Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 40139 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #210 on: July 26, 2018, 11:11:31 PM »
Knie-vrye-broodjie

Hier is hy matertjie. In die winter rys ons brode maar sleg en dan span ek die klein oondjie in vir die rysproses. Dit werk soos 'n droom. Die oond moet net baie laag gestel word sodat wanneer jou deeg dubbeld gerys het, die bak met jou kaal hande uitgehaal kan word. So paar weke gelede kon ons nog buite bak en brou. Nou is dit te koud en word die gasoond van die pandok maar weer ingespan as daar brood gebak word. Vandag se broodjie het ek in 'n glasbak laat rys en bak. Jongste beloer die storie op die internet en se dit lyk pure dan nes koek Moekie  :icon_biggrin:



Verlede naweek ene gemaak in 'n broodpannetjie en Outop het dit in die Weber gaargemaak.



En so slaan ek my broodjie aan  :book1:



Ek neem 1 koppie lou water (nie te warm nie) en los 1 pakkie kits-suurdeeg daarin op.
Dan gebruik ek 'n klein bietjie van 'n kwart koppie bruinsuiker om by die suurdeeg te gooi
en laat staan dit vir omtrent so tien minute totdat dit skuim/borreltjies bo op begin maak
soos op die saamgestelde foto.

Sodra dit 'n lagie skuim gemaak het gooi ek dit in 'n mengbak met 'n kwart teelepel sout (jy
kan meer insit, ek moet ligloop vir soute)  en 1 lepel olyfolie. Gooi die res van die bruinsuiker
ook by as jy van 'n soetbroodjie hou.

Dan begin ek die broodmeel bietjie-bietjie byvoeg en roer met langsteelvurk.
Hou aan meel byvoeg totdat die deeg elasties word en nie meer aan die kante van jou mengbak
vassit nie. Sien saamgestelde foto waar die degie uit die mengbak in die glasbak gesit is.



Ek plaas dit met 'n deksel op in die conventional oond op baie laag en laat rys tot dubbeld die grote.
Gewoonlik 'n uur en half in die winter.



Plaas in voorafverwarmde oond van om en by 180 grade en bak tot goudkleurig en brood van die kante
van bak of pan begin wegtrek. As dit uit die oond kom smeer ek met bietjie botter en maak toe vir
'n rukkie voordat ons begin sny en geniet  :icon_biggrin:



« Last Edit: July 26, 2018, 11:16:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9114
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #211 on: July 27, 2018, 10:48:16 AM »
Manne, ek kan my vereenselwig met so 'n broodjie.  Heerlik verby!   "Gog, kom laat jy gou vir ons 'n broodjie bak!"   :icon_biggrin:   
Dit is heerlik om Goggie weer terug te hê by die huis.  Nou kan ek blommetjies plant terwyl hy kosmaak!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #212 on: August 15, 2018, 05:54:58 AM »
Jy moet bietjie kom spog met jou geplante blommertjies PM!

Ek skep intussen maar vir jou 'n ietsie op as jy dalk hier verby kom. Die uwe wou Outop bederf om dankie te se dat hy so hard werk vir ons en sy gunstelinge waarmee hy homself saans bederf voor bedtyd is bessies en joghurt. As ek kon kies sou myne pannekoek wees - so daar is 'n mengelmoes-nagereg van ons gunstelinge op die menu vanaand vir Vadersdag.



Jy kan jou gewone pannekoekdeeg gebruik vir die resep. Hier het ek van die bessies ook in die beslag gegooi.



Ek met 'n eier-ring klein pannekoekies uit groot pannekoeke gedruk.
Het 3 klein pannekoekies uit een grote gekry en toe 6 kleintjies opmekaar gestapel.
Die repies pannekoek wat oorbly word opgerol en ook met versiersuiker bestrooi.



Elkeen bygekom met versiersuiker en bessies in helftes gesny en ook opgesit, dan die volgende pannekoekie.
Afgerond met 'n skep natuurlike Griekse joghurt en Outop se gunsteling, die bessies en goue stroop oorgegooi.



As die tyd my inhaal word die heel pannekoek opgedis as ontbyt vir Outop.
:icon_biggrin: :bootyshake:


 



« Last Edit: September 12, 2018, 12:47:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1708
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #213 on: August 15, 2018, 07:03:10 AM »
Ta Raaitjie, Ta Raaitjie, Ta Raatjie. Nou is my tikker weer so nat gekwyl dat my vingers oor die tikkers vgly. Moenie dit aan mens doenie man!
 :love7: :toothy4: :hello2:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #214 on: August 15, 2018, 07:18:57 AM »
Naas, Naas, Naas, nou net vir Noorderliggie meegedeel dat ek liewers niks wil weet van wat al die disse aan my mates doen nie. Wat nie gehoor word nie, kan nie skaad nie, of iets in der voege.

 :bootyshake: :icon_biggrin:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 409
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #215 on: August 16, 2018, 05:57:00 AM »
Ek het anderdag lekker saamgesmul aan die lekker (en mooi) pannekoek deur die kombuisvenster van gesigboek!  Jy het 'n absolute vernuf om lekker en mooi te bak en kook en dit dan boonop te stileer en af te neem in erfstuk foto's
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #216 on: August 16, 2018, 06:20:13 AM »
Dankie vir mooiste kompliment. Ek waardeer opreg. Het dit al voorheen gese maar ek weet soms nie wat ek die meeste geniet nie - die aanmekaarslaan van 'n dis of craft projek, of die fotosessies  :icon_biggrin:

« Last Edit: August 27, 2018, 04:28:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #217 on: August 27, 2018, 04:28:55 AM »
Een van die gunsteling 'brekkies' op die Lock pandok se menu is 'n slaaigevulde omelet.
Ek weet baie ouens trek hulle neuse op vir die vulsel maar ons is baie lief daarvoor.



Die drie groot druppels sous is met 'n doel daar - Outop is glad nie lief vir sous nie
maar as ek dit so opdien bly daar nie 'n druppeltjie oor nie en agterna vertel hy
baie in sy skik dat die 'sous' net genoeg was  :icon_biggrin:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 409
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #218 on: August 27, 2018, 07:44:04 PM »
Jou kos lyk nie net altyd lekker nie, ek verwonder my aan die stilering daarvan en pragtige foto's!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #219 on: August 29, 2018, 05:26:01 AM »
Jy is so dierbaar!  Wens ons kon eendag saam kuier. Ek sou met graagte jou wou bederf met ietsie moois/lekker. Nou deel ek maar intussen my 'pepper egg brekkie' van vanoggend met jou matertjie. Dit is nou aarbei-seisoen en ek maak deeglik gebruik van die groot lekkerte wat enige bord opkikker in 'n japtrap.

  :icon_biggrin:



Die vrugte was oorskiet van 'n tafelversiering (hier mors ekke niks) Eet alles op voor dit kan verlep :bootyshake:

« Last Edit: September 12, 2018, 12:49:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 409
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #220 on: August 29, 2018, 05:38:32 AM »
Ek sou jou graag wou inspan hier by my klein gastehuis vir ontbyt bereiding en idees.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2234
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #221 on: August 29, 2018, 05:58:57 AM »
Ek sou dit soooooooo geniet het!! Ai was ek maar nader  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9114
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #222 on: September 11, 2018, 10:14:00 AM »
As julle twee sonder my kuier kom slaat ek julle met my besem!   :bootyshake:


Heerlik verby! 
Om te weet is om te verstaan.