Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 132426 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #240 on: September 09, 2019, 11:59:09 PM »
Wonder ek of jy toe die 'muggie ontbyt' probeer het lief mater van ons? Terwyl ons nou in die pandok se kombuis kuier, deel ek gou my hoender en sampioenpastei resep met gemengde groente. Voorwaar heerlik gewees.

Heel eerste het ek 'n ui en knoffel in botter gebraai. Toe vier hoenderdytjies bygevoeg en ook effens gebraai. Hierna was die spulletjie gegeur met 2 oxo blokkies (beef & chicken) opgelos in omtrent 'n halwe liter kookwater. Dit het verder rustig geprut tot dit gelyk het of die hoendervleis gaar is.

'n Kwart pak gemengde groente, 250 gram sampioene  en 500 gram baba spinasie was toe bo-op die vleis geplaas. Liggies gegeur met suurlemoen en knoffel sout en verder gekook totdat al die vog verdamp het.

Die vleis is uit die pot verwyder, ontbeen en fyn gemaak. Daarna weer teruggesit by die groente en 'n goeie handvol gerasperde parmesankaas bygevoeg. Roer dan alles goed deur. Proe en geur verder indien nodig na eie smaak. Die vulsel moet afgekoel wees voor jy dit in die gaar gebakte skilferkorsdeeg sit. Hierna het ek nog 'n laag deeg bo-oor gesit en laat bak tot dit goudbruin is. Dien op saam met 'n sous van jou keuse.





« Last Edit: September 12, 2019, 03:05:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #241 on: September 10, 2019, 11:12:48 AM »
Dit klink heerlik. Ek gaan die resep vir Oom Naas se vrou aanstuur.
Siestog, die man is so dun ek sweer hy ly honger daar in die kaap.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #242 on: September 12, 2019, 11:39:26 PM »
 :notworthy:
Assie, ta Raaitjie hoop jou oom Naas se vrou laat weet hoe sy die pastei-resep aangepas het na gelang van hulle huisgesin se voorkeure/afkeure. Wens ons kon saam kuier rondom elkeen se gunsteling reseppies. Moet blosend erken, ek hou maar min kere regtig by 'n afloer-resep. Iewers byt die 'kom-ons-probeer-dit-so-gogga' gewoonlik en omdat ek dan afwyk van die resep en my hart volg, moet ek stap vir stap fotos neem ingeval die aangepasde dis op ons menu gaan verskyn in die toekoms.

Ek glo nie dit is 'n geheim dat die ouvrou 'n skandalige genot daaruit put as ek speel met kos nie. Na soveel jare wil-wil ek skuldig oor my skouer loer en besef dan baie dankbaar dat my moederlief ver is, al verlang ek myself kreupel na haar. Weet nie hoeveel van ons mede skrywersmaters deel hierdie 'speel-met-kos-liefde' nie. My geliefde sussatjie erken eerlik dat kosmaak vir haar 'n pyn is en my kampvriendin vertel hoe gouer sy iets kan gaarmaak en die bord neersit, hoe beter. Ek kan myself letterlik ure besig hou met die voorbereiding en opdis agterna maar besef ook dat die hotelbedryf beslis nie vir my sou werk nie weens die instinktiewe gawe van verbranding ala 'offergawes' soos Gawie dit noem.

Genadiglik deel my wederhelf hierdie kosliefde en word daar gewoonlik in oorgawe gekuier rondom die kospotte of buite met een of ander gaarmaak-meghefter wat Outop weer aangekoop het. Ons put intense genot uit die voorbereiding van 'n menu sonder grense waar ontbyt maklik deel uitmaak van die hoofmaal saans.

Nog 'n liefde wat manlief en ek deel is om die kosprogramme op televisie of internet te beloer en bespreek. Daar is soveel idees en die aanpassing by jou gesin se persoonlike voorkeure na aanleiding van disse wat uitdagend nooi vir jou persoonlike weergawe is eindeloos.

So het ek dan onlangs op André Chiang, 'n suksesvolle Taiwanese Masterchef se skakels beland en onder andere 'n insiggewende plasing waarin hy sy boek "Octaphilosophy" bespreek. Die disse is natuurlik buite ons vermoë (behalwe die volgende twee wat ek dalk sal kan baasraak lol - burnt miso, burnt butter chips.

 :icon_bigsmurf:

https://www.scmp.com/magazines/post-magazine/food-drink/article/1941439/recipe-book-octaphilosophy-eight-elements

Each element of Chiang's philosophy makes up a chapter in the book - Pure, Salt, Artisan, South, Texture, Unique, Memory and Terroir.

Dit het my met nuwe oë na ons eie menu's laat kyk. Wat gaan regtig aan in die oënskynlik spontane beplanning en onstaan daarvan? Is daar verskuilde elemente wat ons onbewustelik toepas? Volgens André is sy menu's gebasseer op 8 elemente. Ek wil graag in die volgende plasing 'n bietjie meer gesels hieroor.

Kom sit intussen saam aan langs die pandok se tafel en geniet 'n glasie wyn & 'n soetigheid.
:toothy4:





 


« Last Edit: September 13, 2019, 03:30:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #243 on: September 13, 2019, 04:33:22 AM »
Soos belowe wil ek bietjie verder uitwei oor die elemente wat in die disse is wat op ons tafels verskyn, meestal sonder dat jy eers bewus is van dit. Kom ons loer na sommiges soos aangedui deur chef André.

1. Oorspronklikheid - met ander woorde die kreatiewe denkwyse wat jou beplanning vooraf gaan. Daardie 'andersheid'.

2. Verbeelding - Nuwe idees wat soms baie uitdagend kan wees.

3. Kunstigheid - met die hande te skep/vorm. Chef Chiang maak graag sy eie opdienborde, tafels, versierings ens.

4. Smaak - min dinge kom by die sensasie van smaak.

5. Karakter -  André noem dat die kwaliteit van bestanddele soos karakters in 'n rolprent is. "The good and the bad."

6. Eenvoud - dit spreek vansself. Elke dis hoef nie 'vyfstergehalte' voorgesit word nie. "Rustic/elegant".

7. Emosie -  hier ken ons almal die nostalgie wat jou oorval as jy pannekoek ruik of 'n geliefkoosde dis uit jou kinderdae.

8. Struktuur - die vorm/voorkoms van jou eindproduk.

Dan wy chef Chiang ook uit oor die arbeid van diegene wat die produkte gekweek het. Die versorging van die diere en die respek wat ons toon as vleiseters vir 'n lewe wat opgeoffer was as't ware.

Ek kon nie wag om deur ons kosfotos te dwaal, opsoek na elemente wat wegkruipertjie speel. Kon nie help om te dink aan die verskillende maniere waarop ons bestanddele voorberei, gaarmaakmetodes, opdiening en garnering nie. Die verskil wat 'n bord se vorm kan maak aan die eindproduk, die afwisselende kleure van wat op die borde geskep is en seker een van die belangrikste vir ons as immigrante is die memories wat sekere disse in ons wakker maak.

Natuurlik speel smaak die grootste rol want 'n onsmaaklike dis kan nie verdoesel word met 'n pietersielietakkie of 'n tamatierosie nie. Te veel sout met die eerste happie uit jou bord beinvloed jou smaak so dat jy verseker nie enige van die verskillende smake verder na regte sal kan geniet of waardeer nie.

Dit geld ook vir te veel peper op jou eier...



Verrassend vir my was een van die elemente wat Chef Chiang genoem het 'pure'. As voorbeeld het hy 'n dis gehad wat dieselfde kleur is as die bord! Wit op wit met 'n redelike groot oop spasie op die bord en dan vra hy die gehoor of dit 'purely pretensious or pretentially pure' is? 'n Spasie vir nadenke. Amper soos in ons 'witspasie gedigstruktuur' kon ek nie help om te dink nie.

Ek het na die tyd geloer na my eenvoudige ontbyt wat soos gewoonlik ook deels geskep was met oorskiet van die vorige aand. Nie regtig seker wat was oorspronklik, verbeeldingryk of kunstig nie. Kan darem getuig dit was smaakvol en die gaarmaakmetode het my dankbaar gelaat vir min skottelgoed.

Wat ek wel besef het is dat my wederhelf se fynoog vir detail, dadelik opgemerk het daar daar 'n sousie gekort het by my ontbyt toe ek alles met hom bespreek en die fotos gewys het.

Skaam moes ek aan myself erken: uitgevang Meraai! Jy het sommer sous uit die bottel oorgegooi na die tyd - dit was mos my 'rustic' element wou ek eers arrogant opmerk maar wyslik geswyg.

Om skottelgoed te spaar het ek die tuisgebakte broodjies in ons sandwichmaker gerooster, die spek en eier sommer ook daarin gaargemaak. Kortpad vir 'n lui kok was nergens op chef se lysie nie, so dalk moet ek liewer die lyntjie uitvee.
 :icon_biggrin: :wave:



Ek was baie beindruk met die tekstuur van ons 'geen-knie-broodjie' nadat dit in die megheftertjie gerooster was. Amper soos vetkoek geproe!



