Author Topic: Is dit moontlik?  (Read 2171 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Is dit moontlik?
« on: March 05, 2015, 06:30:27 PM »
“Let us forget with generosity those who cannot love us.” So wrote the Chilean poet Pablo Neruda.

Ek lees hierdie bekende woorde raak en tob oor die moontlikheid dat ek iemand nie kán liefhê nie. Dit het niks met haat te doen nie. Om te haat, beteken jy moes liefgehad het. Jy kan nie iemand haat van wie jy nie weet nie. Julle ken mekaar, amper of baie; dis nie van belang nie. Feit is, daar hang nou ’n lyn tussen julle; die baie dun skeidslyn tussen liefde en haat. Haat word as ’n deksel gebruik om liefde in die kruik te druk, maar vergifnis laat daardie deksel bars en verkrummel. As jy kan haat, kan jy dus liefhê ook.
  :love7: 
Om iemand nie te kán liefhê nie, is ’n ander saak. ’n Hartseer saak. ’n Dooie kol in jou gevoelslewe. Dis nie dieselfde as in ’n liefdesverhouding nie. Wanneer iemand daardie liefde van jou begeer en dit behoort aan iemand anders, beteken dit nie jy kan dié een nie liefhê nie. Dis dalk net ’n anderste liefde.
 :crybaby2: 
Maar om iemand net nie te kan liefhê nie, spreek van ’n gevoelloosheid wat grens aan dood, dink ek. Ek weet nie hoe dit voel nie. Ek ken niemand wat só min vir my beteken dat ek hulle nie kan liefhê nie, maar ek weet hoe dit voel wanneer iemand niks vir jou voel nie. Dis seer; ’n abses wat geen traan kan skoon spoel nie. Geen ander se omgee en ondersteuning kan dit salf nie. Dit bly ’n brandwond wat nooit genees nie. Daardie senuwee-eindpunte gaan nooit dood nie. Soms groei ’n dun rofie daaroor, maar die geringste laat dit bars en oopskeur en vererger die pyn.
  :confused1: 
Kan jy regtig in jou menswees só min beteken, dat ’n ander jou nie kan liefhê nie? Hoekom vind hulle dit dan nodig om jou uit hul lewe te vloek; jou te vertel hulle ken jou nie en voel niks vir jou nie? Maar wanneer hulle jou by iemand raakloop, jou stroopsoet, siek-skynheilig te groet? Nee dankie. Kyk dan liewer dwarsdeur my en sien my nie raak nie.
Om iemand lewendig dood te waan terwyl jy daardie een onmeetbare skade berokken het, móét van jou ’n rots maak wat ander se bewondering afdwing. Maak net seker jou rots lê nie bo-op ’n vulkaan of op ’n kraak in die aardkors waar ’n aardbewing jou harde klip gaan kraak en laat verbrokkel nie.
 :icon_study: 
Ek begeer nie om ’n rots te wees nie, maar loof my Vader elke dag dat Hy aan my oorgenoeg liefde en gevoel gee dat ek met seerkry eerder ondergaan as om iemand nie lief te hê nie.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is dit moontlik?
« Reply #1 on: March 06, 2015, 02:11:43 PM »
Hier is 'n hele mandjie vol om te oordink.  Laat ek eers hand in eie boesem steek voordat ek antwoord. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is dit moontlik?
« Reply #2 on: March 23, 2015, 04:03:01 AM »
Sjoe! Ek stem saam met PM. Hier moet 'n mens baie baie mooi dink  :crybaby2: