Author Topic: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)  (Read 132431 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« on: March 07, 2015, 06:58:59 AM »
Baie van die Australiaanse disse kon net sowel uit 'n Suid Afrikaanse kookboek opgedis wees. Hier word ons gewilde swartpot 'n 'camp oven' genoem en dit is deel van die Ausie kultuur. In ons cowboydorpie word daar gereeld dan ook 'n Camp Oven Festival gehou waar besoekers van heinde en verre saamtrek en die kampvure van lig tot donker brand.

Vir ons is kosmaak soos poësie - dit is 'n liefdestakie waar die eenvoudigste disse 'n vyfster-feesmaal word met die flikkervlam van kerse op onderstebo
wynglase en die baas van die pandok, (nog in werksklere) sy glasie port geniet om die koue te verdryf en 'n ietsie vir sy soettand uit oumagroot se botterbakkie.



Waar jou neus soms 'n geneuk kan veroorsaak met winterkoue - lei dit jou ander kere weer direk die verderf in, veral op Sondae wat tradisioneel mos nog altoos die dood-eet-dag was waar ons vandaan kom.



Gister was dan ook geen uitsondering nie en was ek bederf tot oor die afgrond van gewigverloor. Koggelklop dood-eet luidkeels aan die wande van are.
Weet nie of ek moet snik of bloos oor die verleidelike geur van spys uit een bak. Waarvan ek wel seker is, is die feit dat ek geseend is in geronde oorgawe...  Outop met sy voorskoot aan, maak my kniege en kiewe lam.



Na al die ooreet is dit weer tyd om remme aan te draai. Enigste 'bokkos' wat nie inmeng met die werking van die rottegif nie is natuurlik die getroue ou iceberg. In lae gepak met gekookte eierskywe, mayo, repies wortel, olywe en vars pietersielie uit die pandokkie se ou spa wat sy lyf nou groentetuin hou, is die slaai 'n gesonde(r) fees vir die oog.

 :notworthy:
« Last Edit: October 13, 2020, 02:13:24 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #1 on: March 07, 2015, 07:00:00 AM »
Lui Huisvrou Disse.

Wie het gese dat vis en skyfies nie romanties opgedis kan word nie? Probeer gerus skoonsus Elsa se 'soet-kerrie-mayo-sousie' daarby. 
Die slaaisous is 'n mengsel van 3 lepels mayonaise, 2 lepels kondensmelk en 1 teelepel kerriepoeier. Dit komplimenteer alles op jou bord. Die vis is
klaar verpak met sous en al. Word vir 4 minute in die mikrogolf geplaas.
 


Gestoomde vis met 'n Tai kerriesous & knoffelsoutskyfies is 'n groot gunsteling op die pandokkie se menu. Afgerond met 'n bietjie ongegeurde yoghurt & 'n blertsie chillie sous en groenslaai is dit een van Outop se liefkoosde disse.

'n Ligte middagmaal met oorskiet iceberg-eierslaai, steak en gekookte eiers. Hierby het ek weer skoonsus Elsa se soet-kerrie-mayo slaaisous gebruik.



Ekonomiese Eierkook Metode vir die lui huisvrou:
Heel eerste vul jy die kastrol met koue water en die eiers. Plaas op stoof en hou dop. Sodra dit begin kook, tel jy af en sit eenkant neer. Dan gooi jy 'n ogie na die wysers van die klok teen die muur en skink solank 'n glasie of slaan 'n boertrosie aan. Ek laat ons eiers tien minute in die water staan met deksel op. Jy laat dit basies staan solank as wat jy dit sou kook verder. Daarna laat jy koue water oor die eiers loop. Skil en geniet jou eiers en krag/gasrekening!




« Last Edit: October 13, 2020, 02:14:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #2 on: March 07, 2015, 07:02:06 AM »
Verneuk-pizza



So tussen die gewoel met kant en lint vandag, moes Outop vanaand maar tevrede wees met 'n gekoopte pizza basis wat ek net opgedollie het. Alles wat gewoonlik in ons groenslaai gegooi worre, die het 'n plekkie gevind (behalwe die blare - ewe braaf mos gister gekook).



Heel laaste, maar nie die minste was die gebruiklike bakhand of twee gerasperde kaas. Bak vir 25 minute (ons maak dit in die konvensionele oond gaar op 180 grade).  Nou sweer my wederhelf hoog en laag dit was maklik die lekkerste pizza wat hy nog geeet het, en toe voel ek pure bo-baas-kok van die pandok en offer hom nog 'n snytjie!


« Last Edit: October 13, 2020, 02:15:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #3 on: March 07, 2015, 07:31:37 AM »
Stoere Boere Bederf in die land van Bloekoms.

BOBOTIE



Mevrou Balletjies se soetigheid neffens rosyntjierys en bobotie, kielie nog steeds die X-SA'ners se smaakkliere. So proesel gestoomde groente opgedollie met witsous, vul die lee gaatjie op die bord. Die ou wat lus was vir klapper by die gereg moes maar verlief neem met die dadelbolletjies wat saam met 'n 'skudkoffie' met sy snorbaard-tjoklit, die pandok-menu afgerond het.  (By gebrek aan room skud ek 'n klein bietjie melk tot dit skuim).

SO MAAK ONS HOM:
Week een sny brood in 375ml melk. Verhit intussen 25ml olie en 10ml botter en braai 'n fyn gesnyde ui daarin. Voeg dan 25ml Kerrie, 5ml sout, 15ml appelkooskonfyt, 15ml worcestersous, 5ml turmeric en 25ml asyn by.

Druk die melk uit sny brood (hou die res van melk). Voeg nou jou maalvleis (om en by ses porsies) en die brood by die uie en kruie mengsels (jy kan ook 'n handvol rosyne ingooi) Braai tot maalvleis gaar lyk. Haal van die hitte af en voeg een geklopte eier stadig by vleismengsel.

Smeer 'n pan en plaas vleismengsel daarin. Klop dan 2 eiers in die oorskietmelk. Jy kan nog 'n bietjie turmeric en sout ook by melkmengsel voeg;
gooi bo-oor vleismengsel. Bak tot gaar (ons gasoond was op 180grade gestel)

« Last Edit: October 13, 2020, 02:16:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #4 on: March 07, 2015, 08:04:28 AM »
Outop se pasteitjies



Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet
daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik! Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies.
(Jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings. Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel. As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.  Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie. Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak. Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so)
jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai. Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit.

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word. Dien op en geniet.
« Last Edit: October 13, 2020, 02:17:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #5 on: March 07, 2015, 08:08:03 AM »
Romerige Pasta in 'n japtrap



Hierdie blitsverhouding tussen macaroni, geurige gebraaide maalvleis en 'n bakhand vol kaas is voorwaar 'n blywende fees, waar smaak en tekstuur jou lank na die ete, nog steeds bekoor. Na die macaroni gaar is roer Outop dit deurmekaar met die vleis wat vooraf tot 'n 'fyngemaalde kaiingtekstuur' gebraai was. Die kaas word dan liggies deur alles gemeng en hierna laat jy die geselsskap vrypostig saam kuier vir so tien tot vyftien minute. Jou beloning - 'n romerige dis in 'n japtrap!

« Last Edit: October 13, 2020, 02:17:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #6 on: March 07, 2015, 08:13:22 AM »
As jy weer maalvleisbolletjies maak, probeer gerus om dit in 'cupcake' vorm ook op te dis vir die kabouters met 'n kapokaartappelversiering. Vir ouma en oupa was dit ewe smaaklik op die kapokaartappelbed met 'n porsie gestoomde groente. My kos verdrink ek gewoonlik in 'n warmsousie lol.



Oorskiet maalvleisbolletjies sorg gereeld vir 'n heerlike ligte middagsnoep vir my. Skeppie rys word 'n eenporsie-slaai en aangevul met 'n mengelslaai is dit 'n fees.





Resep:
500 g Maalvleis
2 Snye Brood (vooraf in bietjie water geweek)
1 Koppie gerasperde kaas
1 Geklitsde eier
1 Ui (fyn gesnipper)
1 Teelepel gedroogde pietersielie
Sout en kruie na smaak
Soms rasper ek 'n aartappel en wortel ook by.
Handjievol hawermeel opsioneel.

Meng al die bestanddele en vorm bolletjies.
Plaas in pan en bak vir omgeveer 25 minute 180ºC
Rooster dan verder tot bolletjies goudbruin vertoon.
« Last Edit: October 13, 2020, 02:18:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #7 on: March 07, 2015, 08:30:36 AM »
Meraai se Nachos



Een van my eie gunsteling geregte is 'Nachos'. Ongelukkig is manlief glad nie lief vir dit nie! Vanaand het ek my grasweduweeskap benut en myself bederf met die sondige lekkerny. Net genoeg maalvleis en 'n ui gebraai met speserye na smaak, so knertsie van al die souse in die kas bygevoeg plus geblikte vierbone mengsel asook tamatiebredie uit 'n ewe gerieflike blik. Alles saamgekook tot bone lekker sag maar nog ferm is.

Hierna rangskik jy n paar 'corn chips' op 'n bord. Plaas een lekker skep van jou vleis en bone mengsel bo op. Rasper kaas oor en plaas vir paar sekondes in mikrogolf. Skep dan 'n lekker homp guacamole en suurroom bo op en geniet!

« Last Edit: October 13, 2020, 02:18:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #8 on: March 07, 2015, 08:34:29 AM »
Spinasie Souttertjies

Ons weergawe van die spinasie souttertjies was geurig en gaan beslis 'n gunsteling op die menu wees voortaan. Maklik en vinnig die ene!

4 geklitsde eiers, 2 koppies Griekse jogurt (ongegeurd),
1 koppie gerasperde kaas, 1 teelepel sout en 'n titseltjie knoffel
 gemeng met 'n halwe bos vars spinasie wat ek so paar knippe gegee het.
Wou dit nie te fyn versnipper nie.

In die gas oond was dit gaar na 30 minute op 200 grade.
Nog so bietjie kaas oorgerasper en dit net laat smelt weer.
Met 'n glas, sirkels uit die groot tert gedruk, om dit makliker op te dien.
Bedien op 'n slaaibed.

« Last Edit: October 13, 2020, 02:22:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #9 on: March 07, 2015, 08:49:39 AM »
Gerookte Vis en Gebakte Aartappel Gereg



Gerookte vissie in oond gaargemaak en toe bedek met 'n pakkie kaassous en 'n roast chicken gravy; aangemaak met twee koppies melk en gekook
tot lekker romerig. Die spinasie ook gaargemaak en oor die gerookte vis gesmeer (met so skelm handvol kaas). Toe die sous en nog so paar hande kaas bo-oor. Oi joi joi, onse mae was vaatjierond gevriet sou Ouma Emmie van die Kaap geskryf het . Oorskiet pampoen moes instaan vir die tradisionele
patat.

Aartappel is gewas, gekook tot effens sag en in skuiwe gesny. Maak seker jy sny nie dwarsdeur nie! Botter, knoffel en pietersielie
is bo oor en tussen die skywe gesmeer. Verder in oond gebak tot goudbruin en bros.

 :book1:
Skoonsus Henna in SA het laat weet sy maak haar vis so gaar: Ek maak n tert van haddock. Kook haddock in melk. Vlok sit in gesmeerde oondbak.
Kook bietjie spinasie met so 4middelgrootaartappels. Voeg sout en pepper by en mash. Sit bo op haddock strooi kaas oor en bak tot kaas gesmelt en bruin word.
« Last Edit: October 13, 2020, 02:19:44 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #10 on: March 07, 2015, 09:30:53 AM »
Lock Weergawe van die Vier Minute Mikrogolf Kaaskoek

Die resep vir die mondwatertert is so vinnig en maklik! Groot gunsteling by ons. 1 liter yoghurt en 1 blik kondensmelk saamgekook in mikrogolf vir vier minute. Kors is fyngemaakte beskuitjies en bietjie gesmelte botter bygevoeg om lekker smeerbare kors te maak.

Gebruik enige geur yoghurt waarvan jy hou. Die vrugte skep ek net oor die porsies wat ons inskep. Die 'nice' Ausie beskuitjies het ek gevind werk die lekkerste en proe die naaste aan SA tennisbeskuitjies vir die kors. Vir die wis en onwis het ek maar 'skimmed' gekondenseerde melk gebruik.





Die oorskiet tert het ek net opgedollie met bietjie granadillamoes, en gerasperde peppermint sjokolade die volgende dag toe ek sondiglik die tafel vir myself dek in 'n twee-gang-maal van 'Gesond & Ongesond'.  Ja ek weet man, maar ook net mens, knyp versoekings soms smaakkliere so verleidelik dat die 'gesondste' keuse in 'n gruwelike skande ontaard.

« Last Edit: October 13, 2020, 02:20:22 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #11 on: March 07, 2015, 09:42:16 AM »
Outop se Hoender-konkoksie



1. Braai 1 ui, 'n kwart green pepper, 'n kwart red pepper en 6 tot 8 babamielies in klein stukkies gesny,
   (gegeur met pienksout & swart peper na smaak) in 'n bietjie olyfolie. Outop gebruik 'n wok.

2. Voeg nou 2 teelepels heuning by. Braai weer liggies saam en skep dan uit. Hou eenkant.

3. Sny een hoenderborsie in blokkies. Gooi in dieselfde wok/pan.
    Sout, peper en 1 teelepel gemaalde knoffel (na smaak) en braai tot ligbruin in nog 'n bietjie olyfolie.

4. Voeg dan 2 teelepels tamatie puree by en braai liggies deur.

5. Meng 'n halwe glas droee wit wyn, 'n halwe tot 1 klein blikkie 'reduced fat coconut milk'
   en 'n halwe teelepel tobasco saam. Vermeerder na smaak vir ekstra byt.

6. Voeg mengsel by hoender en sodra dit saam begin prut, voeg uiemengsel by.

7. Laat alles saggies saam prut tot hoender gaar is.
   Bedien met basmati rys en/of naan brood.

Butter Chicken op die kampmeghefter (Ecozoom Stofie)



Gesnyde hoenderstukkies (soms gebruik Outop sommer heel borsies)
20 ml Olyfolie
1 Gekapte uit
1 tot 2 teelepels heuning
2 Lepels tamatie paste (soms gebruik ons sommer bottelsous)
1 Teelepel knoffel (paste)
1 Lepel Botter
1 Blokkie hoender stock

Los blokkie op halwe koppie water, halwe koppie klapperroom en halwe koppie natuurlik jogurt. Gooi kruie oor hoender en meng met bietjie olyfolie.
Sit eenkant neer.  Braai uie en knoffel in bietjie olie tot ligbruin. Voeg heuning by. Braai vir nog 'n minuut en skep uit vir eers in bakkie.
Gooi gegeurde hoender in selfde warm pot. Braai tot ligbruin. Gooi uie en botter by en braai liggies weer saam. Voeg vloeistofmengsel by en prut liggies vir 'n uur. Roer kort-kort om te keer dat dit aanbrand.

Outop voeg gewoonlik 'n bietjie kerrie en borrie na smaak by. Party keer verkies Outop om eers al die vloeistofmengsel in te gooi
en dan die gebraaide uie en knoffel.







« Last Edit: October 13, 2020, 02:21:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #12 on: March 07, 2015, 09:54:55 AM »
My doopsous op steroids
 
Eeeeeeendag - as jy hier 'n draai kom maak in die land van Bloekoms en kangeroes maak ek vir jou my 'doopsous op steroids'! Solank daar nog 'n skep of ses van die Griekse joghurt, mevrou Balletjies se soetigheid, Woolies se chilliesous en die oorblyfsels uit 'n gepiekelde agurkiebottel is, slaan ons hom in 'n japtrap aanmekaar!


