Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 133449 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #180 on: January 28, 2018, 10:47:47 AM »
So lanklaas ietsie geplaas wat in die pandok se kombuis aanmekaar geslaan of gerol is  :icon_biggrin:
Gisteraand (en vanoggend) het Outop ons bederf met tuisgemaakte sushi. Mensig was dit 'n
groot bederf en natuurlik het dit die sak gepas!



Die voorbereiding en maak neem tyd - maar glo my vry, dit is beslis die moeite werd as jy van
sushi hou.



Soos gewoonlik het die oorskiet vanoggend 'n heerlike gaatjie gevul en was die
bestanddele sommer in oormaat gesmeer en rol.




 




« Last Edit: May 15, 2018, 03:17:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #181 on: January 28, 2018, 03:24:29 PM »
Ag mens, ek word vet net van "proe met die oog".  Het net laas week na jou broodjie gekyk.  Dit is altyd lekker om 'n draai te maak in die Lokkies se kombuis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #182 on: May 03, 2018, 05:44:18 AM »
Altyd welkom mater. Ons die afgelope paar weke gereeld sushi gemaak en nou vermy ek liewer die skaal  :icon_bigsmurf:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #183 on: May 03, 2018, 08:50:06 AM »
Ons lief sushi, maar hier is dit baie duur om te koop.  Ons sal ook ons luiigheite moet los en self inspring.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #184 on: May 08, 2018, 01:47:21 AM »
'Kook en vergeet' versus 'loer en roer'

As die gier my pak
word 'n ou Sondagtradisie
graag voortgesit in ons pandok.

Rys & vleis met 'n langsous,
soet pampoen en aartappelslaai
met effe van 'n kerriebyt

neffens dit blom so groenigheid
en vir afwisseling -
'n lekseltjie suurkool daarby

(wat die vrou van die huis hoog en laag gesweer het - nooit weer nie).

Net tussen ons...
twee ure se 'loer en roer' voor die stoof
is nie my idee van kook en geniet nie.

(My spesialiteit is soort van offergawes a.g.v 'kook en vergeet').

« Last Edit: May 08, 2018, 01:50:26 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #185 on: May 15, 2018, 03:17:01 AM »


Outop se tuisgemaakte kerrievis het my gisteraand na vergange se smaak en geur, geblik
uit die punt van Afrika geneem. 'Arm-dae-dis'. Wie kan jou verkwalik as jy tranerig raak
wanneer drie gesnyde uie, liggies gekrui met kerrie & borrie; 'n knippie sout en peperkorrels
soos ou vriende saam kuier in 'n pan?

Eenkant het vyf vissies ewe geduldig gewag op hulle beurt om te prut in 'n kerriesous
van dit en dat uit die middel-van-die-maand-koskas :icon_scratch:

Twee snye brood vir die doopslag, het ons 'bybelse maal in tru-rat' perfek afgerond.



Volledige resep:
Braai 3 gesnyde uie wat so bietjie gedokter was met kerrie en borrie, sout en peper.
Skep uit sodra dit mooi begin verkleur en hou byderhand.
Braai visstukke effens in dieselfde pan.

Ons het vyf heel stukke vis gebruik wat Outop in kwarte gesny het vooraf.
'n Paar lourierblare daarby komplimenteer die smaak gewis.
Meng 1 koppie water, drie-kwart koppie asyn, kwart koppie suiker, 3 teelepels kerrie,
plus 2 teelepels borrie en sout na smaak.

Gooi oor vis en laat stadig prut tot gaar.
Meng 1 lepel koekmeel en 1 tot 2 lepels water en voeg by kerriemengsel.
Voeg uie by en laat liggies verder prut tot sous verlangde tekstuur bereik.
« Last Edit: January 03, 2019, 01:01:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #186 on: May 25, 2018, 01:56:06 AM »
So week of wat gelede verras skoonseun ons met 'n naweek in die berge en ons huisvesting
en dis was so reg uit die bek van Afrika.  Opgewonde het ons vanaf die Suid Afrikaanse menu,
 'n lamb curry bunny chow bestel.

Pragtig opgedis en persoonlik afgelewer het ons kwylbekke aangesit.
O wee, dit was moeilik om ons teleurstelling weg te steek vir skoonseun
toe ons die eerste happies vat.

Van die skaapvleis met langsous en geurige aartappelblokkies wat ons verwag het,
was daar geen sprake nie net maalvleis met 'n byt uit 'n bottel en ietwat droog opgedis
in kwart en halwe brode  :crybaby2:

Terug by die huis, maak die pandok se hoofkok toe vir ons sy eie 'Lambs curry bun chow'
(opgedien in 'n uitgeholde bun).  Die resep basies dieselfde as vir Outop se kerrievisresep.





« Last Edit: January 03, 2019, 01:02:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #187 on: May 28, 2018, 04:13:19 AM »


Bonesop. Net die noem daarvan vou knoesig oor my skouers soos laslapkombers.
Ek onthou nog die tydsame proses wat my ouma se bonesop voorafgegaan het.

Die kayalami-eeu waarin mens jou nou bevind wil jy maak en eet. Hoe gouer
hoe beter. Daar is nie tyd vir bone week van eergister af nie. En om twee soorte
vleis in een dis te gebruik pas beslis nie die Locke se champagne taste, beer income
nie  :icon_biggrin:

Nou hoe gemaak as die lus en nostalgie jou vier uur die middag koulik oorval?
'n Glasie sherry kan ook net so lank troos en die resepte op die skerm voor my
lyk vreemd en bleek.

