Author Topic: Die woord "Maar"  (Read 13749 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Die woord "Maar"
« on: April 01, 2011, 02:51:05 AM »
'n Kort vierletterwoordjie.  Tog die een woord wat elke dag gebruik word om 'n vooroordeel sagter te stel.  In die hart van die spreker, is die negatiewe emosie steeds nie minder nie.  Tog gebruik hy hierdie woordjie om sy toehoorder te laat verstaan dat dié se mening eintlik tog maar minderwaardig geäg word.

Kyk na hierdie enkele voorbeeld:  Ek stem saam met jou dat die Kees Party se oplossing vir die swak wisselkoers wel die ware oplossing is, MAAR het jy gesien die Adoons Party het nou 'n beter oplossing vir die probleem gevind.  In hierdie sin word die woordjie MAAR gebruik om vir die luisteraar te sê: Jou mening is steeds minderwaardig in my oë.

Kom gesels gerus saam oor hoe jy voel oor hierdie vierletterwoordtjie.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #1 on: April 01, 2011, 09:49:47 AM »
Oeps!  Daar het jy my nou aan die dink Stof.     

"Maar",  is in een opsig 'n voegwoord.  "Hy het oë, maar hy kan nie sien nie."  (Dit is hoekom in hierdie sin, daar 'n komma voor  "maar"  moet wees.)  Ek sien dit in die lig van teenstelling.  Twee feite wat teenoor mekaar staan, soos "die ander sy van die munt", of "die saak het twee kante".

"Maar" kan ook gebruik word as 'n sydelingse teenwerping.  "Maar verstaan jy dan nie?"

"Dit is nou maar eenmaal so..."   Maar, net, slegs. 
Hier is "maar" 'n bywoord.  Die funksie van 'n bywoord, is om 'n werkwoord te ondersteun.

"Maar" kan ook as 'n selfstandige naamwoord in die meerfoud gebruik word, 'n teenwerping of 'n beswaar:  "Jy kom altyd met mare."  of  "Dit is 'n toegewing met 'n maar."  'n Voorwaarde. 

Wat dink jy nou van die woordjie "maar".
Om te weet is om te verstaan.

Offline Karin

  • Suigeling
  • Posts: 13
Re: Die woord "Maar"
« Reply #2 on: April 01, 2011, 10:06:19 AM »
Maar in my opinie is 'n woordjie wat iemand gebruik na hulle nie werklik na die ander gesprek voerder geluister het nie want hulle was besig om hulle opinie in hulle kop te vorm.

BV: Ek hoor wat jy sê (wat beteken ek het nie geluister nie) maar ek voel blah blah blah.

Maar wat weet ek nou eintlik. he he he

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Die woord "Maar"
« Reply #3 on: April 01, 2011, 11:15:36 AM »
Maar in my opinie is 'n woordjie wat iemand gebruik na hulle nie werklik na die ander gesprek voerder geluister het nie want hulle was besig om hulle opinie in hulle kop te vorm.

BV: Ek hoor wat jy sê (wat beteken ek het nie geluister nie) maar ek voel blah blah blah.

Maar wat weet ek nou eintlik. he he he

Karin, jy vat dit so raak.  Dit kon nie beter gestel word nie.  Geen maar's van my kant af op hierdie opmerking nie!
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #4 on: April 01, 2011, 11:22:38 AM »
 :laughing4:  Lag ek vir myself.    Nou voel ek ook blah blah blah!   :icon_biggrin:  Tog kan julle uit my lang blah blah blah sien hoe veelsydig ons taal is en hoe elke ander persoon dit anders ervaar.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Die woord "Maar"
« Reply #5 on: April 01, 2011, 11:29:56 AM »
:laughing4:  Lag ek vir myself.    Nou voel ek ook blah blah blah!   :icon_biggrin:  Tog kan julle uit my lang blah blah blah sien hoe veelsydig ons taal is en hoe elke ander persoon dit anders ervaar.   :bootyshake:

Dit is juis (is juis ook een van daárdie woorde?) die veelsydigheid en potensiële dubbelsinnigheid, wat van Afrikaans die mees bruikbare taal ter wêreld maak.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #6 on: April 01, 2011, 11:50:09 AM »
 :icon_biggrin:  Juis is ook een van daai woorde ja!   :icon_biggrin: 

Voeg nog 'n bietjie digterlike kreatiwiteit by die veelsydigheid, dan spat die plesier vonke.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die woord "Maar"
« Reply #7 on: April 04, 2011, 12:03:13 AM »
Maar kyk no so. Maar julle kan 'n klein woordjie pap gee laat hy vet word.
Was ek maar slim dan sou ek nie sulke dom antwoorde gegee het nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #8 on: April 04, 2011, 06:06:29 AM »
As maar maer is moet dit pap kry!   :icon_biggrin: 

Ek is maar net PM wat nie die skerpste potloodjie in die dosie is nie,  maar ek dink nie jy is maar net dom nie.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die woord "Maar"
« Reply #9 on: April 04, 2011, 08:29:23 AM »
Maar wat bedoel Mevrou dan nou?
Natuurlik is ek maar dom in vergelyking met Einstein.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #10 on: April 04, 2011, 09:14:17 PM »
Maar nou praat jy mos snert man.  Einstein kan by jou 'n paar dinge kom leer!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die woord "Maar"
« Reply #11 on: April 05, 2011, 09:18:08 AM »
Ek kan mos maar dink wat ek wil.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Die woord "Maar"
« Reply #12 on: April 07, 2011, 01:09:52 PM »
Dit is nou maar so dat Naas 'n slim outjie is.  MAAR dis nou een geval waar nederigheid nie die slimigheid wegvat nie.  Met of sonder die maar, is Naas ons almal se slim maatjie.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Die woord "Maar"
« Reply #13 on: April 15, 2011, 08:01:59 PM »
Julle is darem almal baie geleerde mense in ons liefste taal, MAAR julle bars as julle vir my vlak kyk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die woord "Maar"
« Reply #14 on: April 16, 2011, 07:37:11 AM »
Maar mos nou nooit nie Blouetjie.  Daar is mos maar net een van jou en ons sal jou nooit nie "vlak kyk" nie.  Jy is dan 'n diep seun van Afrikaans. 
Om te weet is om te verstaan.