Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 132469 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #225 on: December 23, 2018, 02:47:10 PM »
Dit klink nou na koek vir 'n k.k.k.kakkerlak.   :icon_biggrin:   Ons mal oor crackling!  Die behoefte daarna is so groot, ons komkommer niks oor spekvette nie.   :icon_biggrin: 
Soos altyd is jou tafels so keurig gedek.  Ek lief dit.  Was ek daar sou ek graag wou deel in jou "oorskiete".  Dit lyk na 'n fees. 
Mag jy en almal wat vir jou dierbaar is 'n wonderlike kersgety fier Raaitjie.  Geniet die smulgoetertjies sonder om skuldig te voel.  Elke dag is 'n geskenk en elke ete 'n fees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #226 on: January 03, 2019, 12:42:08 AM »
Elke ete 'n fees.... ek stem saam PM! Hoop julle het ook 'n geseende kersfees gehad
en mag daar 'n wonderlike, gesonde jaar vir ons almal voorle. Ek het myself terdee geniet
soos altyd, geseend om met 'n vol pensie te kan inkruip elke aand.  :icon_biggrin:

Vir my is die voorbereiding (en speel met 'n versiering of twee) deel van die fees
en voorreg om te kan eet.  Nuwe jaarsdag was dan ook mos die perfekte verskoning
om bietjie kreatief te wees, al is julle net twee wat gaan aansit. 

Hierdie jaar het Outop besluit dit is te warm om te braai . My lus het lankal uitgehang
vir so paar stukkies ham en salami so ek het my nie twee maal laat nooi nie! Van die
soutbeperkinge het ek liefs vergeet vir een hele dag lank.

Dit was nogals uitdaging om die vleisbord bietjie 'op te dollie' sodat helfte
van dit 'n ietsie meer 'gesond' was. Vrugte is altyd 'n wenner.



Die komkommerrosies se maak was groot pret en hulle was dan ook gou verslind.
Sommige nog voor hulle op die bord kon beland!







Die volgende oggend was daar nog genoeg oor vir 'n oorskiet-brekkie
en ietsie vir Outop se kosblik wat net so verfrissend was! Ons het net
slaaie saam dit bedien.





« Last Edit: January 03, 2019, 12:53:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #227 on: January 07, 2019, 04:26:45 AM »
Vinnige en maklike ontbyt met rooiworsies en eier.



Steek 'n sosatiestok deur die wors en sny skywe tot teenaan.  Gebruik dan
'n tandestokkie om die sirkel in plek te hou. Gooi 'n eier in die gaatjie en
braai na smaak in 'n medium warm pan. Strooi 'n bietjie parmesan oor.



Die oorskiet sosatie van ons vorige aandete het ek van die stokkie getrek
en opgewarm by die eierworsie-dis.



Outop was die dankbare 'skinker'.



Erg geskimp by die kombuishoek toe ek die ene se resep met die oog gegaps
en gedeel het maar dit het nie gehelp nie. Ek moes maar self inspring en die
genot op Outop se gesig was genoeg beloning.

Gewoonlik is hy glad nie lief vir rooiworsies nie. Dit laat hom olik voel.
Enetjie is sy limiet en hoeka was dit mos nou net genoeg saam met 'n
heerlike vars volgraanbroodjie en romerige sampioensous daarby.

 :bootyshake: :notworthy:

« Last Edit: January 07, 2019, 11:46:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #228 on: January 07, 2019, 11:45:11 PM »
Karringmelk Muesli Beskuit



Wie kan nou beskuit en 'n beker koffie of tee van die hand wys?
Beslis nie die twee oues van dae nie. Ek moes die 2de baksel aanslaan
in twee weke. Ons was darem drie wat help verslind het. Nie dat dit 'n
verskoning is nie.

So maak mens:

Sif 1 kg bruismeel en 'n teelepel sout saam.
Voeg 1 koppie klapper en 4 koppies muesli van jou keuse by.
Meng goed deur.

Smelt nou 500g botter/margarine en laat afkoel.
Voeg 2 koppies bruinsuiker en 'n houertjie karringmelk by botter.
Klits 3 eiers en voeg by hierdie mengsel.
Meng goed en gooi oor die meelmengsel in 'n diep mengbak.
Meng baie goed deur en skep in pan(ne).
Bak vir ongeveer 'n half tot 1 uur teen 180 grade.
Toets om seker te maak dit is gaar.



Laat afkoel en sny in verlengde skywe/blokkies.
Droog vir ten minste 4 ure in die oond teen 100 grade.



Roomkoffie en beskuit - altyd 'n goeie besluit  :coffee2: :notworthy: :headbang:


« Last Edit: January 11, 2019, 01:30:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #229 on: January 15, 2019, 05:59:13 PM »
Mag hierdie feestelike pogings van jou nooit opdroog nie.  As daar nou iemand is wat jou na-aap en elke resep probeer en elke foto indrink is dit ekke. 

Ek gebruik die gerookte worsies, maar weet nie of dit by julle beskikbaar is nie.
More gaan ons huistoe.  Ek kan nie wag om in my eie kaia te wees nie. 

Dankie tog so baie liefding.  Dit was heerlik om aan jou tafel te sit.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #230 on: May 08, 2019, 11:30:15 PM »
Tuisgebakte broodjie (en groentesop met skaapnek.)







Die lekkerste broodjie ooit!

Jenny's recipe: No knead bread.

Prep Time: 5 minutes
Cook Time: 40 minutes
Total Time: 4 hours, 25 minutes
Makes: One loaf

Ingredients:
3 cups (390 gms) all-purpose or bread flour (aerate flour before measuring)
1/4 teaspoon yeast, active dry or instant (1 gm)
1 teaspoon salt (6 gms)
1 1/2 cups hot water, not boiling (354 mL) - I use hot tap water - about 125-130° F
(about 2 Tablespoons extra flour for shaping)

Instructions:
Combine flour, yeast and salt in a large bowl. Stir in water until it’s well combined.

Cover with plastic wrap and let stand at room temperature for 3 hours.

After 3 hours dough will become puffy and dotted with bubbles. Transfer it to a well-floured surface and sprinkle dough with a little flour.

Using a scraper fold dough over 10-12 times & shape into a rough ball.

Place in a parchment paper-lined bowl (not wax paper) and cover with a towel. Let stand on counter top for about 35 minutes.

Meantime place Dutch oven with lid in a cold oven and preheat to 450° F. My oven takes 35 minutes to reach 450°.

When oven reaches 450° carefully, using oven gloves, lift the parchment paper and dough from the bowl and place gently into the hot pot. (parchment paper goes in the pot too) Cover and bake for 30 minutes.

After 30 minutes, remove lid and parchment paper. Return, uncovered, to oven and bake 10 - 15 more minutes. Let it cool at least 15 minutes before slicing.
« Last Edit: May 08, 2019, 11:43:02 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #231 on: May 08, 2019, 11:37:55 PM »
Ontbyt in 'n koppie



Ek breek die spinasie in klein stukkies en plaas dit onder in die koppie.
Dan volg 'n handjievol roerbraai groente (geur na smaak) en mozzarella kaas.
Daarna breek ek twee eiers in die koppie (sout en peper na smaak) en versprei
die gele effens. Mikrogolf vir plus minus 2 minute tot eierwit gaar is.
Ons hou van die groentes nog krakerig. Garneer en geniet.
« Last Edit: June 13, 2019, 10:48:53 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #232 on: May 09, 2019, 05:33:02 PM »
Manne, ek het jou tafel gemis my sustertjie.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #233 on: May 09, 2019, 10:54:18 PM »
Deesdae bak en brou ons so speel-speel buite met die sonstofies PM.
Dit is 'n heerlike uitdaging om die resepte aan te pas en terselfdertyd
kry ek ook my daaglikse kwota vit D in  :icon_biggrin:

Hierdie ryskors is 'n wonderlike verrassing en kan gebruik word vir so
baie resepte waar jy 'n kors nodig het.

1 koppie rys, 2 en 'n kwart koppie water, teelepel sout. Kook tot gaar.
Meng met 1/3 koppie jogurt en 1 koppie gerasperde kaas en 2 eiers.
Plaas in pan. Ek moes twee panne van die sonstofie gebruik.
Bak tot rys begin verkleur.

« Last Edit: June 13, 2019, 10:50:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #234 on: May 10, 2019, 04:40:21 PM »
Dit lyk smaaklik en maklik om te maak. 


