Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 136121 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #135 on: July 18, 2016, 03:19:21 PM »
Ek is nie so suinig nie, hy kan maar 20 kilo's by my vat.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #136 on: September 04, 2016, 12:57:17 AM »
Terwyl ons nou so goedgunstiglik aan die uitdeel is kom dra ek my deel by.
Outop se 'Thai Green Curry (Seafood)' was gisteraand vyfstergehalte en ek
deel graag met julle ook. Hierdie resep sal net so lekker wees as die seekos
vervang word met hoender.

*Die resep is in Engels sodat skoondoggie dit ook vir hulle kan maak aangesien
ons dieselfde voorliefde vir Thai-disse het. Die groen(te)sap daarby het gesorg vir
die afronding van 'n perfekte maal.

Recipe:
500g Marinara Seafood Mix
2 tbs coconut oil (helps to disguise the fish smell while cooking)
3 tbs green Thai curry paste
1 tbs minced garlic
250 g frozen green beans
300 mls coconut milk

Method:
Step 1. Add oil, green curry paste and garlic to frypan. Fry for 1 min.
Step 2. Add half the coconut milk and simmer for 2 min.
Step 3. Add marinara seafood mix and simmer until fully cooked.
Step 4. Add beans and remaining coconut milk and simmer for 5 min.



Ons het dit voorgesit met knoffel Naanbrood en Jasmine rys waarin Outop
'n lepel of wat klapper bygegooi het.


« Last Edit: September 11, 2016, 01:07:22 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #137 on: September 05, 2016, 11:47:31 PM »


Na die vorige aand se kerrie-tamatie-blabs het die ouvrou 'n meer besadigde kultuurdis voorberei
en vir die lekkerte, die normale gang van sake ('n kruis tussen 'Bobotie & Herderspastei') op sy kop
gedraai.

Volg jou betroubaarste Bobotie/Herderspastei resep en dollie dit onderstebo op... eerste vier stappe
lyk so:



Klaargaar-maalvleis mengsel volgens jou eie resep en 1 koppie melk met 2 eiers ingeklits word soos vir
bobotie, oor alles gegooi. Afgerond met gerasperde kaaslagie vir daardie brosbruin voorkoms as dit uit
die oond kom en jy het 'n wenner!



Bedien met 'n groen-vrugteslaai.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #138 on: September 07, 2016, 12:05:13 AM »
Ons almal ken die kopkrap wanneer dit by kosmaak kom - wat maak ek gaar vanaand?
 :icon_scratch: :dontknow:

Gewoonlik het die kok van die huis en die uwe om die beurt ons plekke voor die stoof
ingeneem nadat ons die vorige aand besluit het wat ons gaan gaarmaak. Nou woel Outop
van lig tot donker en kom sit alte dankbaar saans aan met verwagting... vou sy servet
oop en loer na die tafel. Wat is op die menu ouvrou?

Tot my skok besef dieselfde ouvrou dat sy mooi netjies in die valstrik van voorgeslagte
getrap het (as jy as kind iets geniet het, het moederlief jou daarna aand na aand bederf
met dieselfde lekkerny op die spyskaart).

Ek loer van broodjie tot rys en na die bakkie met sy oorbekende inhoud. Hoekom voel
dit na deja vu?
 :icon_bigsmurf:

So verskyn daar toe die derde prutpot gereg vir die afgelope week op ons tafel. Genadiglik
was die aartappel met sy kaasjas apart gaargemaak en so ook die Naanbrood wat beide
'n duim na bo gekry het van Outop. Die hoender het geurig gespog in 'n goudgeel
'butter chicken' sous. Dit het intussen effe van voorkoms verander (was heel in die pot
gegooi) en ek kon dit in sappige stukke uitskep en apart opdien saam met die aartappels.
Die groentesous was eenkant opgedis as doopsous vir die broodjie wat Outop altyd geniet.




Hierdie broodjies is voorwaar 'n treffer saam met enige kerriedis. So maklik soos die ABC.
1 Koppie lou water waarin jy 'n pakkie kitsgis oplos met suiker na smaak. Ek gooi so twee
lepels in. Roer goed. Begin met 1 koppie meel en 'n teelepel sout in jou mengbak.

Gooi die gismengsel stadig by en roer, gebruik al die vloeistof en voeg meel na gelang by
tot die deeg kniebaar is.

Ek is lankal verby die kniestadium in my lewe en roer net met 'n langsteelvurk tot die spulletjie
nie meer aan die kante vassit nie. Maak toe en laat rys op 'n warm plek vir ongeveer 1 tot 2
ure.

Maak bolletjies en vorm soos vir vetkoek. Bak tot ligbruin in oond (200 grade) en smeer dan
met mengsel van gesmelte botter, knoffel en pietersielie.

« Last Edit: October 20, 2016, 03:07:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #139 on: September 07, 2016, 09:53:57 AM »
Die onderstebo bobotie lyk so lekker! Ek dink 'n mens sal seker die "mash" kan vervang met blomkool. Njam-njam.
Ek het laasweek vir ons avo-roomys gemaak. Dit klink effens vreemd, maar dit was baie lekker. :-)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #140 on: September 08, 2016, 12:08:44 AM »
Verseker sal dit werk met blomkool-mash! Fransi kom vertel groot asb van daardie avo-roomys :notworthy:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #141 on: September 08, 2016, 10:11:48 AM »
My resep vir avo-roomys: 3-4 avo's, 1/4 k heuning en 'n 1/4 k versoeter (ek dink volgende keer sal ek eerder 'n 1/2 k heuning gebruik); eetlepel suurlemoensap en 500 ml melk. Ek het dit verpulp en toe gevries. Ek het gisteraand nartjies en lemoene gebruik. Die resep lyk so: 1 1/2 k room; 1/2 k Griekse jogurt; ongeveer 2 k lemoen- en nartjiesap (ek het 'n hele klomp uitgedruk, totdat dit vir my gelyk het of daar genoeg is); versoeter volgens smaak; 1 eetlepel suurlemoensap en 1 tlp vanilla. Sondagaand gaan ons lekker roomys eet!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #142 on: September 11, 2016, 01:09:30 AM »
O my glorie Fransi! Duisend dankies vir die deel. Gaan beslis probeer  :hello2: :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #143 on: September 11, 2016, 01:15:19 AM »


As variasie op die "Green Curry Seafood Dish' het Outop gisteraand gebraaide uie en rooi peper bygevoeg.
Dit was 'n ware feesmaal en toe het ek soos gewoonlik vanoggend weer die oorskiet van vooraf geniet!









Elke aand as ons saam handevat om dankie te se vir die voorreg om as man en vrou aan tafel kan sit
met 'n bord kos en 'n dak oor jou kop, is 'n ongelooflike voorreg wat ons sekond vir sekond vertroetel.
Tel my seeninge een vir een dat ek my Outoppie aan die sy het, hy is my rots en anker deur dik en dun
hou hy die pot letterlik aan die kook in ons pandok!



 :icon_bigsmurf:
Besig om te pak vir ons wegbreek-week in die skoon vars berglug, was daar
vanaand effens verneuk voor die pandok se stoof. Die gebruiklike seekosdis
was omtower in 'n Thai Green Curry uit 'n doos met alles wat jy nodig het
in aparte pakkies met genommerde aanwysings. Een-twee-drie het jy
'n smaakvolle gereg wat geen tree agteruitstaan vir enige restaurant nie.

Bedien met rys en platbroodjies om in die sous te doop.

« Last Edit: September 17, 2016, 11:46:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #144 on: September 11, 2016, 01:42:35 PM »
 :hello: :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #145 on: September 15, 2016, 01:21:06 AM »
 :toothy4:  :wave: Fransi

Val ek so groetende by die kombuisdeur vanoggend in.

Vandag is daar 'n ietwat ongewone kombinasie wat vir homself 'n plekkie verdien het op die Pandok
se menu vir Japtrap-Oorskietdisse. 

 

Iewers op die internet het Outop 'n resep gekry vir 'Klapper Rys' en so het ons bakkie met oorskietrys 'n
splinternuwe gedaante ondergaan en vanoggend het ek dit geniet saam met die tuna pastei wat dan ook
opsigself 'n oorskiet-dis was.

En so is die spulletjie aanmekaar gebrou...

Klapper Rys:
Oorskiet gevriesde Basmati rys is opgedollie met die braai van 'n kwart koppie klapper, rooi en groen pepers.
Daarna is die ontdooide rys bygevoeg en alles saamgebraai in klapper olie.

Tuna en Spinasie Pastei:
Plaas die helfte van een pak (150g) fyngemaakte skyfies (jou keuse van geure) onder in 'n gesmeerde bak.
Volg dan met gaar spinasie bo oor skyfie-kors.
Strooi gerasperde kaas na smaak bo oor.
Hierna meng jy 1 groot blik gevlokte tuna met 'n halwe koppie gerasperde kaas, 'n gekapte ui en res van skyfies.
Skep bo op spinasie en kaas mengsel in bak.
Maak nou 'n mengsel van 2 eiers, 25ml koekmeel, halwe teelepel bakpoeier, knippie sout, 100ml mayonaise,
100ml blatjang en 200ml melk wat jy bo oor alles gooi.
Bak in 180 grade oond vir ongeveer 30 tot 40 minute tot goudbruin bo.

