Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 133384 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #15 on: March 07, 2015, 11:33:14 PM »
Outop se Soet-Pot-Brood



So maak mens:
1 koppie suiker
700 ml warm water
1kg meel (koekmeel)
10g droee gis
10 ml sout
15 ml olie.

Meng meel, sout, gis en suiker.
Maak holte in mengsels en voeg water bietjie-bietjie by terwyl geknie word.
Voeg olie by en knie tot deeg elasties is.
Smeer met olie en laat rys.
Knie deeg af.
Maak groterig bolle en plaas in bottergesmeerde swartpot.
Laat weer rys.
Sit deksel op en bak vir 1 uur teen 180 grade in oond (of kole buite soos verlang).



Versiersuiker Bolletjies

As die kabouters hier kuier maak Outop seker daar bly van die brooddeeg oor
sodat daar bolletjies in olie gebak, en in versiersuiker gerol kan word.



Ons weergawe van die broodjie-voorgereg



Naas het by 'nog 'n skeppie' vir ons 'n heerlike voorgereg gedeel.
Sommer gou was dit 'n groot bederf vir ieder en elk in die pandok.

Jy gebruik witbrood-snye en verwyder die korsies.
Rol die snye plat en smeer met soet roomkaas.
Rol op en strooi kaneelsuiker oor.
Bak tot krakerig en bruin.
Ek strooi dan weer baie liggies met kaneelsuiker.
« Last Edit: March 10, 2015, 05:53:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #16 on: March 07, 2015, 11:58:32 PM »
Outop se Naan Broodjies

Stap 1.
Meng 1 eetlepel suurdeeg (dry yeast), 1 teelepel sout, 1 teelepel suiker en 190ml lou water saam.
Bedek en laat 'n half uur staan op warm plek, tot mengsel 'borrelrig' vertoon.



Stap 2.
Gooi nou 2 en 'n halwe lepel (table spoons) olie by suurdeegmengsel en twee derde koppie ongegeurde yoghurt.
Meng goed. Voeg dan omtrent 2 koppies meel bietjie vir bietjie by. Deeg moet nie te styf wees nie. Meng goed
en knie deeg dan tot hanteerbare mengsel. Smeer 'n houer met olie en plaas die bol deeg daarin.
Bedek en laat rys vir twee ure op 'n warm plek.



Stap 3.
As deeg goed gerys het dop om op 'n meelbestrooide broodplank/oppervlakte en maak 'n worsie.
Sny in kleiner dele. Druk deeg plat met hande tot die dukte en vorm wat jy verkies.
Dit help ook om die deeg te rek deur versigtig van een hand na die ander te verplaas.



Stap 4.
Plaas die platgedrukte broodjie redelik hoog (naby element dus) in baie warm oond, bak tot ligbruin.
Kyk of onderkant ook gaar is; draai om indien nodig.
Smeer warm broodjie met botter en bedek met foelie.
Eksperimenteer gerus met verskeie 'toppings'.



Heerlik saam met enige kerriedis!


« Last Edit: March 10, 2015, 05:56:30 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #17 on: March 08, 2015, 12:15:20 AM »
Kerrievis

Ses stukke ontvelde vis, in redelike stukke gekap.
Laat dit 'n klein rukkie staan om te ontdooi voor gebruik.



Twee groot gesnyde uie, gegeur met sout, peper en klein bietjie kerrie.
Braai liggies. Uie moet nog bros wees as jy dit uitskep en eenkant hou.



In dieselfde pan, geur jou vis na smaak.
Sout, peper en een en 'n halwe teelepel kerrie & 'n kwart teelepel borrie.
Knoffel na smaak. Braai liggies met olyfolie.



Gooi 'n kwart koppie asyn met vier teelepels suiker in opgelos, oor die vis.
Laat saggies prut vir paar minute. Gooi nou jou uie terug in pan. Roer liggies deur.
Stel braaipan op laag en laat rustig nog 'n bietjie prut om die geur te laat deur trek.
Moenie te lank kook nie. Toets gereeld tot gaar genoeg na eie smaak.



Ons is lief vir kerrievis en rys, met 'n slaai of gestoomde groente by.
Ook heerlik as dit koud is.

« Last Edit: March 10, 2015, 12:30:46 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #18 on: March 08, 2015, 07:13:35 AM »
mmmm ..... mmmmmmm ek lees en lees en weet hier gaan ek deps  :hello2: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #19 on: March 08, 2015, 09:32:24 AM »
 Mater, jy meer as welkom om te deel/gebruik/uitdruk en laat weet hoe dit geproe het hoor!  

Sommige disse maak ons meer gereeld en ander weer net so wan en dan. Outop is
die pandok se kok en die kere wat ek hom bederf is dit weer vir my 'n groot voorreg.

Oorskietdisse vir myself as middagsnoep is gewoonlik wanneer ek myself geniet.
Hier het ek oorskietwors in 'n skilferkorsdegie toegedraai en in die oond gebak.
Kaas oor gerasper na dit gaar was, net weer bietjie onder die rooster geplaas tot
die kaas gesmelt het.

Sal beslis nie kwalifiseer as 'n gesonde dis nie maar dat dit vorentoe
smaak is gewis soos gister  :toothy4:



Nog 'n oorskietdis van kapokaartappels en 'n skeppie sampioensous


« Last Edit: March 10, 2015, 09:59:11 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #20 on: March 08, 2015, 12:19:47 PM »
Wow!  Dit was nou soos 'n lewendige toer deur die Pondok kookboek.  Die foto's is pragtig en die aanbieding so keurig.  Baie dankie Raaitjie.  Dit sal my 'n rukkie besig hou. 
Dalk moet die manne vir ons wys of hulle by Outop kan kersvashou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #21 on: March 09, 2015, 05:41:04 PM »
Lekker was nog nooit sleg nie.
En die heupe kreun en dreun, maar ons worry niks.  Ons EET.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #22 on: March 09, 2015, 11:51:43 PM »
Christa van NZ se 'Ongebakte Melktert'



Tydens haar besoek uit NZ aan Meisiekind, roer Christa en skoondoggie om die beurt voor die stoof,
in 'n vrek warm Ausie plaaskombuis, aan 'n ongebakte melktert. Ek het net kort-kort om die deur geloer
om te sien hoe die proses verloop. Marina het so tussen die geroer deur vir ons neergeskryf wat hulle
aanvang.

Mengsel 1
Roerrrrrrr 1 blik gekondenseerde melk & 500ml beesmelk saam oor lae hitte tot dit kook. Daar was erg
klem geplaas op die 'r' so ek neem aan die proses is BAIE belangrik.
 

Mengsel 2
1 Koppie melk. 2 Eiers. 1 Skeut vanilla essence. 1 Hoogvol lepel elk cornflour & vlapoeier.
Roerrrrrr tot al die klonte opgelos is.

Intussen was die opdrag aan die ou wat besig was met mengsel 1 op die stoof, om op te hou met roer
en te begin klop, tot die mengsel skuimerig vertoon. Christa het nadergestaan en beduie dat daar nou
'n gemengde huwelik gaan plaasvind tussen mengsel 1 en 2.  

Die geklop voor die warm stoof duur intussen voort tot die skuim begin stol wat blykbaar die voorspelling
vir 'n volmaakte verhouding tussen die twee mengsels in een kastrol is.

Die spulletjie word dan oor 'n beskuitjiebasis uitgegooi. (In een van die bederfsakke was daar twee pakkies
regte egte Tennisbeskuitjies wat al die pad saamgekom het uit NZ.) Hierna was 'n bietjie kaneel oor gesprinkel
soos konfetti en is daar wittebrood gehou in die yskas vir so paar ure.


Soos die gewoonte in ons kultuur al die jare was, het daar 'n bakkie met tert saam huistoe gekom.
Net voor slaaptyd het Outop en ek, elkeen 'n geskenkskeppie-melktert by kerslig geniet.


 
Na so heerlike saamkuier die naweek kom bekruip Maandae my gewoonlik. Kom knibbel alleenwees aan my siel.
Trap ek sondiglik oor die tou; vergryp my aan 'n ekstra spuitjie room en bergie van Outop se roomys in my koffie.


« Last Edit: March 10, 2015, 12:28:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #23 on: March 10, 2015, 05:10:10 AM »
Geroosterde Knoffel Sampioene en 'n Aartappel in sy skillejas



Hierdie heerlike samioengereg het ek met die oog gegaps uit 'n plasing wat Elle gedeel het.
Dit het 'n ereplek op die Lock menu verkry. Saam met squid in krummels, saggekookte
aartappel in sy skillejas wat jy skrikmaak onder die rooster met 'n lekker homp botter
en gerasperde kaas oor sy oopgevlekte binneste, hoef jy net so groenigheidjie by te sit
vir 'n feesmaal op sy eie.

Ek het so klompie sampioene liggies gebraai in warm olyfolie vir so half minuut.
Daarna dit in 'n vuurvastebak geplaas met stammetjies na bo.
Meng dan 'n kwart koppie saggemaakte botter, knoffel na smaak, vars tiemie en een
en 'n halwe teelepel suurlemoensap saam. Smeer hierdie mengsel versigting oor die
sampioene en druk broodkrummels liggies vas bo op. Rooster vir ongeveer 10 tot 15 min
in 'n warm oond.

« Last Edit: March 10, 2015, 05:28:56 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #24 on: March 10, 2015, 05:28:06 AM »
Outop se 'Buite-oond-broodjie'



Die 'gasmeghefter' gekoop vir kamp en nog nie getoets nie. Besluit Outop verlede naweek
hy gaan vir ons 'n buite-oond-broodjie aanslaan en die gedoente uittoets voor ons vir hom
'n gaatjie soek in die wieletjieshuis se kombuis.

So maak die ou hom aan:
1kg meel (hy het koekmeel gebruik), 1 teelepel sout, 2 teelepels bruinsuiker en
1 pakkie gedroogde suurdeeg. Maak alles aan met bietjie lou water tot kniebare deeg.
Laat rys. Soos 'n wafferse kok het Outop die deeg so paar hale met die mes ook gegee
voordat hy dit in die oondjie op 180 grade, vir omtrent 'n uur gebak het in ons swartpot.
Smeer sy goudbruinlyfie blink met 'n bietjie botter as dit uit die oond kom. Niks kom by
so sny varsgebakte brood, nog warm uit die oond nie, of wat praat ek!

 :toothy4: :hello2:

Is my wederhelf so in sy skik dat hy sommer besluit om ons verder te bederf
en een-twee-drie hang daar die geurigheid van ons Sondagmaal wat spoegkliere
van heinde en verre kielie vanuit die swartpot in Outop se nuutste kamp aankope.



Afgerond met 'n eierslaai was dit pure lip-aflek-lekkerte!

« Last Edit: March 10, 2015, 09:54:21 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #25 on: March 10, 2015, 09:11:06 AM »
Romerige pasta, tuna & kaas gereg
 


Gaar pasta, gemeng met vier geklitsde eiers, repies oorskietgroente, blikkie tuna
en 'n koppie gerasperde kaas het ek gebak vir 20 minute (200 grade in ons gasoond).
Gegeur na smaak. (Ek het net 'n knippie sout en peper bygevoeg.)
Daarna 'n kaassous gemaak en oor die gaar gereg gegooi. Opgedien saam 'n heel beet.
Dit is selfs nog meer romerig die volgende dag as jy dit effens opwarm in die mikrogolf.

Op 'n ander geleentheid het ek dieselfde basiese resep gebruik sonder die tuna, net met
spekblokkies en peppers. Opgedien met 'n mengelslaai en goudgeel patats.
Die spek kan ook vervang word met gevlokte hoender/oorskiet vleis of vis.



« Last Edit: March 10, 2015, 09:22:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #26 on: March 10, 2015, 10:11:21 AM »
Mayo-en-kaas-skyfies met Vis-en-uie-inne-degie



Die ene sal jy moet skelm ergens gaan nuttig want dit is beslis nie vir die ou wat sy lyf skaarser
wil maak nie. Ons neem sommer 'n kwart van die pakke voorafgesnyde aartappelskyfies en bak
dit in die oond tot gaar.

Terwyl die skyfies bak neem manlief sy varste vangs (nie goudvisse nie) en doop dit in 'n
deegsousie van 1 eier, 1 teelepel sout, koekmeel & water in geskatte mates bygevoeg en goed
geklits tot dit lyk soos 'n pannekoekbeslag. Bak gedoopte vis gaar in warm olyfolie.
Haal uit en dreineer goed.

Nou behoort die skyfies net reg te wees. Gooi dan genoeg van jou lekkerste mayonaise oor
om dit te bedek. Roer deur met 'n vurk. Rasper 'n hand vol kaas bo oor; laat verder bak tot
die kaas gesmelt is.

Terwyl die kaas kans kry om te smelt, neem Outoppie een ui in skywe gesny en doop dit in
die oorskiet deegsous.  Bak in dieselfde olie tot lekker goudbruin. Hy skep die uieringe en
stukkies gaar kraakbruindegie bo op die vis met gestoomde groente en 'n tamatie weerskante
van die bederfies - dit vertroos jou skuldgevoelens in 'n mate.

 :icon_bigsmurf: :notworthy:

« Last Edit: March 10, 2015, 10:16:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #27 on: March 10, 2015, 10:33:58 AM »
Lock weergawe van 'Gevulde Steakrolletjies'

Hierdie resep in Linda se kombuis het ons smaakkliere laat oortyd werk en Outop
dit op die kole gegooi. Was heerlik hoor. Ons het sommer minute-steaks geneem
vir die oefenslag en die vulsel was so bietjie van alles waarop Outop sy hande kon.



Versigtig opgerol is die eerste toets ene nou gereed vir die vlammetjies.



Seker dit gaan werk, word die ander rolletjies ook op die vuur geplaas en ons
lek lippe af. Die geur was hemels.



'n Heerlike bederf gewees hierdie!






Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #28 on: March 10, 2015, 10:45:19 AM »
'n Verneuk-Melktert



Die tannie waarvoor ons pandokkie gebou was, moes hemelbesem gewees het lol.
As ek die slag my lyf bakster hou moet ek op 'n trappie staan om die gasoond aan
te kan aansteek. Dan moet jy die knoppie inhou en draai tot op verlengde hitte,
in die geval 325 grade F.
 
Die resep vereis 'n vierkantige 8 duim pan en dit moet blinklyf gesmeer word
ter voorbereiding van die bak-okkasie.

Volgende proses beland 4 eiers se huwelike op die rotse en die witte word
punt-in-die wind styf geklop in aparte mengbak met 'n klitser.
(Onthou ek die dae toe ons dit nog met 'n vurk moes doen!)

Troos die 4 gele daarna met 'n driekwart koppie suiker en klits tot hulle
gemoed verlig voorkom. Bederf hulle dan met 'n teelepel vanilje ekstrak
en 'n halwe koppie gesmelte botter. Klits saam vir nog 'n minuut of twee
waarna jy 'n driekwart koppie koekmeel byvoeg en die spulletjie se sake
goed deurmekaar maak soos 'n skoonma wat inmeng...

Hierna word 2 koppies louwarm melk, bietjie-bietjie bygevoeg in die mengproses.
Sleep die bak met styfgeklope eierwitte nader en laat hulle in derde mates kennis
maak met die eiergeelmengsel. Jy wil nie geskeide paartjies te vinnig weer
laat saamkuier nie - vou hulle versigtig en liggies in!

Die resep beduie van nog 'n manier waarop die kennismaking kan geskied in tru vorm
maar dit is bo my 5 voet en 'n halwe duim vuurmaakplek.

Gooi die herenigde spulletjie in die diep water, skuus - blinklyfpannetjie;
druk in voorafverhitte oond vir ongeveer 40 tot 70 minute en die wange 'n
sagte goue voorkoms het - dit kan wissel na gelang van verskillende oonde.

Na al die geklits en warmmaakprosesse haal jy 'n lieflike drielaagkoek uit die oond.
Laat afkoel terwyl jy jou vergaap aan die pragtige nuwe verbintenis en laaste maar
nie die minste - onthou om die confetti ala versiersuiker bo oor te strooi!

« Last Edit: December 17, 2015, 12:52:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #29 on: March 10, 2015, 11:03:13 AM »
Vingerhappie

Die naweek het my ou sielemaat baie hard in tuin gewerk.
Vra ek hom of hy lus voel vir ietsie lekkers en hy se dadelik ja
maar onthou toe van die vrag klere wat hy uit kas gehaal het wat
nie meer pas nie.

"Maak dit net ietsie kleins seblief".

Toe gaan maak ek vir hom 'n vingerhappie. Snytjie kaas, tamatie,
komkommer, gerookte mosseltjie en gherkinsousie op 'n piepkleine
soutbeskuitjie.



Ek anderdag gelees dat mens moeilik 'n stukkie kaas wat vanaf 'n beskuitjie met jou
flankeer kan weerstaan. Hierdie was 'n flirtasiekombinasie op sy beste!



 :notworthy: :hello:
« Last Edit: March 10, 2015, 11:05:08 AM by Meraai vannie Baai »