Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 136256 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #45 on: August 29, 2015, 11:11:30 PM »
Ek sien jou beskuitresep, ek gaan more vir jou my 18 bestandele beskuitresep kom plaas.  (Dis nou skuins voor middernag).Mens eet dit soos koek, en dis gesond in die opsig dat dit grof is vir gereeldheid.  My mense eet hom sommer so uit die blik soos hulle verbyloop, soos koekies.  Maar met koffie is hy n koningsmaal
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #46 on: August 30, 2015, 03:23:01 AM »
Plek geboek Anastasia  :icon_salut: :notworthy:

*Die Lockpandok se 'cheat-dis'

Gisteraand was die kraggies min (nee ons het nie beurtkrag nie lol)
dan is daar gewoonlik 'n cheat-dis op die tuis-menu. Erken die uwe
dat ongesond darem sondiglik smaakvol kan wees.

Die groenslaai vul 'n (gesonder!) derde porsie op die bord. Die min
skottelgoed (net een oondpan vir pastei en skyfies) span die kroon!
Wie maak hulle nog skuldig; hoe gereeld en aan wat?



My bord het gewoonlik 'n skeppie natuurlike Griekse jogurt by
as daar skyfies op die bederf-menu is. Troos myself dis gesonder
as suurroom.
:toothy4:



*gewoonlik maak ons self die pasteitjies, hierdie was uit die plaaslike winkel se yskas. Klaar voorberei, druk jy net in die oond.
« Last Edit: September 02, 2015, 12:39:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #47 on: September 02, 2015, 08:39:28 AM »
Mag ek hier kom indruk met n boerbeskuit resep uit SA tussen die reseppe van Gatkantland?

Hier is my "vreeslik baie bestandele growwe karringmelkbeskuit" se resep:
Droee bestandele om saam te meng:
1. 2kg self-raising flour
2. 30 ml bakpoeier
3. 10 ml sout
4. halwe koppie klapper (droog)
5. 2koppies semels
6. 1 koppie nutty wheat
7. 6 wheatbix blokkies gebreek
8. 1 koppie sesame saad
9. 1 koppie lynsaad
10. 1 koppie sonneblomsaad
11. 1 koppie poppiesaad
12. 2 koppies gekapte pekanneute
Meng dit droog bymekaar in grooooot mengbak
Smelt op stoof 5 koppies bruinsuiker met 1 kg margarien. Hou dop, moenie kook nie!
Meng intussen die volgende in ander mengbak:
1 Liter karringmelk
125 ml suurroom
2 koppies sonneblomolie
4 groot eiers
5 teelepels vanilla
Gooi die gesmelte suiker/marg hieby en meng goed.
Gooi die loperige beslag by die droee bestandele bietjies vir bietjies en meng tot n stywe maar uitskepbare deeg.
Skep dit in lekker hoe broodpanne en bak vir een uur teen 180 grade C. Toets voor dit uitkom. Ek vind die beskuit is lekkerder as dit lekker donker gebak word.
Sny dit met n elektriese mes (dit verkies ek, maar ander mes sal seker ook deug) in grotes verkies wanneer dit al GOED AFGEKOEL IS , anders breek dit. Plaas op rakkies en droog uit in oond vir 4 - 6 ure teen tussen 60 en 100 grade C
Dit smaak werklik soos koek, my mense steel dit deur die dag, sommer so sonder koffie. Met koffie is dit koningskos.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #48 on: September 02, 2015, 09:10:40 AM »
 :toothy4: :notworthy: :icon_salut: Natuuuurlik mag jy! Duisend dankies vir deel mater. Sodra ons hom probeer het, kom ek klikbekkiebewyse uitstal!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #49 on: September 04, 2015, 02:30:33 PM »
Hier het ek my nou lekker knuppel dik ge-eet aan al die lekker disse en die woorddisse uit jou pen Raaitjie.   :love7:

Dankie vir die beskuitresep Anastasia.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #50 on: September 05, 2015, 07:28:27 AM »
Bly jou magie knuppeldik PM  :toothy4:

Giggel ek gisteraand vir ons ou skrywersmater, Delene V Eeden DWet.
Sy noem op haar radioprogram dat dit nou te duur is om te braai. Almal
hou 'n bring en braai vertel sy tong in die kies en vra sy as iemand dalk
'n ene hou, as sy nou haarself bring - mag sy asseblief kyk hoe jy braai
en dalk is daar so ou slaaitjie by.

Het ek toe maar vir ons so ou staatmaker aanmekaar geslaan met die oorskiet
'crunch salad' as sy dalk hier verby kom. By die slaai voeg jy net 'n blikkie
geflokte tuna by en maak klam met 'n paar lepels mayo of seekos sousie nes
jy verkies.

Ek het ook 'n skeppie aioli by gesit. Druk dan so groenigheidjie in die glas
as jy fensie wil wees en 'n skep van jou tuna- en slaaimengsel bo op.
Heerlik, maklik en vinnig om daardie hol kolletjie te vul voor die Saterdagbraai.

« Last Edit: September 05, 2015, 07:34:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #51 on: September 05, 2015, 03:06:20 PM »
Man, wat wil jy nou meer!   :bootyshake:

Ek is nou so dik, ek kan 'n vlooi op my pens dood druk! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #52 on: September 18, 2015, 10:45:11 AM »
Bly jy kon met die oog verslind PM. Vanaand deel ek 'n regte egte 'kultuur' gunsteling en was ek
verbaas oor hoeveel van die geliefde maters wat laat weet het hulle is self versot op papbrandsel.



My pa het my geleer om betyds te ruik wanneer die pap gaar is sodat die brandsel nog eetbaar is.
Met my verbrandingsgawe is daar gereeld moleste maar as dit by papmaak kom, draai die uwe al snuiwend
om daardie potjie op die stoof :icon_biggrin:

Outop se oorskiet kerriebredie het my brandsel in 'n koningsmaal getoor en toe plaas ek dit op my voorblad
op die gevreetboek en net daar begin ons kuier rondom die aanbrandseltjies in ons pappotte.

*Nig Ria laat weet: Man jy praat my taal! Selfs die pap wat nie aangeskroei het nie is die volgende oggend 'n
feesmaal. Daarby, se een van ons vriende, ('n kruiedokter), baie gesond. Kan tot sekere kankers voorkom.

*Kunstenaars vriendin Marie Theron: My man en kinders het dit putukoekie genoem.
Slegs in Afrikaans kry mens sulke oulike spontane benaminge!

*PHriendin Annelie Fifield: Ja ek en my dogter is mal daaroor met botter!

*Nig Ester Scorgie: Ek is nou nog mal oor my brandsel, as almal klaar pap geeet het krap ek die pap
uit, gooi my regte egte botter, suiker, melk en vat die kastrol en n lepel en dis koningskos.

*Liewe mater Anastasia Bester: Ons noem dit 'swartpap'. Heerlik ook met regte botter en appelkoos
konfyt! Koningskos! Dit het die smaak van fritos of big corn bites. Daardie chippies word mos ook van
mielies gemaak

*Kreatiewe mater Antionette Du Bruyn: En as jy jou potjie lekker spuit met Spray&Cook voor jy begin
papmaak kom die hele brandsel uit......en potjie maak maklik skoon!

*Oudskrywersmater Jo' van Tonder: Met die pot op my skoot en melk daaroor... Of loop en eet dit netso!

*FB mater David Hercules Pienaar: Saam met regte egte afval is dit vingerleklekker, hoef nie hande te
gewas het nie!

En toe onthou geliefde mater Elsabe Ferreira ook die ryspot se aanbrandsels met melk :toothy4:


« Last Edit: September 18, 2015, 10:49:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #53 on: September 18, 2015, 01:36:46 PM »
Baie dankie dat jy jou FB-eskapadas met my deel.  Ek lief dit!  Hierdie bredie lyk na koningskos.  Ek sal dit maar met my oë verslind.   :crybaby2:

My pap kry altyd vars botter in.  Dit maak daardie brandsel lekker krakerig en dit kleef nie aan die bodem vas nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #54 on: September 27, 2015, 08:54:07 AM »
Voor ons die nuwe dieet begin het, het my pap geswem in botter PM, nou effe verbode lol maar die syfertjies op die skaal laat my maar droogbek verby die botterbak hou op die oomblik.

Moet vertel ons geniet die nuwe eetplan regtig en sien/voel die resultate. Die lekkerte van die disse is die uitdaging (natuurlik hoe dan anders?) om die toegelate bestanddele saam te gooi en bietjie te speel met die eindproduk. Normaalweg peusel ons nie tussen maaltye nie so ek het die aanwysings van die dieet in die week gekombineer en 'n heerlike snoepgereggie saamgeslaan vir ons. Outop was heel in sy skik en dit is nou 'n gunsteling snackie. Ons word 'n vars/gedroogde vrug en jogurt toegelaat of peuselstafies waaroor ons glad nie gaande is nie. So het die appel 'n nuwe 'dadelstronkie' gekry en vir twee minute in die mikrogolf verhit. Opgedien saam met die toelaatbare 125ml jogurt. Die dadel gee 'n heerlike soet smakie aan die appel.



NS: Vermy is die beste gewigsverlies raad  :toothy4:

« Last Edit: September 28, 2015, 12:24:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #55 on: October 01, 2015, 09:03:06 AM »
Ai, hoe kom ek by my klere wat so gekrimp het verby?  :evil6:

Ek weet hoekom ek so dik is.  Te veel rooiwyn (hopeloos te veel) en groot porsies kos. 
Dit is seker hoekom ek nog nie kans sien vir hierdie dieet nie.  Dit lyk vir my na ongelooflik min kos.  Dit sal my nooit versadig hou nie.   :dontknow:

Ek verstaan dat ons almal verskillend is en verskillende behoeftes het, maar die hoë vet laat my werklik tevrede voel.  Soveel so dat ek nie eers lus is vir middagete nie.  Ek eet net iets kleins om nie die "siklus" te verbreek nie. 

