Author Topic: O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie  (Read 2685 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie
« on: March 18, 2015, 12:23:43 PM »
 :read2:  Tjom-Tjorrie woon naby 'n parkeer area. Hy het lank voor die winkels hier gebou was, gewoon. Hy was net 'n gewone kriek wat gewone dinge gedoen het soos om met sy vriende saans te kommunikeer en te lewe. Te lewe? Nee, hy lewe nou eers. Hy het net bestaan. Dit is nou baie raserig met die motors wat so jaag, maar sekere tye, veral saans en in die vroee oggendure is  stil. Sy vriende wou al weet hoekom hy juis daar woon, maar dan glimlag hy net geheimsinnig. Dit is juis hier wat hy weet hy vervoer gaan hê.
Die eerste keer wat Tjom-Tjorrie met sy avonture begin het, was vir hom skrikwekkend.

Tjom-Tjorrie het die vreemde gevaartes, wat hy later as motors leer ken het, lank uitgekyk. Gesien hoe die mense die deure oopmaak, inklim en weer toemaak. Dan het hulle weggery. Dit was later vir hom 'n droom om ook saam te kan ry. Hy het begin oefen om daardie hoogte te kan spring, sodat hy ook in die motor kan spring. Hy het ook beplan vir wanneer daardie dag aanbreek om kos saam te neem, want wanneer die karre wegry, ry dit om lank weg te bly.

Die dag het aangebreek en hy was gereed. Kos is gepak en hy weet hy sal dit kan maak om in die motor te kan spring. Al wat hom ontbreek het, was moed. Skielik was dit weg, maar gelukkig het sy bene sommer asof vanself in beweging gekom en het hy nader gespring en sy kans afgewag. Die blink gevaarte voor hom het hom in sy stilligheid gekoggel. Ag moet nou nie 'n bang kriekie wees nie, gryp die kans. Dis asof dit in sy kom weerklink het. Die kans het vinniger gekom as wat hy besef het. Die mensekind het die motor se deur oopgemaak en hy spring sonder om te dink in die motor. Die deur word toegemaak en skielik is dit daar. Absolute donkerte! Gelukkig is hy 'n kriek en na 'n paar knippe van sy ogies, raak hy die donker gou gewoond en besef nou moet hy lig toe. Hy spring bo-op die sitplek en weer tot op die rugleuning, agter die kind se kop. Gelukkig kyk mensekind self by die venster uit, anders was hy dalkies nou 'n plat kriekie. Die helder lig vang hom en weer moet hy sy ogies knip-knip. Hy besef al hoe meer die waarde van oogknip. Tjom-Tjorrie is nou die helder lig gewoond en hy kyk ook by die venster uit en sien hoe alles verby flits. Huise, kinders wat in 'n parkie speel, n hond wat vir 'n kat blaf wat in 'n boom sit en vir hom blaas, 'n seuntjie wat huil omdat sy ballon wegvlieg en voeltjies wat resies probeer jaag met die motor.

Die motor ry al stadiger en draai by 'n paadjie in. Dit kom tot stilstand voor 'n groot huis. Die motor deure gaan almal gelyk oop en die dogtertjie spring met 'n gil by die motor uit. Arme Tjom-Tjorrie val agteroor soos 'n gogga wat gif ingekry het van daardie gil. Sy voelers kry die ritteltits en sy beentjies skop in alle rigtings. Die gil slaan vas in sy kop en sy ogies skud heen en weer. Sjoe! Dis 'n verskriklike gevoel. Hy kom vinnig by en sorg dat hy uit die motor spring voor die deure toemaak. Die dogtertjie se pappa roep haar terug om die motor se deur te om toemaak en vinnig kom sy teruggehardloop. Die deur dawer toe en sy huppel vol vreugde terug huistoe. Tjom-Tjorrie spring vinnig agterna, want in die huis sal hy hopenlik veilig wees. Hierdie is 'n vreemde omgewing en hier kan baie dinge skeefloop.

Binne is die huis vol goed, net die mens alleen weet wat om met al die dinge te doen. Hy is bly hy is net 'n kriek, want krieke het nie so baie nodig nie. Hy voel sommer ekstra klein toe hy alles so bekyk. Skielik voel hy hoe sy magie gor maak van die honger. Hy het gedink die bewerasies wat hy gekry het, was die groot skrik na die gil, die heeltyd wat dit hongerte. Hy haal sy kospakkie uit en sien die lekkerte wat hy saamgebring het. Aaaah! Dit voel stukke beter. Sy magie is vol en nou sien hy kans vir baie.

Dit raak nou vinnig donker en die stilte begin oor die huis neerdaal. Kinder laggies en gille word ook stil, almal maak gereed vir slapenstyd. Hy hoor die geluide van stemme wat saggies kinderstories voorlees, 'n gaap hier en 'n ligte snorkie daar en af is die ligte. Dis nou hier waar kriek se natuur inskop en Tjom-Tjorrie begin sy beentjies saam te skuur en hy voel sommer gelukkig met die mooi tjirr-tjirr klank wat hy na vore toor. Die geluid eggo deur die stil huis. Hy is heeltemal ombewus daarvan dat sy mooi klank baie steurend is vir die mens en oral klik die kamerligte aan.

Voetstappe kom nader en die volgende oomblik gaan die sitkamer lig aan. Met die voetstappe wat naderkom, hou Tjom-Tjorrie op met sy klankies en bly tjoepstil sit. Die voet wat rakelings by hom verby beweeg, laat hom skrik en hy spring. Dit moes hy nie gedoen het nie, want die volgende oomblik word hy gespuit met 'n insekdoder. Die gif tref hom vol in die gesig en hy gee 'n paar benoude hoesies. Hy word lam, sy vlerke is nat en ghoerr tot stilstand. Hy le bene in die lug en sy ogies kyk dof. In sy gedagtes dink hy voor hy flou word, dit was seker sy laaste avontuur. Die man sien die kriek op die grond le met bene in die lug en gooi die gogga by die agterdeur uit.

Die daad was Tjom-Tjorrie se redding, want die koel aandluggie maak sy kanale oop en hy suig die vars luggie dorstig in. Sy beentjies gee 'n paar skoppies. Die lewe keer terug. Sy ogies knip 'n paar keer en kyk weer helder en hy spring op sy beentjies. Hy wapper sy vlerkies en met sy voorpote vee hy sy voelers af. Dis 'n stadige proses, want hy voel nog bietjie flou na die gif. Hy het gedink sy lewensdraadjie is geknip. Hy vang sommer weer skrik as hy dink aan wat kon gebeur het. Met nuwe ywer spring hy weg van die huis waar hy amper tot sy einde gekom het.

Die oggendgeluide is vrolik met voeltjies wat uit volle bors sing en motors wat weer oral ry. Die sonnetjie skyn in volle glorie en Tjom-Tjorrie wil nou na sy huistoe teruggaan. 'n Donkiekar vol hout, kom aangery en Tjom-Tjorrie besluit om saam met die motor te ry. Hy dink dis 'n motor, want wat weet krieke nou van die verskillende voertuie wat mens ry. Die donkiekar kom tot stilstand en hy spring weer af. Van hier af sal hy self spring tot by sy huisie. Dit kan nie meer so ver wees nie.

'n Kat bekruip vir Tjom-Tjorrie. Hy kyk al 'n rukkie na die kriek wat verby hom spring. Hy gaan die kriek vang en eet. Hy gaan sommer baie lekker smaak. Die kat lek sommer klaar sy lippe af. Tjom-Tjorrie spring rustig verder. Hy wil nie te moeg word nie. Die kat kom nader en nader, sy snorbaarde is vorentoe getrek soos die kat konsentreer op sy prooi. Nie meer lank nie, dan eet hy lekker. Die oomblik toe die kat vorentoe spring om Tjom-Tjorrie te vang, kyk hy om en sien die kat net betyds. Hy is lam van die skrik, maar die toestand gaan vinnig oor en hy self spring weg van die kat af. Ongelukkig land hy binne 'n gat op die sypaadjie en weer is dit pikdonker binne die gat. Hy hoor water iewers loop en vinnig word sy ogies gewoond aan die donker. Hy sien hy is op die randjie van die muurtjie wat hom skei van die water, maar hy verloor sy balans en met 'n klein plons, val hy binne-in die water. Dit sleur hom mee en hy sukkel om die water uit sy bekkie te hou. Met tye beland hy onder die water en met nuwe ywer skop hy met sy beentjies. Oral om hom dryf gemors verby hom en hy probeer van dit raakgryp, maar dit is mis. Uiteindelik stamp 'n plastiek proppie teen hom en hy gryp dit vas. Daar hang arme Tjom-Tjorrie uitgeput aan die proppie.

Die water vloei uit in 'n kanaaltjie en daar sien 'n dogtertjie die arme kriekie aan die doppie hang. Sy besluit om hom te red en strek met haar handjie uit om hom uit die water te lig, sommer doppie en al. Sy sit hom op die grassies neer sodat die sonnetjie hom kan droogbak. Sy sit 'n hele rukkie daar om seker te maak dat hy buite gevaar is, maar haar mamma roep haar om huistoe te kom. Sy hardloop na haar mamma toe en vertel vir haar van die goeie daad wat sy verrig het. Haar mamma is baie trots op haar kindjie wat so 'n goeie hartjie het en saam stap hulle huistoe. Tjom-Tjorrie bak gou droog in die sonnetjie se warm straaltjies en hy spring met nuwe ywer huistoe. Tot sy verligting sien hy dat die water hom sommer naby sy huisie gebring het en is hy sommer gou gou tuis. Nou gaan hy lekker rus en dink aan die avontuur wat sopas tot 'n einde gekom het. Vir een dag was dit genoeg vir eers.

Tjom-Tjorrie se op en af ryery is nog lank nie verby nie. Hierdie was net 'n voorsmakie van wat op die kriekie wag. Weet net een ding, sy vriende gaan meer kere sê. . . O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie wat alweer hier verby jaag.
« Last Edit: March 18, 2015, 01:31:58 PM by Anicia »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie
« Reply #1 on: March 18, 2015, 10:34:14 PM »
Soos gevra sit ek gou vir jou die skakel vas. Hoop jy kom reg van selfoon af sus van ver  :love7: Lief jou stories!!
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3698.msg23401;topicseen#msg23401

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie
« Reply #2 on: March 19, 2015, 06:26:32 AM »
 :toothy4:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie
« Reply #3 on: March 23, 2015, 03:46:07 AM »
Bloos, ek was soooooooo deurmekruis dat ek jou waarlik nie herwaarts van derwaarts gewis het, toe sit ek maar die skakel vir jou orals vas. Van hier tot doer by jou in die kuberruim.  :headbang:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: O Kriek! Dis Tjom-Tjorrie
« Reply #4 on: March 23, 2015, 06:49:18 PM »
 :sign10: Baie dankie Raaitjie! Dierbaar van jou!  :toothy4:
« Last Edit: September 22, 2021, 09:02:03 PM by Naas »