Ek strooi gewoonlik weer 'n bietjie kaas bo oor en plaas terug in oond tot die kaas mooi verkleur.
« Last Edit: April 03, 2017, 12:41:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #146 on: September 15, 2016, 08:55:02 AM »
Oeeee!  Lekker.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #147 on: October 10, 2016, 10:44:22 AM »
Bly jy het kom inloer PM  :icon_biggrin: Baie welkom altyd deur hoor.

Ek sien hier het iemand so pas weer probeer om die klompie resepte te druk.  Ongelukkig is die formaat wat ek doelbewus gebruik sodat die woorde by die fotos pas, glad nie drukkersvriendelik nie. Ek het probeer en papier gemors!
 :crybaby2:
« Last Edit: October 13, 2016, 01:39:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #148 on: October 13, 2016, 12:09:03 AM »
As jy jouself so verloor het in 'n resepteboek dat tyd jou inhaal en jy skuldig wonder
wat dis ek vanaand op want van al die wonderlike idees wat koggel en verlei tussen
kleurvolle blaaie, het niks gerealiseer behalwe hongerpyne wat knaag. 

Vinnige kykie na die binnekant van jou ys- en vrieskas bring verligting en 'n oplossing
vir die verknorsing  :evil6:

Oorskiet maalvleis, twee kale blaardeeg-rolletjies en siedaar - jy het 'n wenkombinasie
vir daardie lee gaatjie in die pensies.

Kom ons vertroetel die voorreg om nog 'n maat aan jou sy te he wat jy kan bederf.

 :notworthy:





« Last Edit: October 15, 2016, 11:39:03 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #149 on: October 16, 2016, 12:09:56 AM »
Onderstebo Brood Poeding

So 'n ruk gelede plaas ek Outop se soetbroodresep vir ons Meisiekind op FB. Groot was die
verrassing toe Broergoed uit Suid Afrika reageer met 'n voorstel dat ons 'n laag bruinsuiker
onder in die pot gooi en dan die bolletjies brooddeeg - afgesluit met nog bruinsuiker en room
bo-oor.

Nie 'n idee hoeveel van alles, pak ek die resep na denke aan en meet af soos oumagroot...
gemaak soos voor die tyd van elektriese klitgedoentes  :evil6:

Vir die bolletjiesdeeg het ek my basiese resep vir 'n platbroodjie gevolg:
1 Koppie lou water waarin jy 1 pakkie gis en 'n kwart koppie bruinsuiker na smaak oplos.
1 Teelepel sout en 'n lepel olyfolie.

Gooi die vloeistof in 'n mengbak.

Die meel word sommer direk uit die pakkie bietjie vir bietjie bygevoeg soos nodig
terwyl ek dit met 'n vurk roer tot die deeg 'n elastiese, kniebare tekstuur het.
(Ek reken dit sal omtrent so 2 koppies meel wees).

Verniel dit so paar keer met jou hande as jy nog krag oor het en bedek met kniekombersie
op 'n warm plek en laat rys tot dubbel die grootte.

Smeer 'n broodpan (ek gebruik ons swartpot) en strooi 'n lagie bruinsuiker onder in.

Maak bolletjies met die deeg en plaas bo op die laag suiker.

Laat weer rys en gooi dan nog 'n laag suiker bo oor plus 'n houertjie room.

Bak vir ongeveer 1 uur teen 190 grade (gasoond).

Laat effens afkoel en keer om op 'n bord.



Nog 'n groot bederf was die aartappels wat in die skil gaargemaak was en daarna oopgesny en botter
bo opgesit, dit lekker bruin laat bak in die oond tot die skil bros begin lyk.

So 15 minute voor ons opgeskep het, het ek kaassous met gebraaide sampioene & uie oorgegooi.
Daarna so bakhandvol gerasperde parmesan bo-oor en weer in die oond gesit. 



Dit is saam met 'n gebraaide tjoppie en mengelslaai opgedis. Die 'onderstebo brood poeding' was
'n groot bederf agterna  :icon_biggrin:






« Last Edit: October 16, 2016, 12:26:30 AM by Meraai vannie Baai »