Water en ek is nie maats nie.  Hierdie laaste paar weke het ek geleer dat rooibostee net so goed is soos water om jou liggaam te hidreer.  'n Vriendin van my (hier op Leeupoort) het een van daardie skale wat allerhande funksies verrig.  Verlede week toe ek gaan weeg het, het ek gereken ek is in die moeilikheid omdat ek baie min water gedrink het.  Tog het die skaal gewys dat my liggaam meer vog ingeneem het deur die baie tee wat ek gedrink het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #56 on: October 01, 2015, 11:50:19 AM »
Selfde probleem diekant gehad met die rooivoggies  :toothy4: Dit was ook 'n aanpassing met die klein porsies maar ek loer maar na die toelaatbare groentes wat ons nie mee beperk is en sorg dat die bord gevul word met 'n derde groente, derde slaai en dan laaste die vleisporsie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #57 on: October 02, 2015, 12:37:52 PM »
Ek lief die lekker stukkie vet vleis.  Het nooit in my lewe gedink ek sal dit eet en dit soveel geniet nie. 

Die omies met die dik brille en boepies seg dat 'n mens baie gelatine moet inkry wanneer jy dieet om die velle weer mooi styf te trek.  Daar is nog redes wat ek moet gaan navors.

So maak ek:
Gooi 50ml suikervrye aanmaakkoeldrank (gekonsentreer) by 350 ml koue water.
Gooi 350 ml kookwater in 'n houer en voeg 30 ml gelatine by en roer dit goed.  (Jy moet maar eksperimenteer met die verskillende soorte gelatine.)
Voeg nou die koeldrank by die warm mengsel, verdeel in twee houers en plaas in die yskas.
Dit is 'n heerlike nagereg om aan te peusel. 
As iemand nog sulke idees het, deel dit asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #58 on: October 02, 2015, 04:46:00 PM »
Jou fotos laat my nou sommer honger voel. Dit  is kunstig gedoen.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #59 on: October 06, 2015, 06:16:13 AM »
Dankie vir deel PM  :notworthy: Fransi, altyd lekker om jou ook raak te lees en bly jy het fotos geniet :hello2:

Vandag wil ek op my sus se versoek,  Outop se resep vir sy kerriehoender met julle deel.
Soos gewoonlik het ek getrou met die kamera gevolg en hy het ewe geduldig beduie wat
hy aanvang. Vir my was die kosbaarstes toe hy dors raak en nie kon besluit tussen soda-
of mineralewater saam met sy whiskey nie. Beloer die suiker- en sout syfers baie sorgvuldig.

Vergete is die verbode lepel heuning en suiker maar ek swyg soos die firma wat ons
nuwe wieletjieshuis moet bou.

Afgerond met 'n knertsie van Mevrou Balletjies se towersous, was die smaaklike verhouding
van hoenderkerrie, bruinrys-en-lensies verewig en op 'n paar korreltjies na, verslind.

 :toothy4:



So word die spulletjie aanmekaar geslaan:
Die kruie is toetentaal en al na smaak.
Dit is wat wederhelf gebruik vir sy hoenderkerrie:

2 Opgehoopte eetlepels kerrie.
1 Gelykvol teelepel borrie.
Sout en peper na smaak.
1 Opgehoopte teelepel gemaalde knoffel.
1 Teelepel gemaalde gemmer.
Bietjie olyfolie vir die braaiproses van uie en verseeling van hoender.

Asynmengsel:
(Hierdie mengsel word by die hoender gevoeg nadat dit liggies gebraai
is. Daarna word alles saamgekook tot al die vog omtrent verdamp het.)

'n Halwe koppie asyn na smaak. Hy gebruik 'n Italiaanse wit wyn ene.
1 tot 2 Eetlepels Bruin suiker.
Roer tot suiker opgelos is.

En so lyk dit as hy die spulletjie bymekaar begin versnipper en kerf ...





*Outop glo daaraan om sy gebraaide uie en peppers uit te skep
en voeg dit aan die einde van die kookproses weer terug vir so
10 tot 15 minute. Dan bly die smaak glo uniek; is daar nie 'n
ondertrouery en geurverbastering aan't prutte nie.






Jy kan meer suiker gebruik.









Laat niemand my beskuldig ek pas nie een van die tien gebooie
van gewigsverlies toe nie. Mens het net geloof so groot soos 'n
mosterdsaadjie nodig. As ek nog in die huis was sou ek my ma
omsingel het met die redenasie dat 5 lensies en paar korreltjies
bruinrys, gehoorsaamheid beteken en wetlike toepassing.  



                              :notworthy: :toothy4:
 
« Last Edit: October 07, 2015, 12:17:16 AM by Meraai vannie Baai »