Author Topic: Die Octelle Struktuur  (Read 13468 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die Octelle Struktuur
« on: June 20, 2011, 01:29:13 AM »
Die Octelle is geskep deur Emily Romano. Die gedig steun op die toepassings van personifikasie en simbolisme. Die struktuur bestaan uit 8 reëls. Die eerste twee reëls word herhaal vir reël 7 en 8.

Daar is 'n lettergreep telling van 8,8,7,7,7,7,8,8
en die rymskema is aa/bb/cc/aa.

My voorbeeld

©
Tikke-tokke, tikke-tokke
stap die wysers van die klokke
Vrees span vir die mens 'n strik
en dit laat jou voete swik
hunker jy weer na gister
bang vir môre se duister
Tikke-tokke, tikke-tokke
stap die wysers van die klokke
« Last Edit: May 03, 2012, 11:52:35 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #1 on: June 20, 2011, 01:28:55 PM »
Dit is 'n pragtige voorbeeld, dankie vir die plasing. 

Komaan ouens, ek kan nie wag om julle voorbeelde te sien nie!  Myne is oppad!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #2 on: May 03, 2012, 03:49:51 PM »
Meraai ek het die voorbeeld onder my hoekie geplaas - nie seker of dit werk nie en of daaraan gewerk moet word nie :

Poef-paf, Tjoef-tjaf (Die Octelle struktuur)
« on: April 19, 2012, 11:11:02 AM »


poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hartkas
vasgevang in 'n strik
verbang elkeen en verstik
crime seevier hierdie eeu
weg swem soos 'n seeleeu
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hart kas

© Ah,Willa!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #3 on: May 03, 2012, 11:52:13 PM »
Kom ons loer gou. Die struktuur vereis 'n lettergreep telling van 8,8,7,7,7,7,8,8 . Altesaam 8 reëls.
Ek gaan die vereiste lettergrepe voor aan jou reëls vasmaak en joune agterna. Die rymskema is aa/bb/cc/aa.

Reël 1 (8) poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af (8)
Reël 2 (8) klop die ritme van die hartkas  (8)
Reël 3 (7) vasgevang in 'n strik (6 - so daar skort 1)
Reël 4 (7) verbang elkeen en verstik (7)
Reël 5 (7) crime seevier hierdie eeu (6 skort weer 1)
Reël 6 (7) weg swem soos 'n seeleeu (6 skort weer 1)
Reël 7 (8) poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af (8)
Reël 8 (8) klop die ritme van die hart kas (8)

Hartkas moet hier ook aanmekaar geskryf word.
Die struktuur vereis eindrym -dus moet die laaste klanke dieselfde wees - jou eerste aa rym in reëls 1 en 2 eindig nie dieselfde nie: jy het af, en as




« Last Edit: May 04, 2012, 12:09:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #4 on: May 09, 2012, 04:45:03 PM »
mmm

so dis nie net die eerste letter wat kan ruim nie .. maar die hele woord  ... ek het gedog oor die a in af en as dieselfde klink werk dit ... sjoe ...

mmm 

Reël 1 (8) poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af (8)
Reël 2 (8) klop die ritme van die hartkas  (8)
Reël 3 (7) styf vasgevang in 'n strik (7?)
Reël 4 (7) verbang elkeen en verstik (7)
Reël 5 (7) crime seevier in hierdie eeu (ek het nogal in gedink en ingelees - net nie getik nie ha ha)
Reël 6 (7) weg swem soos 'n bang seeleeu (7?)
Reël 7 (8) poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af (8)
Reël 8 (8) klop die ritme van die hartkas (8)

nou weet ek nog net nie wat om te doen met af en kas nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #5 on: May 10, 2012, 02:58:29 AM »
 :toothy4: Gelukkig nie die hele woord wat moet rym nie matertjie, net die laaste deel/letters. Gewoonlik twee of drie.

Jy krap kop oor die af en as.  :dontknow: Moenie moed opgee nie hoor!

Daar is 'n paar woorde wat jy mee kan speel as jy die hartkas skuif sodat die klem op die laaste woord val om te voldoen aan eindrym bv.

poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die hartkas-ritme nerf-af

(aangesien jy te kenne gee dat die persoon onder stres is in die volgende reels - sal nerf-af dan aandui dat die hart onder stres verkeer)

As die hart aan 'n verliefde behoort het, sou been-af gewerk het, as dit 'n ongelukkige persoon was, kon jy bek-af gebruik - en as daar geen raad was vir die hart was dit geen haar-af vir die tikker :icon_biggrin:

Handige rymwoorde: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1708.msg9722#msg9722
« Last Edit: May 10, 2012, 03:14:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #6 on: May 11, 2012, 12:49:57 PM »
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die hartkas-ritme nerf-af
styf vasgevang in 'n strik
verbang elkeen en verstik
crime seevier in hierdie eeu
weg swem soos 'n bang seeleeu
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die hartkas-ritme nerf-af

© Ah,Willa!

Redigeering: Meraai vannie Baai 


Dankie Raaitjie - nou's dit ook 'n werkende Octelle struktuur ... ek gaan nog oefen en probeer :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #7 on: May 30, 2012, 05:55:05 AM »
Willa hier is jou Octelle gedig waaraan jy nog skuur en skaaf. Ek plaas alles rondom die gedig se bespreking ook vir jou hier waar jy net kan afrol na onder en die vereiste riglyne sien matertjie en ook die veranderinge wat voorgestel was.

Ah Willa: probeer die beste geweer
met meesters sal my koel die bull's eye tref

hier is 'n weer probeer :-)

poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
volg die ritme van die hartblaf
vasgevang in 'n ys strik
verbang elkeen en verstik
crime seevier hierdie eeu
weg swem soos 'n seeleeu
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
volg die ritme van die hartblaf

© Ah,Willa!

JOU EERSTE VOORBEELD EN BESPREKINGS RONDOM DIT:

Dis 'n lekker uitdagging!

My eerste probeerslag:

poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hart kas
vasgevang in 'n strik
verbang elkeen en verstik
crime seevier hierdie eeu
weg swem soos 'n seeleeu
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hart kas

© Ah,Willa!

Meraai vannie baai: Willa loer net weer na die vereiste rympatroon (die woordjie hart kas wat jy gebruik het pas nie in by die aa-rymskema. Altwee hierdie woorde aan die einde van jou reël moet op dieselfde klanke eindig. As jy verkies om die hart kas te behou kan jy dit as een woord inspan aangesien dit een begrip is (hartkas)

Dit is die groot uitdaging van strukture, dit dwing ons om soos nou, woorde te gaan soek wat voldoen aan die vereiste rym/lettergrepe. Dit is vir my so lekker om te sien hoe jy woel en werskaf met hierdie voorgelegde strenge riglyne  :notworthy:

poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hart kas
vasgevang in 'n strik
verbang elkeen en verstik
crime seevier hierdie eeu
weg swem soos 'n seeleeu
poef-paf, tjoef-tjaf, op-af, op-af
klop die ritme van die hart kas

*ek gaan vir jou 'n skakel gee na die retrogradewoordelys waar jy kan gaan kers opsteek vir woorde wat eindig met selfde klanke (het vir jou die 'af' ene solank uitgesoek):

http://www.oocities.org/retrogade_af/f.html

*************************************

PM: In baie gevalle is dit maklik om die verskil tussen een woord of twee woorde uit te ken.
Een begrip beteken dit is een item of een ding.

Kyk na die woord, praat jy van twee goed?  Is dit 'n hart en 'n kas, of is dit die kas waarin jou hart is?
Een ding is een woord, twee goed is twee woorde.  In Engels sou jy twee woorde gebruik, maar in Afrikaans is hartkas slegs een woord, want dit is een begrip.  

vasgevang in 'n strik  - is slegs ses lettergrepe

crime seevier hierdie eeu
weg swem soos 'n seeleeu
Hierdie twee versreëls is 'n mooi voorbeeld van dwangrym.  Probeer jou gedagtes so orden dat jy die regte woorde kies vir wat dit is wat jy aan die leser wil oordra.

Probeer ook om nie Engelse woorde te gebruik as dit nie 'n spesifieke doel het nie.  Misdaad sou beter in hierdie konteks pas.  

Kyk na personifikasie.  Hier het Raaitjie 'n menslike eienskap aan die wysers van die horlosie gegee.
stap die wysers van die klokke  Wysers "tik", dit "stap" nie, persone stap.  Dit is 'n mooi voorbeeld van personifikasie.  

Raaitjie het ook die horlosie as 'n simbool vir "tyd" gebruik.

Ek stem saam, 'n mens kan sien dat jy werklik probeer om 'n sukses daarvan te maak.  Hou so aan, ek kan nie wag om te sien waarmee jy vorendag gaan kom nie.  Ek is seker dit gaan 'n treffer wees.



« Last Edit: May 30, 2012, 06:11:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #8 on: May 31, 2012, 04:09:10 PM »
Dankie Meraai : as ek konstruksie nou sien, dan sien ek Raaitjie en PM met hammertjies en byteltjies
dan onthou ek .. moenie hier omkrap nie .. gaan probeer by strukture :-)

ek sal hier kom verder probeer  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #9 on: May 31, 2012, 10:59:05 PM »
 :headbang: :toothy4: Dankie Willa! By die ou forum het ons 'n gedigstrukture konstruksiewerf gehad waar ons gewoel en werskaf het. Te veel erwe maak almal deurmekaar. Dit is doodreg, ons woel hier tot alles in plek is, dan skuif ek dit oor. Die ouens kan gaan loer wat by die konstruksie werf van boek 2 voorgestel word en dan hier onder die struktuur se naam, kom saamspeel. As hulle dit vir boek 2 wil laat plaas noem dit net, of se jy doen dit vir jou eie genot. Dan weet ek om nie oor te sleep nie  :love7: Lekker dig hoor!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #10 on: August 23, 2012, 12:02:36 PM »
Hoogmoed val

daar waar bolle rook en vlam was
is nou nog net  rommel en as

die eens sterke grasdakreus
hoog in die lug met sy neus

gebou     sterk     bestand teen vuur
kon nie veg teen die natuur

daar waar bolle rook en vlam was
is nou nog net rommel en as
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #11 on: August 25, 2012, 04:44:36 AM »
 :hello2: :notworthy: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Octelle Struktuur
« Reply #12 on: March 27, 2013, 04:41:07 PM »
Die struktuur is nou in die boek.  Ek wag vir nog voorbeelde.  Willa'tjie, waar is joune. 
Om te weet is om te verstaan.