Moet jy die eiergele breek (vir die brekkie in die koppke) voordat jy dit in die mikro sit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #235 on: May 10, 2019, 09:56:50 PM »
Ek gee dit so roer met 'n vurk PM anders gesels eier se kind in tale met jou  :icon_biggrin:

Dit is seker een van die maklikste, vinnigste maniere om 'n smaakvolle ontbyt
in 'n kits op te dien met slegs 1 eier (effens geroer onder in koppie, vul verder
op met gesnipperde ham, twee skyfies tamaties, baba spinasie en gerasperde
kaas van jou keuse.

Twee minute in die mikrogolf, maak los met 'n lepel. keer om op die bord/plankie
en siedaar jy het 'n vullende maal in 'n ommesientjie.



« Last Edit: June 13, 2019, 10:51:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #236 on: June 07, 2019, 02:47:47 PM »
Sodra ek weer by 'n winkel uitkom koop ek spinasie en probeer dit.  Sal laat weet wat is die uitslag.  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #237 on: June 08, 2019, 11:11:40 PM »
My plek geboek PM  :hello2: Ek raak lui lol, as dit deesdae in 'n koppie/beker
gemaak kan word huiwer ek nie eers nie en hou my blind vir die potte en panne
en gryp na die naaste mug

Bully Beef Brekkie in beker/koppie gaargemaak.

Ek het omtrent 'n 1/8ste van die blikkie gebruik en dit fyn gedruk met 'n vurk.
Smeer jou beker/koppie met botter en plaas 1 eier heel eerste onder in. Breek
die geel en versprei effens oor die wit van eier.

Strooi dun lagie parmesan (of kaas van jou keuse) oor en dan 'n lagie fyn gekapte
oorskiet groente byvoorbeeld . Volgende laag is jou vleis gevolg met weer 'n lagie kaas.
Laastens nog 'n eier waarvan die geel weer opgebreek en versprei is.

Druk met jou vurk om seker te maak dat die eier inloop in jou vulsel om 'ontploffing'
te voorkom 😁🙃😉 Plaas in mikrogolf vir ongeveer 2 minute tot eier gestol is volgens
persoonlike smaak.

Onthou om na 1 minuut oop te maak en die spulletjie dop te hou voor jy dit vir die
laaste minuut laat gaar word.

Maak die kante los en keer uit op 'n bord. Garneer met olywe en 'n lekker sousie.





« Last Edit: June 13, 2019, 10:52:27 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #238 on: June 08, 2019, 11:35:14 PM »
Ek het my hand gewaag aan die 'inside out sushi' en Outop se reaksie was oor en oor die moeite werd  :icon_biggrin:



Ek het 1 koppie goed afgespoelde sushi rys, 1 teelepel sout en 1 en 'n 3/4 koppie water gebruik.
Die rys het ek in ons sonstoof gaar gemaak en dit het omtrent 2 ure geneem in 'n redelike flou
herfs-son totdat al die vog geabsorbeer was.

Hierna het ek die rys in 'n glasbak geplaas wat met waspapier bedek was. Terwyl die rys
afgekoel het, het ek bietjie minder as 'n 1/4 koppie rys-asyn (passop vir te veel!), 1/2 lepel
olyfolie en 'n 1/2 teelepel sout en 'n 1/8ste koppie suiker saam gekook oor matige hitte.
Roer tot die suiker opgelos is en gooi oor die rys. Meng goed deur en bedek. Ek het die oorskiet
rys die volgende dag gebruik om nog sushi te maak en dit was steeds heerlik en het maklik
hanteer.
 


Die vulsel in die 'inside out sushi' was saggekookte eiergeel, dun repies green peppers en
wortels. Afgerond met songedroogde tamaties. Nadat dit opgerol was het ek 'n bietjie gedroogde
pietersielie oor gestrooi. Dit was heerlik! Die ander sushi was op die gewone manier gemaak net
seekos.

« Last Edit: June 08, 2019, 11:40:24 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #239 on: June 10, 2019, 12:42:18 PM »
So op die oog af lyk dit vir my na 'n takie vir JC.  Hy het baie meer geduld as ek.  Ek sal die "muggie" een probeer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.