Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 132438 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #255 on: January 15, 2020, 03:33:30 AM »
Twee soorte maalvleis- en groente pasteie uit een pan.

Hierdie variasie van ons maalvleis- en groente gereg was gisteraand heel smaaklik. As Outop 'n duim na bo gee, dan weet ek dit was 'n treffer en kan maar op die Lock pandok se menu verskyn in die toekoms. Die mengsel kan of in pastei vorm opgedis word of net so in lae opgeskep word.

Die groentes was vooraf gegeur na smaak en liggies gebraai in 'n diep pan (ek het een ui en 'n drie-kool-mengsel plus 'n halwe pak spinasie gebruik). Toe dit gaar was, het ek 'n dun lagie parmesan oorgestrooi. Daarna is dit eenkant toe geskuif om plek te maak sodat die maalvleis in dieselfde pan gebraai kon word. Die vleis was apart gegeur met 'n klein bietjie kerrie, sout en peper.

Intussen het ek blaardeeg gebruik en tertdoppe gebak. Na dit gaar was en afgekoel het, was hulle gevul met 'n lagie vleis, dan groente en heel laaste gevolg met 'n skeppie kapokaartappels en weer bietjie gerasperde parmesan. Terug oond toe tot die kaas lekker gesmelt was.

Daar het 'n klompie vleis en groente oorgebly wat ek deurmekaar geroer het en toe in 'n klein broodpannetjie nog 'n pastei aanmekaar geslaan. Die kapokaartappels was heel onder geskep, gevolg met die groente en vleismengsel. Weer so lekseltjie kaas bo oor voordat die laaste repie deeg kepies gesny en bo-oor geplaas was. Gebak tot die degie goudbruin was.





Die pasteie vries baie goed en is nog steeds net so smaaklik na dit ontdooi was.
« Last Edit: October 17, 2021, 01:43:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #256 on: March 25, 2020, 09:15:48 PM »
Njam-njam!  Dit is jou skuld dat my lyf so rond word. 
Ek wonder die laaste paar dae of ek nie sommer net moet laat los en eet tot ek bars nie.  SĂȘ nou net Cerona kry vir my beet?   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #257 on: June 30, 2020, 01:41:03 AM »
Ek is ook baie naby die punt van oorgee PM  :toothy4: maar voor dit gebeur is ek baie dankbaar dat daar nog lekker resepte is om te probeer  :icon_biggrin:

Hier is 'n resep soet-suur hoender. Waarskuwing, dit is gevaarlik lekker. Die deeg werk 100 persent vir uieringe ook. Dit sal ook 'n heerlike sous en degie wees vir varkvleis. Outop is so beindruk en die Gold Coast kinders wat fynproewers is, ook! Ongelukkig het ek die skakel verloor om erkenning vir die resep wat ons gevolg het te kan gee, so as dit jou resep is, laat my weet groot asseblief!

1 Cup sugar.
1 Cup water.
3 Tbsp white vinegar.
1 Tbsp ketchup.
1 Teaspoon soy sauce.
1/4 Teaspoon red food colouring.
3 Tbsp cornstarch. And if prefer: 1 Small can of pineapple chunks.
Cook all the ingredients together until smooth. Add cooked chicken. We've used diced breasts.

Batter:
1/3 Cup flour
1/2 Cup cornstarch
1 Teaspoon baking powder
Add water to form batter (about 1/2 cup)
Add 1 teaspoon soy sauce and season if you prefer.
Stir well and add chicken.
Let it marinade for about half an hour and cook in hot oil 'till golden. Add to the sweet and sour sauce.
ENJOY!
« Last Edit: October 17, 2021, 01:42:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #258 on: June 30, 2020, 02:15:46 AM »
Ek vra onverskoning vir die groot fotos. Die program is op die koffie en die ouens werk genadiglik daaraan. Ek kan dit nie kleiner maak op my komputer en weer plaas op die oomblik nie. Hopenlik kry hulle die probleem uitgesorteer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #259 on: June 30, 2020, 11:46:19 AM »
Die foto's se grootte maak die lekker net lekkerder!   :angel4:


Dankie vir die deel matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.