: BiltongSop...
« Reply #8 on: May 20, 2015, 11:35:28 PM »
Fransi, ek so bly om te lees jy gaan dit afskryf! Kry ek mos nou so maand of wat gelede lus om eerder onse kinders se resepte-erfenis op papier met pen te maak (dit nou na die tegnologie my liederlik in die steek gelaat het lol). Tog dink ek die kinders sal so boekie meer waardeer?

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: BiltongSop...
« Reply #9 on: May 22, 2015, 07:58:18 AM »
Ja, ek glo hulle sal dit baie waardeer.  :hello2: Ek maak gereeld geregte uit die boekie wat my ma vir my saamgestel het.