Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 133443 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #150 on: October 19, 2016, 04:25:39 AM »


Daar is verskillende maniere om 'n bok te skiet. Ons verkies ene deur die lens. En so is die probeerslag van
'Street Kitchen se North Indian Butter Chicken' dan ook geskiet en nou gedeel. Volg net die aanwysings op
die pakkie en voeg na hartelus by as jy jou eie stempel wil afdruk. Outop het klapperroom gekies. Volgende
keer sal ons die konkoksie bietjie aanhits met so lepel of drie kerriepoeier by.

So het die aangewese proses verloop...  :toothy4:



Intense konsentrasie om die fynskrif te ontsyfer.



So lyk 'n man wat hou van kosmaak.



Al die toorgoedjies wat 'n eg Indiese geur laat hang het in die pandok se kombuis.



Hoender is liggies gebraai en toe is dit tyd vir die souse... klapperroom was Outop
se opsionele keuse vir eie stempel afdruk.

En agterna druk die immergroengewilde appel, jogurt en dadel 'n finale stempel op
kerriemaal af  :notworthy:



« Last Edit: October 19, 2016, 04:31:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #151 on: October 20, 2016, 02:23:09 AM »
Sluip ek gou hier verby die kombuis, met die druk van 'n paar knoppies
en skuif van die muis gaan ek in 'n ommesientjie gisteraand se pogings
voor die stoof en oond in ons pandok met julle deel wat gesteel was met
die oog en aangepas met dit wat in die Locke se koskas was  :icon_biggrin:



Outop moes sy storie ken; daar was ge(d)ruk en gerol van 'n anderste soort
want oprol het fyn beplanning geverg - onse spek was nie in fyne repies soos
die resep oppie skerm vereis, maar op 'n bord het dit ewe spiekeries vertoon!
.



Om nie uit te mis op al die joligheid nie het ouma ook haar hand gewaag
en het daar saam met die Sushi rolle ook 'n kaserige verrassinkie gewees



Na al die gewikkel was die smaakkliere behoorlik geprikkel en het ons aangesit
vir die feesmaal, ek het oge toegeknyp vir dit wat ewig om die heupe gaan sit
en baie beskeie die sjampanje glase liewers met 'n gesonde beetsappie gevul!





« Last Edit: October 20, 2016, 02:58:35 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #152 on: October 20, 2016, 11:53:27 PM »
Spiraal Aartappel - Lock voorbeeld  :toothy4:



Wat 'n missie was dit om die spiraal-aartappeltjie op die bord te kry. Geheel
en al nie so eenvoudig en gemaklik soos dit lyk in die video nie.

Dankie vir jou moeite my dierbare man, dit was heerlik!

As jy self jou hand wil waag:
https://www.buzzfeed.com/merleoneal/tornado-potatoes?bffbtasty&ref=bffbtasty&utm_term=.chQLpOoX4#.rnpAQk2O5
« Last Edit: October 21, 2016, 01:46:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #153 on: November 01, 2016, 10:45:42 AM »
Probeer is nie verniet die beste geweer nie. Na ek vanoggend betrap was in my
slaapklere toe daar 'n pakkie afgelewer word vir Outop en ek skuldig wegkruip agter die
hoekie in ons gang tot die afleweringswa se engine brul en verdwyn om sy eie hoek, het
die ouvrou besluit om Outop te verras (witbroodjie bak, letterlik en figuurlik) om weer in
sy goeie boekies te kan kom. Die kampnaweek wag...
:headbang:

Die keer is die brood aangemaak sonder room en suiker, maar wel 'n koppie kaas by
dieselfde resep wat ek ook gebruik vir platbroodjie, gewone en soetbrood. Die hele kaboedel.

Net toe ek die deeg wil buitentoe neem om te rys besef ek die weer speel nie saam nie. Word
die konvensionele oondjie ingespan op sy laagste temperatuur vir 'n half uur en siedaar.
Bak vol gerys en reguit oond toe.



En toe begin die groot geproe...



« Last Edit: November 01, 2016, 10:49:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #154 on: November 09, 2016, 04:41:42 AM »
Salisbury Steak

(Kon net sowel Verneuk-Steak genoem word want dit is skone maalvleis wat gebruik word!)



Hierdie resep neem 'n ruk om voor te berei en ons het agterna gevoel dat dit
baie vinniger gaargemaak kan word met dieselfde resultaat en smaak. Eerstens
word die maalvleis gerek met wat jy ook al wil byvoeg. Basies soos vir maalvleis-
bolletjies.

Dan word dit liggies verbruin en daarna op 'n laag sampioene en uie in die
slow cooker geplaas. Gooi dan 'n aftrekselmengsel van jou keuse oor en laat stadig
prut vir ongeveer 5 ure.



Daarna word die vleis uitgetel en die sous meer lywig gemaak met mielieblom. Plaas
vleis terug en laat nog 'n rukkie prut.



Bedien op rys of kapokaartappels en slaai.


« Last Edit: November 09, 2016, 04:43:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #155 on: December 01, 2016, 12:55:26 AM »


Hierdie loer-en-probeer-resep was 'n groot gunsteling in die pandok!  Nie alles in die huis
gehad wat die oorspronklike resep vereis het nie, was spek ingespan saam met gebraaide
uie, sampioene en capsicums. Heel eerste was daar 'n paar stukkies roomkaas in die ring
geplaas en dan gevul met wat jy ook al wil gebruik, afgerond met gerasperde kaas van jou
keuse.

Ek het natuurlik weer oorboord gegaan en die ring te vol gelaai. Vir meer gemak met die
toevou, sal ek voorstel dat jy nie te swaar hand moet he nie  :icon_biggrin:


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #156 on: December 01, 2016, 01:00:46 AM »
Blaardeeg Appel Bederfies



Die foto's sal hopenlik wys hoe die lekkernye gemaak is. Soos julle kan sien op een van die fotos
was hierdie ook 'n loer en probeer resep wat nou deel vorm van ons bederf-resepte in die pandok.

Vooraf het ek 'n paar appels ontstronk (hier moet mens mooi kyk wat jy tik lol) en dit in dun skywe
gesny. Paar minute op hoog in die mikrogolf gekook met handvol bruinsuiker. Nadat dit op die deeg
geskep is, het ek die spulletjie met kaneelsuiker bestrooi.

Bak tot ligbruin en laat afkoel. Strooi dan mildelik met versiersuiker.

Ek het dit so geniet en Outop het binne ommesientjies korte mette gemaak met die moeite wat
op sy beurt, my beloning was  :icon_salut:



Hierdie manier van appelrose maak is seker die maklikste ooit!

« Last Edit: December 01, 2016, 01:08:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #157 on: January 25, 2017, 03:08:16 AM »
The good and the bad on one plate 

Praat van (on)gesond op een bord in die tyd wat almal meer gesond probeer eet
 :toothy4:



Die plan was om ietsie in die dorp te koop gisteraand maar toe is daar onverwags 'n stok in die
wiele gesteek. 'n Boer maak 'n plan. Tjop-tjop het Outop vir ons 'n sappige skaaptjoppie in die wok
gaargemaak en ouma vul die res van die bord met slaai en geroosterde groente in 'n kaassous.

Iemand wat 'n resepteboek geskryf het onlangs op die radio gemeld dat kos wat in 'n vierkantige bord
geskep word, smaakliker proe as in 'n ronde bord.  Of dit nou bygedra het tot die hemelse smake
gisteraand wis ek nie maar die kombinasie was 'n wenner.

Die pampoen-en spinasieslaai was soos altyd 'n treffer!



Oorskiet word soos gewoonlik 'brunch' die volgende dag in ons pandok. Daar was nog slaai & groente
oor van gisteraand - met die inhoud van geblikte vis daarby, word dit toe 'n geurige maal op sy eie.
« Last Edit: January 25, 2017, 03:12:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #158 on: January 25, 2017, 03:44:57 AM »
3 Cheese Minute Steak Rolls

Hele bekvol vir 'n titel maar glo my vry, dit smaak heerlik verby :)
Ek het cottage- en roomkaas gebruik as kombersie vir die minute steaks.
Aan die breedste kant plaas jy 'n reep vulsel van jou keuse met gekerfde uie,
sampioene, peppers. Strooi parmesan bo-oor.



Rol op en steek vas met tandestokkie.
Rooster tot gaar.
Ons het kapokaartappels, ertjies en 'n groenslaai saam met dit opgedis.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #159 on: March 09, 2017, 07:27:36 AM »
Gevulde Sampioene



Altyd 'n treffer in ons pandok! Draai die stammetjies effens en haal dan uit.
Sit eenkant neer vir latere gebruik. Daarna vul jy die sampioene met titseltjie
knoffel. Sout en peper na smaak. 



Vul met jou keuse kaas. 'n Snytjie tamatie of repie bacon is net so lekker.
Hierna volg nog 'n skeppie kaas. Gewoonlik gebruik ek twee soorte sagte kaas
maar gerasperde kaas werk net so goed. Smeer randjies met botter.
Strooi pietersielie bo-oor.



Smeer nou die stammetjies ook. Ek het roomkaas gebruik. Plaas in pan en rooster
in die oond (200 grade vir gasoonde) tot gaar. Plaas die stammetjies weer terug
terwyl kaas nog warm is.

« Last Edit: March 09, 2017, 07:36:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #160 on: March 14, 2017, 06:51:05 PM »
As kosmaak 'n kuns is, dan het jy dit vervolmaak Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #161 on: March 14, 2017, 11:26:22 PM »
Ons lief eet mater PM  :icon_biggrin: en die maal se beplanning en voorbereiding is ook die grootste kuiertyd vir my en Outop.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #162 on: March 21, 2017, 11:55:13 PM »
Toe oorval die lus vir 'n seekos-voorgereg my. Drie 'Seafood Sticks' in ringetjies gesny
en dit saam met 'n gemengde koolslaai deurmekaar geroer. Slaaisous gemaak van mayo,
kondensmelk en tikseltjie kerrie. Afgerond met blare was dit 'n feesmaal op sy eie.







« Last Edit: March 22, 2017, 12:00:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #163 on: March 22, 2017, 12:14:21 AM »
Dit is nou een ding wat ek nog nooit kon regkry nie   :icon_scratch:  :toothy4:

So.... ek deel my sus se resep (haar piesangsbrood is altoos deur 'n wenner!)



4 ryp piesangs
80g botter gesmelt
1/2 tot 1koppie bruinsuiker (ek vat 1/2 kop suiker)
1eier (ek bak 2broodjies en gooi ekstra eier in vir al 2 broodjies)
5ml Vanilla
5ml koeksoda
1 1/2k koekmeel

Druk piesangs fyn en gooi gesmelte botter by, hou eenkant.
Klits eiers en suiker tot romerig en voeg vanilla by.
Meng alles deurmekaar en strooi koeksoda oor en voeg laastens koekmeel by.
Gooi beslag in pannetjie en bak 1uur op 180 grade


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #164 on: March 28, 2017, 11:10:01 AM »
Dankie vir die plaas Raaitjie, ek sal die een beslis probeer.  Skuus matertjie dat my plasings so kaalgat is, maar ek kry steeds nie my gatseggies om te werk nie.  Liefies.
Om te weet is om te verstaan.