Geseend uit my pienk sokkies het my openlike geskimp by Outop,  die geurigste
boontjiesop opgelewer in 'n japtrap! Ons maalvleis was reeds ontdooi en ek het dit
vinnig gebraai in die wok terwyl Outop 'n paar aartappels, wortels en uie geskil
en fyn gekap het in die voedselverwerker.

Ouma se resep het spekstukkies ook ingehad en die bone uitsoek vooraf was altyd
 'n ontdekkingstog vir my - delwerskind het ek geglo dat daar dalk 'n blinkklippie
of twee tussen die bone kan wees.

Enigste blink deesdae is die blik op die rak en van klippies is daar hopenlik
geen sprake tussen die geblikte bone.

Terug by Outop se resep. Die groente is by die vleis gegooi in 'n lekker groot soppot.
Intussen is daar twee ketels water gekook en saam met 'n geblikte vierboneskat
het dit ook in die pot beland.

Hierna het die geurproses plaasgevind.  Sout en peper na smaak. Proppievol soya
sous, twee vleisblokkies en paar knypies gedroogde pietersielie. Spulletjie is goed
deurmekaar geroer en toe was daar geproe.

Outop glo dat inhoud reeds op hierdie waterige stadium moet proe na sop voordat
jy die deksel opsit en laat prut vir 'n uur of twee.  Gewoonlik maak ek vir ons 'n
potjie stywe mieliepap daarby of paar snye vars gebakte brood of vetkoek.

Kom deel groot asseblief jou eie sopresep met ons.








« Last Edit: May 28, 2018, 04:50:30 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #188 on: May 28, 2018, 07:47:03 AM »
Vandag moet ek 'n groot belydenis kom maak:  ek het nog nooit in my lewe self sop gekook nie!  So lief as wat ek vir sop is en so 'n uithaler kok en bakster as wat ek is!  Die rede:  dit is een van ongeveer 3 dinge wat my man kan doen, en goed kan doen.  En julle weet mos die ding van - wat jy vandag as 'n guns doen, raak more jou plig.  Dus, ek het dit nog altyd aan hom oorgelaat.  Te bang myne is dalk die verkose een, en dan is dit my plig.  Hy maak heerlike heerlike sop.  Ek skryf egter nie resepte voor of suggesties nie.  Dit sal die appelwa, (of dan boontjiepot) dalk laat kantel.  Hie hie :la:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #189 on: May 28, 2018, 08:17:43 AM »
Lekker giggel ek nou vir jou gesegdes. Dit is omtrent soos wanneer plesier, pligsier word  :angel4: daarom stem ek saam, jy eet en geniet net!

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #190 on: May 28, 2018, 10:17:04 AM »
Daardie een gaan ek onthou:  "wanneer plesier pligsier word!"  :evil5:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #191 on: May 29, 2018, 01:57:42 AM »
Ek sien jy het ietsie met jou saamgeneem Noorderliggie, groot plesier om te deel hoor  :book1:
Laat ek net gou die resep en foto neersit wat ek vashou sodat ons behoorlik kan kuier hier om die tafel.

Nog 'n trooskos in ons pandok is Outop se weergawe van die Brown gesin se 'eiernoedel gereg'
waarmee hulle die oumense bederf het, terwyl hulle ses weke by ons tuis was om hulle voete te vind in
die splinternuwe land. Gisteraand het manlief maalvleis en uie gebraai terwyl die noedels eenkant gaar
geword het.

Chinese roerbraai groente en 'n paar handevol gemengde wintergroentes is ook vinnig bros gebraai
met soya sous, sout en peper na smaak. Laastens was die gaar noedels bygevoeg en goed deurgeroer.
Daarna was die spulletjie toegelaat om mekaar te leer ken op baie lae hitte vir 'n paar minute.

Garneer met kaas van jou keuse. So strepie brandsous oor hierdie dis, rond die smaak vir my perfek af 😋


Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #192 on: May 29, 2018, 06:17:06 AM »
Dit lyk heerlik, vriendin waar-die-son-skyn-assit-hier-nag-is.   Ek moet leer hoe om foto's te plaas, dan gaan ons lekker saam eet,
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #193 on: May 29, 2018, 07:07:44 AM »
My plek geboek, intussen hou ek duimvas jy kry foto geneem van jou manlief se moerbei-sop bederwe  :hello2: :icon_biggrin:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #194 on: May 29, 2018, 07:25:20 AM »
Ek en Meraai het nou lekker om 'n ander tafeltjie gekuier.  Vertel ek haar my man se sop is eintlik Moerbei sop.  Hy gooi so knypie van die, so lekseltjie van daardie in.  En maak nog sop op die outydse manier.  Boontjies geweek, groente in netjiese blokkies met die hand gekap, groot liefdeswerk.  En dan, regte, egte sopvleis, met GROOT murgbene.  En as ek my mooi gedra het (ek kry dit soms reg) red hy die murgbene voor dit uitkook, en eet ek dit op roosterbrood met baie sout en peper.  Heerlik!  Blink bek agterna, ene kat met piering room.  Maar ek sal vriende verloor as ek dit voor hulle eet, die is 'n private gedoente!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!