Author Topic: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...  (Read 9649 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« on: March 09, 2015, 05:43:02 PM »
Ag toe, 'seblief.
Ons het hordes lekker resepte hier en AB kan vir ons 'n wyn by elke gereg sit.
 :hello2:  :hello2:  :hello2:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #1 on: March 10, 2015, 06:12:27 AM »
Jy sal nie glo nie, ek probeer nou al die afgelope twee en 'n biekie jare om een saam te stel. Kinders dit belowe as 'erfenis' want die kis onder die kooi met dollartjies in, toer ons uit soos wafferse 'grys-nomades' al om die ander drie maande  :icon_bigsmurf:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #2 on: March 10, 2015, 07:11:49 PM »
Ek het begin met my kookboek, selfs 'n Titel vir die boek...
Ouma aangese om deur haar oer-oue resepte te kyk met staaltjies daarby.  En dit is sover dit kom.
So, ek het nodig dat iemand my gai skop.
Enigiemand??
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #3 on: March 11, 2015, 04:02:27 AM »
Draai bietjie skuins... nog bietjie...  :bootyshake: so ja SKOP!!!
Voor jy terugskop, Outop gisteraand na hy deur ons hoekie hier op die forum gegaan het, gese ek moet die resepteboekie maak vir ons 35ste huweliksherdenking. Se ek doodreg my ding. Hak hy af: jy weet dit is nou Saterdag ne?

Laat ek groet  :hello:  :book1:
« Last Edit: March 11, 2015, 04:05:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #4 on: March 11, 2015, 09:18:23 AM »
Goeie griet Elle, jy praat nou weer van baie groot werk.   :angel7:

Kom met voorstelle dat ons daarna kyk.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #5 on: March 11, 2015, 07:52:47 PM »
Ek WEET dis groot werk.  Maaaaar...  ons doen net beterder en beterder soos ons vorentoe gaan met boeke.
Ek is versot op C. Louis Leipoldt se 'Kos vir die Kenner'.
Ken julle hom?
Dis oeroue, natuurlik, staaltjies en vertellings met 'resepte' daarby.  Skreeusnaaks. 
Hier volg 'n afval-soppie uit die boek:
Pluimvee-afvalsoep
Gebruik die magies, lewer, hart, nekkies, ens van hoenders, duiwe, eende of enige soort pluimvee.  Maak goed skoon in kokende water en sny in stukkies. Sit in die kastol met die koppies water vir elke koppie afval, twee fyngesnyde uie, 'n bossie tuinkruie en die skil van 'n halwe suurlemoen. Laat mooi kook totdat die vlees sag is. Haal die afval uit en voeg nou 'n paar koppies goeie bouillon (??) by die soep, kook stadig totdat dit tot die helfte verminder is, gooi deur 'n doek, verdik met fynmeel, voeg by twee kelkies sjerriewyn, die sap van 'n suurlemoen en 'n lepeltjie vol worcestersous of ketjap (???). Roer in sout en peper, kook vir 'n paar minute en dien op.
Nog een:
Gebraaide Likkewaan (JA, likkewaan!!):
Likkewaanvlees is soms te kry, maar daar die dier as 'n lekkerny deur die Chinese beskou word, is dit duur.  Soms is daar egter geleentheid om 'n likkewaan op die plaas te skiet, en dan is dit die moeite werk om dit vir die tafel klaar te maak... 
Bid jou dit aan.  Maar as jy krokkedil kan eet, kan jy likkewaan eet.  Seker maar die selle ding.
Wat van :  Skilpad in Aspiekjellie..??
Ek dink dit sal 'n pragboek wees.  Bietjie resepte met baie humor.
 :laughing4:
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #6 on: March 15, 2015, 04:23:13 PM »
Ek sms my boeties (daar is hordes van hulle - nee, nog net vier) en se:  Terwyl julle so besig is met julle dag se dinge, dink bietjie watter gereg of gebak Ma gemaak het doer in die oertyd wat jou nou nog bybly en laat my weet.
Dinge soos Brood en Afval en Kerriebone kom terug na my foontjie. 
Saterdag sit ek vir Ma aan om haar geskrewe resepte-boeke uit te ruk en soek vir reseppies.  Melkterte wat eers jam-terte was en tweede prys gekry het op die skou omdat die kors (mos jam-tert kors...  :icon_biggrin:) nie reg is nie.  (Of was dit nou Tant Let wat so 'n sonde gepleeg het?) Ewenwel, ons maak groot penmerke by hordes resepte dated back to the '50's.
Nou moet hierdie net uitgesorteer kom...
Julle moenie op jul louere sit nie.  As PM se ons doen, dan moet dit al amper gedoen wees.   :hello2:
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #7 on: March 16, 2015, 06:50:45 PM »
Voorstelle:

Ek het al byna twee jaar 'n idee (en droom) om ons kinderjare se herinneringe om die tafel in 'n resepteboek te sit.
Boek opgedra aan Ma en elke kind se geliefkoosde geregte aan te bring. Resep en staaltjie rondom dit.
Dit kan 'n heerlike humoristiese strekking he, wel, myne altans.
Soos Johann wat onmiddelik aan rooi jellie en vla dink, maar hy vergeet van daai ryspot wat hy ALTYD gegaps het en dan volroom-melk ingegooi en ge-eet het.  En hy hat ALTYD op 'n Sondag die skaapboud-been gegryp en gaan oopslaan met 'n mes en alleen die murg uitge-eet.
AB kan wyn by elke gereg voorstel.
Lewies kan die vis-geregte doen.
Dit hoef nie weer 'n volkleur te wees, miskien maak dit die boek bietjie duur.
Elkeen het weereens sy eie plekkie.... ens ens ens..
Sien julle kans??
« Last Edit: March 16, 2015, 06:53:32 PM by Angelica »
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #8 on: March 18, 2015, 08:55:33 AM »
heeeerlik, ek sal saamwerk hieraan en hou van daardie wyn-idee. maar moet dit nou nie net vir die hogere mense saamstel nie.
Raaitjie, hoe vorder julle vyf-en-dertigjaarhuweliksherdenkingresepteboekie ... eishhh, lekker gelag hieroor  :toothy4:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #9 on: March 19, 2015, 06:23:47 AM »
Nou moet ons net vir PM in die hande kry.  Yoooohooooo... is jy daar??? :hello: :wave: :icon_scratch:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #10 on: March 20, 2015, 02:44:02 PM »
Dit klink na 'n heerlike uitdaging Elle.   
As ons praat van 350 gram buitebladpapier is dit R8.50 per buiteblad = A5 = volkleur.
Om 'n A5 boekie te bind is R4.00
A5 per bladsy = wit en swart = 10 sent.
Volkleur werk R1.50 per bladsy.  'n Mens kan 'n paar volkleur bladsye inwerk. 

Wat het ek uitgelaat?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #11 on: March 21, 2015, 01:08:25 PM »
Dit klink uitstekend, uitvoerbaar, bekostigbaar. Ek like!!!
Ek gaan sommer nou vir Ouma aansit om daai resepte te merk en datums by te sit.
Right...  ek is besig met die volgende boek, BOEK3... :icon_study:
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #12 on: March 22, 2015, 07:30:41 AM »
Weet julle hoeveel geskrewe, amper onleesbaar al, resepte in daardie boeke is? 
En al daardie los papiertjies!!
En hoevell is 1oz??   :dontknow: :crybaby2: :icon_scratch:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #13 on: March 23, 2015, 03:53:59 AM »
Hiehiehie, ek wens jou allllie sterkte toe met die onze en ponde Elle.
Adele, die resepteboekie begin vorm aanneem. Ek moes eers 'n dubbelsterkte
boeretroos vir my gaan aanslaan na ek weer op sommige van my eie kookkunsfotos
afgekom het lol! Ek kan 'n eier kook dat dit soos 'n rillerkarakter lyk!

 :icon_bigsmurf:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak Boek 3 'n KOOKBOEK...
« Reply #14 on: March 26, 2015, 09:21:11 AM »
Ha-ha.  Monster Eier.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.