Voor ek alles verslind het, wou ek as director van my eie movie eers nog 'n bietjie speel met die 'karakters' op my bord... moet darem ook noem dat al die slaaiblare en takkies uit my eie groentetuintjie kom wat eers 'n plonsgaatjie was toe water nog volop was.








 
 
« Last Edit: September 13, 2019, 05:00:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #244 on: September 19, 2019, 02:31:54 AM »
Oorskiet word nooit gemors in ons pandok nie. So was dit dan weer ingespan die afgelope paar dae en as ek na die karakters kyk is dit tipies in beide die dis en bederfie, 'n kwessie van 'the good and the bad' ... en ek kan eerlik getuig dat ons nie beindruk was met die tekstuur van die semolina broodjie nie. Gaan in die vervolg beslis terug gaan na die beproefde 'geen-knie-resep' met gewone meel.
 :headbang::icon_biggrin:

Ons het nog omtrent so koppie gevlokte gaar hoender oorgehad van die vorige pastei wat ek gevries het. Na dit ontdooi was, het ek het dit gemeng met gebraaide sampioene, baba spinasie en parmesankaas. (Die hoender was vooraf gegeur voor dit gevries was.) Daar was ook nog oorskiet-blaardeeg wat ek net langwerpig uitgerol het. Ek het 'n klein bietjie van die mengsel in die kaassous gebruik. Die res van die vleismengsel is in die middel van die blaardeeg geskep en opgerol.Daarna is dit met eier geverf en gebak tot goudbruin (180grade). 'n Heerlike vullende maaltyd vir 2 .

Oorskiet hoender-rol met kaassous.



Terwyl die baas van die pandok sy nuwe virus vertroetel het, moes hierdie missus haarself besig hou. Gelukkig was daar genoeg oorskiet-blaardeeg en 'n paar appels wat ek opgesny en met 'n homp botter & halwe koppie bruinsuiker met 'n teelepel kaneel in die mikrogolf vir vier minute gekook het tot sag. Hierdie pasteitjies is 'n baie gewilde bederf in die Locke se pandok as ek so na die verskeie vorme loer waarin dit al voorgesit was.
 :icon_biggrin: :evil6:



« Last Edit: September 19, 2019, 02:42:20 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #245 on: September 19, 2019, 11:29:57 PM »
Pynappelskil-tee



Die afgelope naweek het ek vir ons die heerlikste tee gekook van al die pynappelskille. Wat 'n verfrissende drankie is dit nie - hetsy koud of warm. Pynappel is 'n unieke vrug. Die eienskappe daarvan is so voordelig vir die menslike liggaam dat dit gebruik word om respiratoriese infeksies, osteoporose en hardlywigheid te voorkom. Dit word selfs aanbeveel vir mense met kanker.

Daar is soveel gesondheidsvoordele in hierdie skillekonkoksie dat ek dit graag hier ook met julle wil deel. 

1. Antioksidant en anti-inflammatoriese voordele: Pynappelskil-tee is 'n uitstekende antioksidant, wat help om die ontwikkeling van kankerselle te voorkom, terwyl dit ook help om die negatiewe gevolge van cholesterol in are te verminder. Dit is ook ideaal om spier- en slagaarontsteking te verlig.

2. Help om die immuunstelsel te versterk: Een van die fondamente van goeie gesondheid is die beskerming van jou immuunstelsel. Pynappelskil-tee is 'n uitstekende manier om die liggaam gesond en gehidreer te hou en sodoende verkoue of ander siektes wat die gebruik van onnodige farmaseutiese middels benodig, te vermy.

3. 'n Energiebron: As jy meer energie benodig om daaglikse take te voltooi, kan kunsmatige versoete sappe vervang met pynappelskil-tee, wat die kalorieë sal gee sonder om gewigstoename te veroorsaak. Hierdie drank help ook om vet te verbrand.

4. Verminder spanning en gewrigspyn: Pynappel-skiltee is onmiskenbaar 'n kragtige middel om stres en spanning te verminder, aangesien die ensieme daarin jou help om te ontspan en sodoende deur die dag 'n gesonder ritme te handhaaf. Die smaak laat jou ontspan en vir diegene wat gewrigspyne ervaar, word die tee ten sterkste aanbeveel.

5. Ander groot voordele van pynappelskil-tee: 'n Uitstekende keuse vir drankies as jy wil ontspan en nie die ander voordele wat dit vir jou liggaam inhou, vergeet nie. Dit kan help om hardlywigheid te verlig, parasiete en ander bakterieë in u spysverteringstelsel te vermy, die bloedsomloop te verbeter en die vel gehidreer te hou.

