Bak en brou > Kos uit vreemde lande

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

(1/52) > >>

Meraai vannie Baai:
Baie van die Australiaanse disse kon net sowel uit 'n Suid Afrikaanse kookboek opgedis wees. Hier word ons gewilde swartpot 'n 'camp oven' genoem en dit is deel van die Ausie kultuur. In ons cowboydorpie word daar gereeld dan ook 'n Camp Oven Festival gehou waar besoekers van heinde en verre saamtrek en die kampvure van lig tot donker brand.

Vir ons is kosmaak soos poësie - dit is 'n liefdestakie waar die eenvoudigste disse 'n vyfster-feesmaal word met die flikkervlam van kerse op onderstebo
wynglase en die baas van die pandok, (nog in werksklere) sy glasie port geniet om die koue te verdryf en 'n ietsie vir sy soettand uit oumagroot se botterbakkie.



Waar jou neus soms 'n geneuk kan veroorsaak met winterkoue - lei dit jou ander kere weer direk die verderf in, veral op Sondae wat tradisioneel mos nog altoos die dood-eet-dag was waar ons vandaan kom.



Gister was dan ook geen uitsondering nie en was ek bederf tot oor die afgrond van gewigverloor. Koggelklop dood-eet luidkeels aan die wande van are.
Weet nie of ek moet snik of bloos oor die verleidelike geur van spys uit een bak. Waarvan ek wel seker is, is die feit dat ek geseend is in geronde oorgawe...  Outop met sy voorskoot aan, maak my kniege en kiewe lam.



Na al die ooreet is dit weer tyd om remme aan te draai. Enigste 'bokkos' wat nie inmeng met die werking van die rottegif nie is natuurlik die getroue ou iceberg. In lae gepak met gekookte eierskywe, mayo, repies wortel, olywe en vars pietersielie uit die pandokkie se ou spa wat sy lyf nou groentetuin hou, is die slaai 'n gesonde(r) fees vir die oog.

 :notworthy:

Meraai vannie Baai:
Lui Huisvrou Disse.

Wie het gese dat vis en skyfies nie romanties opgedis kan word nie? Probeer gerus skoonsus Elsa se 'soet-kerrie-mayo-sousie' daarby. 
Die slaaisous is 'n mengsel van 3 lepels mayonaise, 2 lepels kondensmelk en 1 teelepel kerriepoeier. Dit komplimenteer alles op jou bord. Die vis is
klaar verpak met sous en al. Word vir 4 minute in die mikrogolf geplaas.
 


Gestoomde vis met 'n Tai kerriesous & knoffelsoutskyfies is 'n groot gunsteling op die pandokkie se menu. Afgerond met 'n bietjie ongegeurde yoghurt & 'n blertsie chillie sous en groenslaai is dit een van Outop se liefkoosde disse.

'n Ligte middagmaal met oorskiet iceberg-eierslaai, steak en gekookte eiers. Hierby het ek weer skoonsus Elsa se soet-kerrie-mayo slaaisous gebruik.



Ekonomiese Eierkook Metode vir die lui huisvrou:
Heel eerste vul jy die kastrol met koue water en die eiers. Plaas op stoof en hou dop. Sodra dit begin kook, tel jy af en sit eenkant neer. Dan gooi jy 'n ogie na die wysers van die klok teen die muur en skink solank 'n glasie of slaan 'n boertrosie aan. Ek laat ons eiers tien minute in die water staan met deksel op. Jy laat dit basies staan solank as wat jy dit sou kook verder. Daarna laat jy koue water oor die eiers loop. Skil en geniet jou eiers en krag/gasrekening!




Meraai vannie Baai:
Verneuk-pizza



So tussen die gewoel met kant en lint vandag, moes Outop vanaand maar tevrede wees met 'n gekoopte pizza basis wat ek net opgedollie het. Alles wat gewoonlik in ons groenslaai gegooi worre, die het 'n plekkie gevind (behalwe die blare - ewe braaf mos gister gekook).



Heel laaste, maar nie die minste was die gebruiklike bakhand of twee gerasperde kaas. Bak vir 25 minute (ons maak dit in die konvensionele oond gaar op 180 grade).  Nou sweer my wederhelf hoog en laag dit was maklik die lekkerste pizza wat hy nog geeet het, en toe voel ek pure bo-baas-kok van die pandok en offer hom nog 'n snytjie!


Meraai vannie Baai:
Stoere Boere Bederf in die land van Bloekoms.

BOBOTIE



Mevrou Balletjies se soetigheid neffens rosyntjierys en bobotie, kielie nog steeds die X-SA'ners se smaakkliere. So proesel gestoomde groente opgedollie met witsous, vul die lee gaatjie op die bord. Die ou wat lus was vir klapper by die gereg moes maar verlief neem met die dadelbolletjies wat saam met 'n 'skudkoffie' met sy snorbaard-tjoklit, die pandok-menu afgerond het.  (By gebrek aan room skud ek 'n klein bietjie melk tot dit skuim).

SO MAAK ONS HOM:
Week een sny brood in 375ml melk. Verhit intussen 25ml olie en 10ml botter en braai 'n fyn gesnyde ui daarin. Voeg dan 25ml Kerrie, 5ml sout, 15ml appelkooskonfyt, 15ml worcestersous, 5ml turmeric en 25ml asyn by.

Druk die melk uit sny brood (hou die res van melk). Voeg nou jou maalvleis (om en by ses porsies) en die brood by die uie en kruie mengsels (jy kan ook 'n handvol rosyne ingooi) Braai tot maalvleis gaar lyk. Haal van die hitte af en voeg een geklopte eier stadig by vleismengsel.

Smeer 'n pan en plaas vleismengsel daarin. Klop dan 2 eiers in die oorskietmelk. Jy kan nog 'n bietjie turmeric en sout ook by melkmengsel voeg;
gooi bo-oor vleismengsel. Bak tot gaar (ons gasoond was op 180grade gestel)

Meraai vannie Baai:
Outop se pasteitjies



Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet
daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik! Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies.
(Jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings. Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel. As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.  Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie. Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak. Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so)
jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai. Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit.

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word. Dien op en geniet.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version