Author Topic: Boesmanverhaaltjie  (Read 5807 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Boesmanverhaaltjie
« on: March 31, 2015, 10:46:11 AM »
Die Boesmanstorie

Ek het mos so paar jaar by die boesmans geloop bly.
Nou hulle, dis nou die boesmans, word heeltemal misverstaan.
Wat die geleerdes nie besef nie is dat die boesmans mos darem geboorteling van die Kaap is nog voor Da Gama en Jan van Egbreuk hier aangekom het.
Hulle, dis nou die boesmans kon al lankal Afrikaans praat nog voordat die nuwe mense van oor die see hier aangeland het.
Hulle praat net Afrikaans met ‘n baie sterk Khosa aksent omdat hulle mos nou nog voor ons met die nasie se mense moes saamleef. Hulle klap hulle tonge en kan nie sagte klanke lekker uitspreek nie want sagte klanke dra nie so lekker as hulle agter die gekweste bokke moet aanhardloop nie. Hulle begin ook omtrent elke woord meet ‘n “k” klank.
Uit die aard van die saak kon ek nou weer nie my tong soos hulle s’n klap nie maar ek het darem gou agtergekom hoe hulle Afrikaans van ons Afrikaans verskil. Toe ek besef hulle praat eintlik maar net ‘n ouer dialek van Afrikaans was dit vir my maklik om hulle te verstaan.
Hulle praat ook baie vinnig omdat hulle in die bos baie keer in gevaarlike situasies beland en nie nog tyd het om te mors nie. Dit alles verwar vandag die slim taalkundiges op universiteit en daarom sê hulle die boesmantaal is baie primitief en moeilik.
Maar ek gaan nou nie vandag vir julle probeer boesmantaal leer nie. Ek wil maar net vir julle vertel van die slag toe ek saam met hulle gaan jag het.
Nou kyk, as jy by hulle wil bly moet jy help met kos bymekaarmaak en al die ander takies in en om die kampies.
So gaan ek saam met Klo!!i en Ktjieklie jag. (Dis nou ongelukkig die naaste wat ek aan hulle name kan skrywe. Hulle, dis nou die boesmans, het nie vanne nie want om met vanne opgeskeep te sit as jy ‘n bok moet jaag sal jou net gouer laat moeg word.)
Klo!!i (!!i is nou soort van ‘n tchie tongklapklank) loop voor. Dan loop Ktjieklie en ek dek die agterhoede omdat ek in elk geval nie so ver kan hardloop soos hulle nie en omdat die bokke skrik vir my wit vel.
So loop ons toe nou al van vroegoggend af en die twee voor my begin al praat van trek agter die bokke aan want hulle weivelde is besig om leeg te loop.
Toe die son nou in ons taal so halfelf sit bekruip ons nog steeds niks terwyl ons deur so ‘n bebosde driffie gaan.
Die volgende oomblik gewaar Klo!!i ‘n leeu wat besig is om ons te bekruip en hy laat weet dadelik na agter vir Ktjieklie: “Klie Klom Klak”
Ktjieklie sien ook die leeu wat nou al begin storm en skrik nog groter as Klo!!i. Hy laat weet vir my: “Klie Klom Kloot Klak”
Toe ek daai leeu sien was al wat ek kon uitkry: “Kla Ke Klak”
Ek wil nou nie grootpraat nie maar ek dink dat my reaksie ons gered het want daai leeu het net daar in sy vier spore vasgesteek, sy neus opgetrek, omgedraai en weggehol.
“Kluit, Kluit, Ky sto!!i is Kla”

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boesmanverhaaltjie
« Reply #1 on: April 14, 2015, 09:33:42 AM »
Jippieee ek het sein!   My rekenaar se venstertjie is nat geklie kla!  Dankie vir die deel Naas, dit was groot pret.  Jy weet mos ek moet vir Hannes voorlees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Boesmanverhaaltjie
« Reply #2 on: October 04, 2021, 07:09:46 AM »
Oom Naas moet my kom leer khoi praat. Hier het nou 'n khoi op die plaas begin werk.

 :mumum: