Author Topic: Afrikaanse weergawe van die Harrisham Rhyme  (Read 9436 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Afrikaanse weergawe van die Harrisham Rhyme
« on: June 20, 2011, 01:23:08 AM »
Hierdie sekstet rymstruktuur is geskep deur Harrisham Minhas. Die laaste letter van die eerste woord in elke reël, word herhaaldelik die eerste letter van die eerste woord, in die volgende reël. Rymskema: ababab.

Voorbeeld:

Ongemerk kriewel irritasies,
karig geklee in misnoeë
Goudborduurde fieterjasies;
effens verskuil tussen teorieë
Soms word hierdie situasies,
slu verwoorde biografieë!

©Meraai vannie baai

« Last Edit: October 15, 2021, 12:22:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afrikaanse weergawe van die Harrisham Rhyme
« Reply #1 on: June 20, 2011, 01:26:08 PM »
Dankie Raaitjie,  dit lyk na 'n heerlike uitdaging.  'n Pragtige voorbeeld!  Gee net kans, ek sal myne bring. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Afrikaanse weergawe van die Harrisham Rhyme
« Reply #2 on: June 20, 2011, 11:54:29 PM »
  :icon_salut: Ek weet dit is die moeite werd om geduldig te wag op jou ABC's  :bootyshake: