Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 136917 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #60 on: October 06, 2015, 01:13:35 PM »
More gaan ons Bela Bela toe vir proviant en hierdie bestanddele is beslis op my lysie. 
Baie dankie vir die altyd groot besorgdheid waarmee jy elke foto'tjie en inligting deel Raaitjie. 
Ek waardeer opreg. 

Biela Biela, (Warmbad) soos die volkies dit noem beteken die "kookpot". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #61 on: October 06, 2015, 11:44:54 PM »
Groot voorreg PM! Geniet inkopies en laat weet hoe jou kerrie uitgekom het. Ek het die inligting oor die 'kookpot' geniet  :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #62 on: October 19, 2015, 01:01:58 AM »


Hierdie is ons 'een koppie meel bederfie' en kan in 'n japtrap aanmekaar geslaan word.

Jy het so min nodig:
Meng 1 Koppie bruismeel & 1 koppie gerasperde kaas plus 'n halwe teelepel sout.
Klits 2 eiers in 'n koppie en vul verder op met melk.
Roer dit dan by die meelmengsel tot 'n drukbare degie wat op meelbestrooide oppervlak
 in vierkant gedruk kan word. Indien nodig voeg nog meel by.
Sny in gelyke dele (gemiddeld 15 porsies) en plaas in gesmeerde bakplaat.

Ek verf dit dan liggies met melk en eiermengsel - vir goudbruin voorkoms strooi liggies
met bruinsuiker en bak tot ligbruin in oond (ons hitte met gas oond 200 grade - 25 minute).
Heerlik met konfyt en so blertsie room.
« Last Edit: October 20, 2015, 09:11:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #63 on: October 19, 2015, 09:34:09 PM »
Ek lees nou weer by jou spinasiegereg. Dit klink so lekker. Ek was vanaand juis lus vir spinasie.
Met my resep het ek eers die gekapte ui, 'n teelepel knoffel en twee fetaringe gebraai. Daarna het ek die gaar spinasie by dit gevoeg en dit toe gemeng met drie geklitsde eiers en 'n bietjie room. Ek het die hele kaboedel in 'n oondbak gesit en kaas oorgestrooi. Na 30 minute het ons heerlik geƫet.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #64 on: October 19, 2015, 11:00:08 PM »
Klink djeerlik Fransi! Jy nie dalk 'n fototjie geneem nie?  :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #65 on: October 20, 2015, 07:02:12 AM »
Dankie. :-)

Nee, ongelukkig nie.  :dontknow: Ek vergeet baie keer om sulke dinge te verewig.  :toothy4:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #66 on: October 20, 2015, 09:10:22 AM »
Volgende keer moet jy kamera naby hou hoor, die keer is jy vergewe Fransi  :toothy4:

Gelukkig het ek gisteraand net voor ons opskep gou die kamera gegryp en Outop se
maalvleisdis afgeneem voor ons dit verorber het  :icon_biggrin:



Soos gewoonlik glo wederhelf daarin om alles apart, maar in een pan te braai.
Die geure van elke bestanddeel bly uniek beaam hy keer op keer en ek kan getuig
daar is beslis 'n verskil. Lekkerte is dat mens ook net een pan het om te was agterna.

Heel eerste was die uie se beurt in bietjie olyfolie en sout en peper na smaak,
toe is dit uitgeskep en in dieselfde pan was dit die groen- en rooipepers se beurt.

Na dit eenkant uitgeskep is, was dit die fyngekerfde groente se beurt om geroerbraai
 te word en toe dit ook vir eers eenkant bewaar was, is die groot mushrooms wat in
lekker duk skywe gesny was, aan die braai saam met 'n vette lepel heuning en eenkant
gehou.

Hierna is die maalvleis gebraai in dieselfde pan (Outop lief sy wok). Die vleis was
gegeur na smaak met so knertsie brandsake ook vir die wis en onwis. Dan gooi
manlief alles bymekaar en laat die spulletjie 'n rukkie saam kuier vir so paar minute.

Bedien saam met rys/kapokaartappels of soos in ons geval - slap mieliepap. 

Dieselfde maalvleisresep kan ook gebruik word vir 'n japtrap pastei en die aartappels
word dan net bo op geskep. Bedien saam met 'n mengelslaai. Ons is lief om vrugte ook
in die slaai te sit.


« Last Edit: August 31, 2016, 12:25:59 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #67 on: October 20, 2015, 09:56:18 AM »
 :icon_biggrin:

Dit klink en lyk heerlik!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #68 on: October 26, 2015, 02:22:22 AM »
Kan getuig dit was soos altyd as Outop sy hand aan 'n dis waag, heerlik verby Fransi.
 :toothy4: :notworthy:

Die naweek het ons uiteindelik die gewilde 'Appelrosies' probeer. Outop se eerste poging
was 'n reuse sukses! Binne 'n uur verorber en ons eetplan in sy glorie lol.

Die volgende dag probeer ek toe  :icon_bigsmurf:
 
My tweede probeerslag vanoggend het my verbrande ego herstel en gaan hopenlik 'n
lekker verrassing vir Outop wees. Het enetjie geproe net om seker te maak -heel skaflik!



En so het Outop gemaak:

Twee rooi appels is ontpit, in dun skyfies gesny en vir 45 sekondes in die mikrogolf skrikgemaak
sodat dit makliker kan rol. Ek het vanoggend die appels vir twee minute in mikkie gesit.
Ons het gevind dit rol makliker op as die appels vooraf 'n bietjie saggekook is. Van die resepte
stel voor dat jy 'n bietjie suurlemoensap oor gooi voor jy dit kook.

Outop het 'n blaardeeg effens uitgerol en toe in vyf repe verdeel. Die broodplank het hy vooraf
met 'n bietjie olyfolie gesmeer sodat degie nie vassit nie. Die repe is gesmeer met 'n bietjie
appelkooskonfyt (verdun met water). Nie al die resepte wys/benodig hierdie stap nie.



Appels gepak dat hulle mekaar oorkruis en toe mildelik met kaneelsuiker bestrooi.
Dan word die degie oorgevou en weer gestrooi.



Rol van die eenkant af op om rose te vorm.



Ek het ongelukkig nie klein terthouertjies nie en ons sommer 'n pasteitjiepan gebruik.
Bak tot goudbruin (ongeveer 45 min by 200 grade). Laat afkoel en strooi liggies met versiersuiker.

My tweede probeerslag vanoggend het ek nie meer appelkooskonfyt gehad nie en toe
sommer aarbeikonfyt gebruik.

*Skakel na die video wat stap vir stap wys hoe om jou eie appelrosies te maak
https://www.youtube.com/watch?v=QKOla0-aW5o
« Last Edit: October 26, 2015, 02:49:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #69 on: November 09, 2015, 11:23:37 PM »
Solank daar 'n velletjie of twee blaardeeg, een geklitsde eier & 'n kwas in die pandok is,
kan ouma in 'n japtrap sorg vir ietsie soet of sout.



So spog die oorskiet rooiworsies in 'n goudgeel deegjas.



Vir die handvol kaas wat oor was, is daar ook 'n plekkie op die oorskietdeeg gevind.
Gedokter met 'n bietjie kruie en speserye, word dit toe 'n heerlike peuselhappie.





Hierdie kaneelwieletjies was 'n groot treffer! Een vel blaardeeg, goed bestrooi met bruinsuiker
en kaneel. Ek het raw sugar gebruik. Opgerol en in skywe gesny word dit gebak tot
goudbruin in 'n warm oond (240 grade).



* :toothy4: Baie bly ek het die appelrosies se maak onder die knieg gekry, deesdae is daar
'n rosie of twee as middelpunt op die bederfbordjies vir klein en groot. Die naweek was dit
dan ook daar saam met die kaasringe. Die blare was oorskietdeeg wat net gestrooi was met
'n bietjie kaneel- en versiersuiker. Heel skaflik op die oog ook gewees  :icon_biggrin:   

« Last Edit: November 10, 2015, 04:12:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #70 on: November 10, 2015, 09:15:51 AM »
So kreatief en mooi! Dit lyk so lekker!!!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #71 on: November 12, 2015, 02:00:12 AM »
Drukkie vir jou Fransi en dankie vir gereelde inloer by ons  :toothy4:

Kom deel ook die treffer-spanpoging gisteraand, tussen Outop en myself.



Die uie, sampioene, paar repies rooi pepers en spek was elkeen apart gebraai (soos altyd deur Outop)  :icon_biggrin:
As jy sou waag om dit lui-lui sommer saam te wil doen, kry 'n jy preek in die middel van die week  :nono:
Daarna is die spulletjie deurmekaar gemaak en in die wok warm gehou sodat die geure mekaar kon verken.



My bydrae was drie aartappels in die skil gekook tot effens sag. Toe in skywe gesny en in lae gepak in 'n
vuurvaste bak. Gedokter met sout en peper, so hompie olyfolie-margerine hier en daar, het ek dit in die
oond gebak tot dit effens verbruin het.

Daarna 'n handvol kaas oorgestrooi en laat smelt. Hierna is die spekmengesel bo-oor geplaas met nog 'n
klein handjievol kaas. Bedien met groenslaai, avokado-dip & natuurlike Griekse jogurt.

Elke happie was 'n ontploffing van smaak teen jou verhemelte  :hello2:



« Last Edit: December 09, 2015, 12:44:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #72 on: November 18, 2015, 08:57:28 AM »
Wonder ek wat sal nou as bygereg opgedis word saam ons vis gisteraand?

 Loer oor 'n gas se skouer wat by Elle se 'plat aartappels' kom kers op steek en net daar hou ek op wonder! Ongelukkig nie weer 'n foto geneem maar kon gelukkig die ene by Elle se plasing weer hier kom deel.  Selfs op sy eie met so blerts Griekse jogurt en brandsousie is hierdie aartappels 'n vyfstersnoep! Outop het die oorskiet vis en aartappel werk toe geneem en dit koud verslind. Sy kommentaar: ewe smaaklik!



Hier is Angelica se resep: Platgedrukte Baba-aartappels met parmessaankaas-gremolata.

Baba aartappels - Die resep het nie hoeveelhede nie, want ek meet niks af nie.  Ek vat hande vol hiervan en 'n knippie daarvan. Tussen-in gooi ek net by.
Goed.  Kook daai aartappeltjies tot net-net sag
Jy het nog die volgende ook nodig:
Olyfolie en S&P
En vir die Gremolata:
Handvol gekapte pietersielie (Ek moes gaan rondvra vir die Afrikaans vir Parsley...hie hie)
Knoffel - gekneus, as jy dit eet.  Ek doen nie.
Skil van 2 suurlemoene
Parmesaankaas - gerasper. Handevol

Die aartappeltjies is nou klaar gekook.  Dreineer hulle
O ja, die oond moes al aan gewees het, want jy gaan die aartappeltjies bak.
Helfte van die olyfolie in die bakplaat.  Aartappeltjies daarin en druk hulle so bietjie plat met 'n drukker of houtlepel.
Res van die olyfolie oor en sout en varsgemaalde swartpeper.
Druk in die oond vir so 1 uur of tot bruin en bros.
Haal uit.  Dreineer op papier.

Die Gremolata maak jy so:
Fyn Pietersielie, suurlemoenskil, parmasaankaas, knoffel word nou alles gemeng en roer die Gremolata en Aartappels en sit sommer dadelik voor.  Met wat jy ookal kon bekostig om oor die kole te gooi.
Flippin lekker.
« Last Edit: November 18, 2015, 08:59:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #73 on: November 23, 2015, 12:52:29 AM »
Outop se 'Seafood-Fried-Rice' met bruin basmati rys



Nog 'n weergawe van dieselfde resep maar die keer met bruinrys en lensies.




Wat 'n heerlike bederf was hierdie nie. Die ouens wat saam met ons kuier op FB sal weet
dat ons gisteraand 'n 'super-cell-storm'gehad het. Omtrent 'n belewenis en 'n half. Op 'n
stadium gedink Outop is besig om nog 'n watergaatjie te maak en ek wis van niks!
  :bootyshake:



Terug na die visgereg.

Heel eerste is 1 koppie bruin basmati rys en 1 teelepel sout, met 1 lepel olyfolie oor matige hitte
gebraai tot die rys begin verkleur en die kombuis ruik na springmielies. 2 Koppies koue water
word hierna oor die gebraaide rys gegooi. Moenie roer nie!

Stel hitte laag en laat bedek prut totdat al die vog verdamp het en dit voel of die rys wil begin
vasbrand onder. Op die gasstoof neem dit gewoonlik so 20 minute vir witrys en bruinrys effens langer.
Ons laat dit gewoonlik so tien minute rus na dit gaar is, en roer dan liggies met 'n vurk deurmekaar.

Terwyl die rys gaar word, braai wederhelf 1 groot ui en lepel fyn knoffel. Hy skep dit dan uit
en braai 'n halwe kilogram gemengde seekos. Geur na smaak. Dit word ook eenkant gehou
vir eers na dit gebraai is.

Hierna word gemengde groente ook gebraai  in dieselfde wok met sout en peper na smaak.
Volg selfde stap, skep uit en hou eenkant. Dan word 4 eiers liggies deurmekaar geroer tot gaar.
Volgende stap word alles weer in die wok teruggeskep en liggies gemeng.

Stel hitte van wok op laagste en laat die gemeenskap rustig saam kuier sodat die
geure kan vermeng. Walla! Jy het 'n geurige visgereg.

Die oorskiet word gewoonlik die volgende oggend, my ontbyt  :icon_biggrin:

« Last Edit: December 09, 2015, 12:45:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #74 on: November 25, 2015, 06:56:57 AM »
En so was dit dan weer gisteraand my beurt vir woel agter die potte voor die stoof.
My menu: Goudbruin gebraaide maalvleisbolletjies, bruinrys met lensies en natuurlik
my 'special' aartappels met geroosterde pietersielie & parmesankaas-jas. Amper soos
Elle se spesiale platgedrukte aartappeltjies met gremolata. Hierdie ene word net met sy
pietersielie en parmesankaasjas gerooster.
 
Die aartappels skil en kook ek vooraf tot net-net sag met sout. Dan smeer ek elkeen met
gesmelte botter en knoffel (kan vervang met kruie of geur na smaak)



Hierna word dit goudbruin gebraai in oond. Dan haal ek dit uit.



Strooi mildelik met vars pietersielie en handvol parmesankaas bo oor.



Terug in oond tot kaas gesmelt is en krakerig voorkom. Die pietersielie is heerlik as dit so droog gerooster is.



En so het die spulletjie saam met bruinrys en lensies gelyk. (Outop het duim na bo gegee lol!)



Die aartappels ook heerlik saam vis & slaai



« Last Edit: October 24, 2019, 11:29:22 PM by Meraai vannie Baai »