Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 133427 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #30 on: March 10, 2015, 07:18:18 PM »
Kyk, vir iemand wat besig is om grampie vir grampie van standvastige vette probeer ontslae raak, is hierdie erfie die verkeerde afdraai.
Toedels.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #31 on: March 11, 2015, 03:29:26 AM »
Hierdie ene
is spesiaal
vir Elle,
en haar skaal.



Voor jy gaan
neem gerus
'n vruggie saam,
vir sielerus.

 :toothy4:

Toedels.
« Last Edit: March 11, 2015, 03:31:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #32 on: March 26, 2015, 11:06:13 PM »


Bestanddele:
6 k koekmeel
1 k margarien
2 k suiker
2 e gemmer
2 eiers
1 k goue stroop
3 t koeksoda
¼ t sout

Metode:
1. Klits botter en suiker goed dan eiers.
2. Gooi stroop en gemmer by dan koeksoda, aangemaak met 2 e melk.
3. Sif dan meel by en meng goed.
4. Maak balletjies en druk plat in pan. (Moenie uitrol nie.)
5. Bak 20 minute in matige oond (180°C) tot ligbruin.

*Resep: Joey Pienaar
Bakstertjie: Maddison Lock (3jr)



Amper 'n jaar later...
en gemmerkoekies is nog steeds die klein Lockie se gunsteling koekie.



« Last Edit: August 28, 2015, 12:59:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #33 on: March 27, 2015, 12:01:40 AM »
Sussa se Vakansie Beskuit



Jy het die volgende nodig:

1 kg. bruismeel
5 ml. sout
500 ml suiker
1.5 liter semels (ek gebruik hawermout)
50g klapper
80-100 g sultanas
500 g margarine
500 ml melk
Sonneblomsaad, ‘n handvol

Metode:
Skakel oond aan op 180 grade C.
Meng alle droë bestanddele,
klapper, sultanas en sonneblomsaad word laaste bygemeng.
Meng alles goed.
Voeg margarine by, vryf met vingers totdat daar geen klonte is nie.
Gooi melk bietjie vir bietjie by tot alles gemeng is en ‘n stywe deeg vorm.
Druk deeg plat in ‘n bespuite oondpan.
Bak vir 45 min. Toets of gaar. Laat afkoel.
Sny beskuite in verlangde groottes.
Droog uit vir twee ure by 60 -80 grade Celcius.
GENIET saam met lekker koffie en gawe geselskap!



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #34 on: March 27, 2015, 11:34:02 AM »
Ag heerlik.  Vinnig en maklik en lêêker!  Dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #35 on: June 16, 2015, 11:16:42 PM »
Plesier! Deel gou hierdie ene ook (raakgelees op 'n nig van my se blad)

HANDIGE PLAASVERVANGERS

230g botter - 220ml kookolie
15ml mielieblom - 30ml koekmeel
250ml bruismeel - 250ml koekmeel+5ml bakpoeier.
20ml bakpoeier - 10ml kremetart + 5ml koeksoda.
5ml kremetart - 15ml suurlemoensap of asyn of 3ml wynsteensuur.
10g kitsgis - 25g blokkie vars gis
250ml suiker - 200ml gouestroop of heuning.
250ml suurmelk\room - 250ml melk + 20ml suurlemoensap of 15ml asyn.
250ml jogurt - 250ml karringmelk 250ml vars room - 185ml melk + 65ml botter.
1 heel eier - 30ml water + 3ml bakpoeier. (In koeke of koekies) - of 1 eierwit + 10ml kookolie.
5ml suurlemoensap - 3ml asyn
30g onversoete sjokolade - 50-60ml kakao + 10ml botter.
« Last Edit: June 16, 2015, 11:23:55 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #36 on: June 22, 2015, 11:04:51 AM »
Baie dankie vir die plasing.  Dit sal werklik goed gebruik word in my huis.  Dalk kan jy so 'n onderwerp begin waar ons kan aanlas Raaitjie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #37 on: June 22, 2015, 11:27:05 AM »
Sal so grappie maak PM  :toothy4:
« Last Edit: July 16, 2015, 12:16:55 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #38 on: June 22, 2015, 03:24:02 PM »
'n Gunsteling dis van my is Griekse Pastitsio, dit is 'n pasta gereg.  Dis altyd 'n wenner, veral as ek baie mense voor kos moet gee. 
En mens kan dit vooraf maak, en in die yskas bere en net voor die gaste kom dit in die oond steek.

Bestandele:
Een pak pasta van jou keuse, ek is lief vir skroewe noedels of macaroni elmbogies
Olyfolie
2 Gekapte uie
Knoffel na smaak
1 Blik heelpitmielies
1 Blik tamatie en uie smoor
1 Blikkie Tamatiepasta
Ongeveer 10 repies spek
Ongeveer 500g maalvleis
2 Koppies gerasperde kaas
4 Eiers
Halwe koppie melk
Gesnyde sampioene afhangend van smaak (dit kan uitgelaat word)
1 Eetlepel suiker
Sowat 3 eetlepels chutney
Sowat 1 eetlepel worcestershire sous
Sowat 1 eetlepel asyn

Metode:

Verhit die oond na 180 grade
Kook die pasta in sout en bietjie olie tot nie te sag, dit moet nog stywerig wees
Dreineer die pasta van die water

Verhit olyfolie (ongeveer 2 eetlepels) in 'n pan of pot
Voeg die uie en knoffel by.
Voeg die eetlepel suiker by, maak dit toe en laat dit stadig karameliseer tot effe bruin
Voeg die spek in blokkies gesny by, en braai tot goed gaar
Voeg die maalvleis by en roer voortduerend met 'n vurk sodat dit nie klonte maak nie
Voeg jou geurmiddels by - myne = sout, witpeper, swartpeper, Knorr aromat chille, Italian herb mix

Voeg nou die gedreineerde pitmielies by en laat dit saamgesels vir paar minute.
Roer ondertussen die Worscestershire sous, Chutney, Asyn by
Voeg die tamatie/uie en tamatie pasta by
Voeg jou geurmiddels by
Laat alles nou 'trou' in die pot vir so 20 minute op lae hitte.
Dit moet nie souserig wees nie, net lekker dik sousie.

Pak in 'n oondpan 'n laag pasta, gevolg deur die hele vleismengsel, en weer afgerond met 'n laat pasta.
Klits die eiers en melk saam en gooi dit egalig oor die hele pasta gereg
Strooi die gerasperde kaas egalig oor die gereg
Sprinkel nog so bietjie Italian Herb mengsel en selfs baie baie min rooipeper bo oor vir kleur

Bak in oond (180 grade) tot 'n goudbruin kleur bo op

Sit voor met 'n lekker Griekse slaai met baie Feta kaas en olywe.

Hierdie resep is 'n familie resep, my pa was mos Grieks
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #39 on: July 16, 2015, 12:09:14 PM »
Duisend dankies vir die deel hier in ons Gatkantlandse (Down Under) 'Kebuis Anastasia. Outop het vanaand jou Griekse Pastitsio gemaak en ons kan getuig - dit proe djeeeerlik!  :notworthy:



Die maalvleismengsel was 'n groot versoeking om nie net so te verorber nie. Elke keer as ons verby gestap het terwyl die '20 minute trouery' aan die gang was, het ons eers gou weer geproe  :icon_biggrin:

« Last Edit: July 17, 2015, 01:02:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #40 on: July 16, 2015, 05:34:18 PM »
Oh man, oh man...
Julle laat my mond water.  Beslis.
Al hierdie disse is super lekker.
Eendag wanneer ek weer maer en my kake weer (oortyd) werk, maak ek daai pasta-gereg.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #41 on: July 17, 2015, 01:53:28 AM »
Elle, vanoggend na ek jou plasing gelees het oor die invloed van winter op ons gemoedere het ek besluit om myself te bederf met 'n ietwat ongewone ontbyt - van die oorskietpasta verhit in die mikrogolf (net bietjie ekstra kaas oorgerasper). Dit het net nog geuriger geword met die 'rypwordproses' oornag.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #42 on: July 17, 2015, 06:53:22 PM »
Beslis, Meraai.  Oorstaan of oorskietkos is die volgende dag altyd lekkerder.  Die geure het dan al gemeng en soos jy se 'ryp' geword.
Ek eet enige kos op enige tyd van die dag.
So, pasta vir brekfis is  :headbang:
elle

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #43 on: July 19, 2015, 08:13:44 PM »
Ai, ek is bly die resep het soveel harte en magies warm gelaat.  Jou foto's maak my sommer lus hier waar ek sit.  Knap gedaan vir Outop. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #44 on: August 24, 2015, 11:52:41 PM »
Outop se weergawe van Ben's Chimichanga Pasties



Ek moet nou ernstig krap in die kreukelkamer se voue
om te onthou wat ons alles uit die kruiekas gegrawe het.

My werk was om die verneukdegie by ons plaaslike winkeltjie
te koop en twee hoenderborsies in 'n hoenderafstreksel tot
sag te kook. Daarna het ek dit geflok. Eenvoudig genoeg; kans
vir houtskoolbrand dus skraal.

Op die gasstoof het die verleidelikste geure van gebraaide uie
en twee gekneusde knoffelhuisies in olyfolie die smaakkliere
geprikkel. Resep vra vir 'Hillfarm canola oil' wat half vreemd
op die oor geklink het en ons toe verby gehou met die bekende.

Hierby was die volgende bygevoeg: 'n halwe rooi peper
(in klein blokkies gesny) en een teelepel cumin, 'n halwe
teelepel kaneel, handvol vars (as jy het) coriander, knerts
of twee gemaalde seesout, een blik ingelegde bone - ons
het 'n vyf-bone mengsel gebruik en 'n blik ingelegde tamaties.
Die spulletjie is 'n rukkie saam vertroetel oor lae hitte.

Hierna is die geflokte hoender bygevoeg en 'n klein bietjie
parmesan na smaak. Alles goed deurmekaar geroer en vir
eers eenkant toe gestoot om af te koel.

Outop het eers die resep se aanwysing gevolg met sirkelvorms
vir die pasteie maar ons kon net 'n lepel vleisvulsel inkry en
toe maak hy 'n boereplan... en van toe af hou ons daarby.
Moenie vergeet om jou lyf kunstenaar te hou en die rou degie
met eiergeel te verf voor jy dit in matige oond bak tot gaar nie!






« Last Edit: August 25, 2015, 12:01:23 AM by Meraai vannie Baai »