Author Topic: Kom ons maak rooiwyn  (Read 27653 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #15 on: March 10, 2015, 06:59:12 AM »
Dankie Elle. Kan nie glo ek kon nie onthou wat noem mens dit! Druiwestokke. Natuuuuurlik  :icon_bigsmurf:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #16 on: March 10, 2015, 07:30:23 PM »
Is so, AB, maar as jy nie in die drywers-seat sit nie kan jy nie sommer net afdraai nie.
Maar ek het gese as daar weer moet wyn gekoop word, is dit by Badsberg.
Sal jou laat weet wanneer.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #17 on: March 12, 2015, 03:35:24 AM »
Is so, AB, maar as jy nie in die drywers-seat sit nie kan jy nie sommer net afdraai nie.
Maar ek het gese as daar weer moet wyn gekoop word, is dit by Badsberg.
Sal jou laat weet wanneer.
het jy nog nie gehoor van back seat driver nie?

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #18 on: March 13, 2015, 05:21:22 PM »
Verlede naweek het ons gepres..soos ons dit noem. Sommige mense praat van pers.

Die kiekies het effe donker uitgekom maar vertel darem wat gebeur het.

Die doppe en wyn is nou klaar gegis na 6 dae.
Dit is maar klein skaal en als word nog met die hand gedoen hier in my se kelder wat eintlik die stoor is.

Ons het die doppe met die hand afgeskep en uitgedruk om meeste wyn uit te kry.



Dan word die nat doppe in die skadunet gegooi wat binne in die krat is wat oor die doppe hang.



!Dan word die sak opgewen om sap uit te druk





Daarna het ons die sak toegevou en in die krat gesit met 'n 3 mm plaat bo op en dan word daar op die plaat gestaan om nog sap uit te druk. Die krat het gleuwe aan die kante en onder en dit staan binne in 'n staal bak met pypie wat die wyn weglei in 'n kan.






Na dit is die doppe in die mandjie pres gegooi vir laaste sap uitdruk.


Peet het solank seker gemaak of die wyn reg smaak



Hier begin die kan en die mandjie pres vol raak



Tyd vir kan omruil. kyk net daai mooi rooi kleur




hier is die meeste doope uit geskep en ons suig die wyn uit die houer in die tenk.



Het probeer 'n filter maak met pvc pyp en skadunet rondom, dit het gewerk maar later verstop toe die moer te dik raak.







die pres is darm al 3/4 vol




Natan wou so graag die pres werk doen





Hy het dit opgepomp tot omtrent 350 na 400 bar druk en toe lyk die koek so wat 99% droog gedruk is



Van 350 kg druiwe is dit al wat oorgebly het, een kruiwa vol doppe














Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #19 on: March 15, 2015, 04:15:55 PM »
Jy moet 'n sterk maag he om nog steeds wyn na daardie pres-proses te drink...   :mumum:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #20 on: March 16, 2015, 06:58:02 PM »
Jy moet 'n sterk maag he om nog steeds wyn na daardie pres-proses te drink...   :mumum:


lyk amper of mens daai koek kan versier.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #21 on: March 16, 2015, 07:05:48 PM »
Hie-hie....
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #22 on: March 20, 2015, 02:22:00 PM »
Baie dankie AB!  Dit is nogal 'n lang proses en ek wens so dat ek daar kon wees om te help proe.  :toothy4:  Wat seg Peet, smaak dit reg?
Wat moet nou gebeur voordat dit reg is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #23 on: March 23, 2015, 08:36:40 PM »
Peet sê dit smaak reeds reg, hy kan nie verstaan hoekom dit nou nog moet lê en wag nie.
Die appelmelksuur gisting is seker nou amper of heeltemal klaar. Ek sal kyk of ek vlg week kans kry om dit te laat toets en indien die AMG klaar is moet ek die wyn van die moer aftrek en dan staan die wyn tot so november om te bottel. dan nog so paar weke wag en dlak is idt reg teen kersfees om te dirnk, maar gewoonlik eers so teen maart die vlg jaar. Sal maar sien oe vining hierdie wyn reg is vir drink

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #24 on: March 26, 2015, 09:00:17 AM »
Hoe word die prys van die wyn bepaal?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #25 on: March 26, 2015, 11:24:34 AM »
Vraag en aanbod maar daar is darem ook iewers 'n afsny prys waar jy moet oppas dat jou prys nie laer as jou koste is nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #26 on: March 27, 2015, 11:42:10 AM »
As 'n mens kyk wat jy vir wyn in 'n restuarant betaal is dit belaglik.  Ons sal eerder die wynboere ondersteun. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #27 on: March 27, 2015, 03:15:56 PM »
As 'n mens kyk wat jy vir wyn in 'n restuarant betaal is dit belaglik.  Ons sal eerder die wynboere ondersteun. 

Praat jy, ek as wyndruiweboer kry min of meer R2.50 na R2,80 per bottel witwyn.
Rooiwyn dalk so 80 sent meer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #28 on: April 14, 2015, 10:54:47 AM »
Dit is 'n skryende skande!   :dontknow:  'n Mens kry nie meer by die bottelstoor 'n redelike rooiwyn vir miner as R35.00 per bottel nie.
Sodra jy na iets meer bekend soek, dok jy maklik R65.00 op. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons maak rooiwyn
« Reply #29 on: April 14, 2015, 08:56:20 PM »
Daai stem ek ook saam. As jy 'n bottel wyn van R50 in die restaurant koop ( wat ek dink mens nie meer teen daai prys in rest sal kry nie) en jy gee 10% tip vir die kelner van daai wyn se prys sal die kelner meer uit daai bottel wyn verdien vir dlak 3 minute se werk as wat ek as wyndruiwe boer verdien en ek moe sdie wingerd plant en 3 jaar versorg voordat ek kan oes daarvan en dan wag ek tot 2 jaar vir my geld van die druiwe. Dis nou 2015 en ons moet nog so min of meer 45% van 2014 se oes se geld kry wat nog uitstaande is.