Resep om jou eie teedrankie te maak:
Was die pynappel baie goed en sny dit in vierkantige of reghoekige stukke. Ek het ons pynappel geskil want ek wou die binneste sagte dele van die vrug apart gebruik in geregte en garnering vir drankies. Plaas die skille en harde dele in 'n groot genoeg pot met water. Ek het koue water gebruik.

Sodra die skille begin kook, proe versigtig en versoet dan volgens smaak. Ek het rou bruin suiker (omtrent 'n halwe koppie) en 'n lepel heuning bygevoeg. Die resep stel voor dat jy ook kaneel kan byvoeg wat vanself wonderlike gesondheidsvoordele bevat.

Laat die mengsels goed prut (my tee het ek omtrent 'n uur stadig laat prut). Laat effens afkoel en skep die grootste skille uit voordat jy die tee deur 'n sif of moeslindoek gooi. Bewaar in glasbottels vir 'n heerlike verfrissende koue drankie of geniet warm.



« Last Edit: September 19, 2019, 11:35:12 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #246 on: September 23, 2019, 12:33:14 AM »
Wat 'n storie was dit nie om van my fotos terug te kry nie. Ek moes dit weer van vooraf oplaai sniksnik. Nou om te gaan soek wat is nog weg  :icon_biggrin: :dontknow:
« Last Edit: September 24, 2019, 01:35:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #247 on: October 08, 2019, 02:04:49 AM »
Iceberg Wig Slaai (Wedge Salad)



Hierdie verfrissende slaai is deesdae ons mees geliefde ene in die pandok, veral noudat die hittegolwe weer sy kloue om ons slaan. Die slaaisous kan jy sommer aanmekaarslaan na eie smaak en gier.

Ek maak ons sin so: Rasper 'n bietjie komkommer en meng dit met Griekse natuurlik jogurt of mayo van jou keuse. Voeg daarby 'n klein bietjie suurlemoensap, knoffel, bietjie olyfolie, sout en peper. Meng goed en plaas oor Iceberg-wiggies wat jy vooraf in kwarte gesny het. Garneer met brosgebraaide spek en wat jy ook al in die yskas het. Oorskietvleis werk soos 'n droom en maak van die slaai 'n maal op sy eie.

Gewoonlik kerf ek alles vooraf en plaas in houertjies tot ek die slaai wil maak.





« Last Edit: October 08, 2019, 02:07:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #248 on: October 15, 2019, 05:58:16 AM »
Ek het vandag vir ons pynappelskil- en bessietee gekook. Dieselfde metode gevolg as voorheen. Was die skille baie goed. Vul 'n groot genoeg kastrol met water. Geur met suiker en heuning na smaak nadat jy die skille bygevoeg het . Indien jy bessies ook bygevoeg, kom die tee donkerder uit. As jy 'raw brown sugar' gebruik maak dit 'n aansienlike verskil in die smaak en kleur.

Hoeveelheid suiker en heuning kan na persoonlik smaak aangepas word.







Feestelik genoeg vir kersfees 2019 as jy 'n bietjie Gin of Vodka byvoeg vir so tikkie ekstra 'punch'  :icon_biggrin:

« Last Edit: October 15, 2019, 06:25:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #249 on: October 15, 2019, 11:32:04 PM »
Het die volgende resep vir pynappelbier ontdek:

Rasper of maal 1 pynappel (of die ekwivalent in skille) en voeg dit
by 4,5 L koue water.
Voeg 1,2 kg suiker en 15 ml fyn gemmer by en meng goed.
Bedek dit en laat 24 h by kamertemperatuur (of in 'n warm plek) staan om te gis.
Gooi die bier deur 'n skoon doek, bottel, kurk dit of draai proppe op en verkoel.

Resep om jou eie teedrankie te maak:
Was die pynappel baie goed en sny dit in vierkantige of reghoekige stukke. Ek het ons pynappel geskil want ek wou die binneste sagte dele van die vrug apart gebruik in geregte en garnering vir drankies. Plaas die skille en harde dele in 'n groot genoeg pot met water. Ek het koue water gebruik.

Sodra die skille begin kook, proe versigtig en versoet dan volgens smaak. Ek het rou bruin suiker (omtrent 'n halwe koppie) en 'n lepel heuning bygevoeg. Die resep stel voor dat jy ook kaneel kan byvoeg wat vanself wonderlike gesondheidsvoordele bevat.

Laat die mengsels goed prut (my tee het ek omtrent 'n uur stadig laat prut). Laat effens afkoel en skep die grootste skille uit voordat jy die tee deur 'n sif of moeslindoek gooi. Bewaar in glasbottels vir 'n heerlike verfrissende koue drankie of geniet warm.

Jy kan hierdie tee ook aanvul met vrugtesap vir 'n variasie in smaak.
« Last Edit: October 15, 2019, 11:35:36 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #250 on: October 24, 2019, 11:23:30 PM »
Smelt in die mond frikkadelle



As jou kleingoed nie lief is vir groente nie is hierdie manier perfek om dit te verbloem! Ek gebruik sommer roerbraaigroentes of 'n gemengde koolslaai asook 'n bietjie spinasie. Kap alles fyn en meng met broodkrummels, sout en peper na smaak indien verkies, 2 eiers, 1 koppie gerasperde kaas van jou keuse. Ek dokter dit dan met 2 vleisblokkies (gebruik soms 1 bees en 1 hoendergeur en dan geen sout verder nie). So lepel elke van jou geliefde sous uit 'n bottel en meng alles baie goed deur. Maak bolletjies en bak tot goud bruin.





« Last Edit: October 24, 2019, 11:37:47 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #251 on: October 24, 2019, 11:40:52 PM »
Tuisgemaakte Weber Patties



Soek ek na 'n Afrikaanse woord vir 'patties'. Giggel ek vir 'plat frikkadel' en hou maar verby
met die rooinek-weergawe  :icon_biggrin:

As daar nou een ding is wat ek met vertroue kan 'roem' dat dit my spesialiteit is,
is dit hierdie homemade patties. So sappig, geurig en gesond bly dit 'n treffer
resep in ons pandok.

Basies volg ek dieselfde resep as vir gewone frikkadelle met hier en daar 'n verandering.

Vir die patties gebruik ek ook 'n fyngemaakte blokkie vleisgeursel (oxo), teelepel kerrie,
2 knippies sout, 1 koppie gerasperde kaas van jou keuse, 1 eier. 1 gesnipperde ui en
rooi of groen peppers. Soos met die frikkadelle reg ek die maalvleis met gemengde koolslaai
of roerbraai groentes.

Werk alles goed deur met jou hande en maak bolletjies wat jy effens plat druk in die pan.
Ek smeer my pan met botter. Plaas in die weber wat vooraf vir tien minute verwarm is.
Gasverstelling op driekwart. Ons het 'n baba weber. Groot indoenas mag verskil.
Hou jou oog na so 20 minute op die braaiproses en draai die vleisies om.
Bak verder tot goudbruin en geniet!



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #252 on: November 12, 2019, 12:55:09 AM »


Heerlike selfbederf wat jou 'n fraksie van die dollars uit die sak jaag sou jy hierdie by 'n restaurant bestel het. Die kaassous met seekos, rond die roast wat in ons sonstoof gaar gemaak was, perfek af. Voeg nou daarby 'n gesonde pampoenslaai en jy het 'n feesmaal vir twee. Ek hoor graag wat is jou selfbederf-dis. Kom deel gerus.
 :headbang: :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #253 on: November 12, 2019, 01:18:05 AM »
Pampoenslaai.



Ons is dolverlief op hierdie slaai. Ek gebruik vars baba spinasieblare en die pampoen kan jy vooraf kook of rooster tot sag met sout en peper na smaak. Frommel feta oor en dan sny jy songedroogde tamaties effens fyner en strooi oor. Die sous van die tamaties word ingespan as 'n slaaisous. Jy kan jou slaai aanvul na hartelus. 

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #254 on: November 18, 2019, 12:30:52 PM »
Polenta (geelmeel) Pizza



My variasie op die gewilde paptert is die ideale manier om gevriesde oorskiet pap op te dis. Ek sny die gevriesde pap in skywe en plaas dit op 'n gesmeerde pan. Volg dan met 'n laag gerasperde kaas. Ek gebruik 'n mengsel wat vir pizzas geskik is. Hierna plaas jy 'n laag bacon van jou keuse oor. Tamaties &uie in skywe en wat jy ook al in die kas het. Klits 3 tot 4 eiers met sout en peper na smaak, gooi dan bo-oor. Rond af met nog 'n lagie kaas en bak tot die eier gaar is. Sny in skywe en bedien met braaivleis en slaai. Kan ook dien as 'n ligte maal op sy eie.
*Ek frommel ook graag feta oor.
« Last Edit: November 20, 2019, 11:52:43 PM by Meraai vannie Baai »