« Last Edit: October 13, 2020, 02:21:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #13 on: March 07, 2015, 10:11:38 AM »
Tuna en Spinasie tert



Kry ek agtermiddag groot lus vir spinasie en om weer 'n slag die immergewilde tuna pastei in die oond te druk. Pak die bestanddele wat ek het so in 'n rytjie... gerasperde kaas, groot pak hoendergegeurde skyfies, groot blik tuna, 'n blik hoenderroomsop en twee eiers.

Maak ek die spinasie gaar en plaas dit onder in 'n gesmeerde bak, strooi bietjie parmesankaas oor. Toe neem ek omtrent 'n derde van die skyfies en versprei dit heel oor die spinasie, strooi klein bietjie gerasperde cheddar kaas oor. Hierna het ek die gevlokte tuna, twee geklitsde eiers en die sop gemeng.

Vir die wis en onwis so twee handevol skyfies fyngedruk en ook ingegooi en 'n lekker bakhand gerasperde kaas. (Ek het 'n swaar hand as dit by kaas kom!) Die mengsel is toe oor die spinasie en skyfies geskep. Die laaste skyfies in die pak het ek weer heel gerangskik oor alles en bedek met nog gerasperde cheddarkaas en gedroogde pietersielie.

Gebak in oond van 200 grade tot gaar. Dit was HEERLIK! Net 'n groenslaaitjie by gemaak. Die heel skyfies se tekstuur het 'n bros smakie aan die dis gegee.
« Last Edit: October 13, 2020, 02:23:49 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
« Reply #14 on: March 07, 2015, 10:17:02 AM »
Knoffelbrood op 'n slaaibed



Alleen op 'n Sondagoggend was nog nooit vir my lekker nie en ek is lief vir lekker dinge! Gewoonlik bederf ek dan my sielemater met 'n ietsie van wat ook al oorgebly het die vorige aand. Nou woel die ou van ligdag af op die 'lektrieklande' met kragtige saad en ek is half droewig.

Om plek te dek vir een (as dit jouself is), is niks lekker nie. So.... ek het dringend geselsskap nodig. 'n Blitsige draai deur die tuin in my PJ's en walla
ek kan aansit met die laaste stukkie knoffelbroodjie op sy peusel-slaaibed terwyl my kleurvolle 'glashouergaste' vrypostig smeek om vir ewig te word met paar kwashale op 'n doek.

Aartappelslaai



As die kraaie gaap, is dit tyd vir slaaie. Vanaand se souskonkoksie vir ons aartappelslaai het ek ietwat anders voorberei - met die oog gesteel, en probeer.
Dit is 'n mengsel van suurroom, mayonaise en lekseltjie mosterd en vir die wis en onwis, so kleine titseltjie kerrie ook. Roer en proe tot jy tevrede voel.

Die gaar blokkies aartappels word met 'n klein bietjie appelasyn besprinkel en die gesnipperde rou uie word eers in water geweek wat jy dan weer afgooi,
voordat dit saam met die res van jou kruie en pepers by die aartappels gevoeg word.

Groenteslaai



Soos aan myself belowe, was die groenteslaai ook op ons menu vir die week. Dit was heerlik en Outop het die laaste skeppie saamgeneem werk toe.
Ek het vars broccoli en blomkool geblansjeer asook een pakkie van die gestoomde groente wat wortelstukkies ingehad het. Daarby was 1 grofgekapte ui saam met spekstukkies lekker bros gebraai.

Die slaaisous is mengsel van 1 koppie mayonnaise, 1 koppie suurroom, halwe koppie suiker en halwe teelepel sout. Meng die bacon en uiemengsel by groente en 1 koppie gerasperde kaas. Hou 'n klein bietjie van die spek & kaas uit vir garnering.
« Last Edit: October 13, 2020, 02:24:54 AM by Meraai vannie Baai »