Author Topic: Afgelope paar maande...  (Read 4005 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Afgelope paar maande...
« on: March 09, 2015, 05:00:35 PM »

Ons kuier vir 'n paar dae by Fam op Wilderness en Plett, het netnou net terug gekeer.
My jonger boet is verlede jaar Augustus dood aan longkanker.  Baie agressiewe kanker wat longe en vlees rondom weggevreet het. Binne net 6 maande vanaf diagnose gemaak is tot by sy dood en nie eens chemo kon keer nie.   :crybaby2:
Marius is veras en ons hou 'n verassings-diens by 'n ouer broer op Plett se huis en so baie mense daag op.  Nog 'n jonger broer doen die diens en die jongste doen die bedankings.  Ek skryf ietsie en lees dit voor.  Sy as word in 'n kissie op my Pa se graf gesit.
Met Mamma wat 92jr oud is en weer in Gauteng en Limpopo gaan kuier vanaf April, besluit ek om haar na die graf te neem.  Ons pluk 'n arm vol wit mini-proteas op oudste boet se plek in Wilderness en sit die op die graf.
Was 'n baie emosionele dag.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #1 on: March 09, 2015, 05:27:11 PM »
Ag, ek weet ek laat dele uit en vertel nie alles nie, maar dit was baie onlekker.
Intussen moet ek alles bymekaar skraap om 'n 92 jarige die lewe en sorge en smarte en pyne en skete deur te help.
Jong, ouderdom is wragtig nie vir sissies nie.
En ook nie vir die versorgers nie.  Ek is meer as drie dekades jonger en nou bevind ek my daagliks in 'n negentigjarige se daaglikse wel en wee. Bitter frustrerend.
Maar ons beur voort.
Daar is darem 'n blaaskans in die volgende paar weke vir 'n paar maande.
Kyk, jy lief jou Ma en jy wil so baie doen en help en sien wat is nodig om dit gemakliker te maak.  Maar jou eie lewe is op hold en die tye gaan verby....
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #2 on: March 10, 2015, 06:00:10 AM »
hoe goed verstaan ek sekere dele in jou vertelling, Elle. Dis asof ek teruggeskuif word in tyd, so 9 jaar gelede en weer 2 jaar ook. Daardie 5 maande .... of 3 maande en daar is niks NIKS wat mens kan doen nie behalwe neerkniel en in jou hande huil en huil en vra Here, U wil, asseblief.
Mag jy ook elke humor en liefdevolle en vreugdevolle oomblik saam met jou mamma geniet. Al raak hulle minder en minder, is hulle die kosbaar-koraalstring wanneer sy nie meer hier is nie.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #3 on: March 10, 2015, 06:05:26 AM »
Kan ek net sluk en jou drukkie gee Elle  :love7:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #4 on: March 10, 2015, 07:23:02 PM »
Dankie Meraai en Adele.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #5 on: March 11, 2015, 10:17:53 AM »
Van geniepsigheid gepraat is dood die ergste.  Die enigste troos is dat dit met tyd beter gaan.  Na elke stortbui van hartseer groei daar 'n dun rofie oor. 

Ons het net vanoggend met die man gepraat wat ons kaste insit.  Sy skoonmoeder is ook diep in die negentig en dit is nie 'n grap om haar te versorg nie.  Ons dink altyd aan die "pasient" maar nooit aan die versorgers nie.  Dit is hulle wat 'n bietjie ekstra liefde en drukkies nodig het.  'n Diep kniebuig vir al ons versorgers.  Julle is wonderlike mense. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #6 on: March 11, 2015, 07:34:40 PM »
 :love7:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Afgelope paar maande...
« Reply #7 on: July 01, 2018, 10:03:26 AM »
Lees ek weer oor 'n gas se skouer en laat 'n drukkie vir elkeen wat 'n geliefde versorg. Inderdaad nie 'n maklike taak nie  :love7: